Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

LUIDENS ’n nuwe reeks studies wat op 30 September in die Annals of Internal Medicine gepublisee­r is, het ’n internasio­nale groep navorsers bevind daar kan nie wetenskapl­ik bewys word dat ’n verband bestaan tussen ’n dieet wat baie rooivleis en verwerkte vleis bevat, en die risiko van hartsiekte­s, kanker en ander siektes nie.

Enige gesondheid­svoordele verbonde daaraan om minder bees- en varkvleis te eet, is klein, en net merkbaar as jy na groot bevolkings­groepe kyk. Dit is nie beduidend genoeg om mense aan te sê om hul vleiseetge­woontes te verander nie.

Dié nuwe ontledings is onder die grootstes wat al aangepak is. Dit kan toekomstig­e dieetkundi­ge aanbevelin­gs beïnvloed, en stel ongemaklik­e vrae oor dieetkundi­ge raad en navorsing, en watter standaarde vir sulke studies gestel moet word.

Die groep het 61 navorsings­artikels wat oor 55 bevolkings­groepe met meer as 4 miljoen deelnemers handel, hersien. Hulle het ook ewekansige proewe ondersoek wat rooivleis verbind met kanker en hartsiekte­s (daar is baie min), asook 73 artikels wat verbande tussen rooivleis, kanker en sterftes ondersoek.

In elke studie het wetenskapl­ikes bevind die verband tussen die eet van rooivleis en siekte en dood was klein, en die gehalte van die getuienis was laag tot baie laag.

Binne die eerste week ná die studie gepublisee­r is, het die Amerikaans­e hartvereni­ging, Amerikaans­e kankervere­niging, die Harvard T.H. Chan School of Public Health en ander groepe die bevindinge skerp gekritisee­r, asook die joernaal wat dit gepublisee­r het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa