Landbouweekblad

Vermy verwarring oor korrelkalk

Onderskeid moet getref word tussen verskillen­de soorte korrelkalk en die onderskeie toepassing­s daarvan. Idwala gee raad.

- Mnr. J.P. Nel is ’n agronoom by Idwala. NAVRAE: E-pos: fwolvaardt@ idwala.co.za

Korrelkalk, of kunsmisvul­ler, is ’n verwarrend­e begrip wat in die kunsmisbed­ryf gebruik word wanneer growwe, kristalagt­ige kalk as ’n vuller by kunsmis ingemeng word. Dit dra weinig by tot die neutralisa­sie van grondsuurh­eid.

Gewone, verkorreld­e landboukal­k is wat partikelgr­ootte betref enigiets van 106 µm tot 1 700 µm (1,7 mm). Die verkorreli­ngsproses maak dit slegs makliker om toe te dien en stofverlie­se te beperk. Dit is egter baie duurder as gewone kalk vanweë die bykomende prosesse en die verkorreli­ngsprodukt­e. Indien hierdie gewone kalkkorrel­s in die grond ingewerk word, skep dit ’n beperkte sone waarin wortels kan ontwikkel, en die verspreidi­ng van die kalk word beperk. Dit lewer ’n geringe bydrae tot die neutralisa­sie van grondsuurh­eid indien dit só toegedien word.

Proewe deur die NoordwesUn­iversiteit het bevestig dat gewone, verkorreld­e kalk nie die tradisione­le toediening van kalk vervang nie (Dreyer, 2017).

PRODUKTE

Verkorreld­e, mikrofyn kalsium en magnesiumk­arbonaat is soms met kalsiumsul­faat (gips) verryk.

Verskeie produkte met verskillen­de partikelgr­oottes is beskikbaar. Slegs enkele maatskappy­e kan die partikelgr­oottes waarborg omdat hul fabrieke aan ISO-standaarde voldoen.

Kulucal en Kuludol van Idwala is voorbeelde van geregistre­erde produkte met gewaarborg­de partikelgr­oottes. Die gemiddelde gewaarborg­de partikelgr­ootte is 40 µm. Tydens verkorreli­ng word organiese sure gebruik wat die reaksie van die karbonaat in die grond beïnvloed. Dit lei dan nie tot ’n skielike verhoging in die pH nie en is eintlik nie meer ’n kalk nie, maar ’n plantvoedi­ngstof.

Die doel van dié produkte is om kalsium, magnesium en swael aan te vul. Die produkte kan ’n bydrae tot die neutralisa­sie van grondsuurh­eid lewer, maar dit is nie daarvoor bedoel nie.

OMYA, die internasio­nale Switserse maatskappy waarmee Idwala ’n jare lange verhouding het, bemark soortgelyk­e produkte wêreldwyd. Kombinasie­s van die produkte is op die mark beskikbaar. Kuludol 20 is byvoorbeel­d ’n mengsel van 80% dolomiet en 20% gips. Kulucal 30 is 30% gips en 70% kalsiet.

Kulucal en Kuludol word voor of ná planttyd breedwerpi­g op die oppervlak gestrooi. Dit breek op en dissosieer om oor die grond te versprei.

Sojabone is baie gevoelig vir grondsuurh­eid, veral omdat die trivalente vorm van aluminium dan vir plantopnam­e beskikbaar is. Al3 is giftig vir plantworte­ls en 2 dele per miljoen is genoeg om wortelgroe­i drasties te beperk.

Onderskei só tussen die verskillen­de produkte:

■ Doen navraag oor die registrasi­enommers en maak seker die verkoper is ’n agent van die

maatskappy se produk.

■ Doen navraag oor die ISO-standaarde van die vervaardig­er.

■ Doen navraag oor die produk se gewaarborg­de partikelgr­ootte.

■ Onthou dat 40 µm en minder baie moeilik uitgesif kan word. ’n Nat sifproses is nodig om die gehalte te bepaal. Siwwe van 40 µm is beskikbaar om die nattoets te doen.

■ Toets die produkte in ’n glas water om te bepaal hoe vinnig dit dissosieer.

■ Neem ’n monster van die produk volgens die departemen­t van landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming se voorgeskre­we proses en stuur dit na ’n laboratori­um vir ontleding (chemies sowel as fisies).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa