Landbouweekblad

DANKIE AAN DIE WELDOENERS

- FRANS BUYS Nelspruit

Almal is teen hierdie tyd deeglik bewus van die droogte in die Karoo – van Carnarvon tot Cradock en elders.

Met hierdie brief wil ek graag hulde bring aan die weldoeners, soos mnr. Burre Burger en almal wat feeste en gholfdae hou om voer en hulp te skenk. Julle is helde! Julle gee hoop in hopelose omstandigh­ede, en julle help dra aan die las wat daardie boere moet dra.

Ek wil hiermee ’n beroep doen op my mede-makadamiab­oere, asook ouens in ander bedrywe

met wie dit tans baie goed gaan – avokado’s, sitrus, bloubessie­s, pekanneute, sagtevrugt­e en selfs enkele Hoëveldse graanboere. Manne, kom ons help om daardie Karooboere op hul plase te hou. Hulle is klaar oor die afgelope dekades gesif, en is die bestes wat oorgebly het.

Geen hoeveelhei­d beplanning en spaarsamig werk kan ’n mens voorberei op hierdie langdurige droogteram­p nie. Buiten om hul boerdery te red, moet hulle nog rekeninge betaal en kinders op skool hou!

Daar is baie maniere om betrokke te raak – skakel met die plaaslike kerk of koöperasie, ondersteun Agri SA se hulpfonds en ander hulpfondse. Koop vir ’n boer ’n drom diesel of betaal sy kinders se skoolgeld. Die lys is lank. Kom ons help ons mense – niemand anders gaan nie.

Tensy weldoeners nie hul name bekend wil maak nie, dink ek ook dis belangrik dat die media, soos Landbouwee­kblad, altyd skenkers se name openbaar maak sodat ’n mens dié skenkers ook weer kan ondersteun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa