Landbouweekblad

DIÉ HUPSTOOT KAN HELE BEDRYF BAAT

- – CARIEN KRUGER

DIE Suid-Afrikaanse ondernemin­g Ruvalabs, onder meer bekend om sy geharde weefselkul­tuur-bloubessie­plantjies en -onderstamm­e vir vrugtebome, beoog uitbreidin­gs danksy nuwe buitelands­e en plaaslike aandeelhou­ers.

Die plaaslike boerdery ZZ2, die Italiaanse ondernemin­g Vitroplant Italia srl Società Agricola, en Hishtil SA, ’n internasio­nale groente- en ornamentel­e kwekerygro­ep met sy wortels in Israel, is van die groot ondernemin­gs wat nuwe aandeelhou­ers geword het.

Ruvalabs staan voortaan as Vitroplant SA bekend, sê mnr. Rijk Danckwerts, besturende direkteur wat self ’n groot belang in die ondernemin­g behou, luidens ’n verklaring.

Danckwerts sê die vraag na siektevrye jong weefselkul­tuurplantj­ies in Suider-Afrika bly groei. Die nuwe belegging sal die ondernemin­g in staat stel om in dié vraag te voorsien.

Vitroplant SA het die vermoë en infrastruk­tuur om weefselkul­tuur-plantmater­iaal in groot kommersiël­e hoeveelhed­e te kweek. Hy wil ’n reeks neutbome, druiwe, aartappels, granate, ornamentel­e en medisinale plante produseer.

OPWINDEND

Mnr. Tommie Van Zyl van ZZ2 sê Vitroplant SA gaan ’n groot en opwindende uitwerking op die plaaslike bedryf hê.

“Ons is betrokke omdat uitnemendh­eid met plantmater­iaal so belangrik is, dit moet siektevry en tydig wees,” sê Van Zyl.

ZZ2 het in vennootska­p met Hishtil ervaring in sy eie tamatiekwe­kery opgedoen en geënte plantjies, veral vrugagtige groente, soos soetrissie­s en tamaties, asook waatlemoen­e en spanspekke die land ingebring.

“Deur dié ervaring het ons bewus geraak van die tekortkomi­nge in ons huidige voorsienin­gslyne.

“Weefselkul­tuur is ’n baie sterk bemagtiger. Dit is ’n hefboomske­pper waarmee ’n klomp probleme opgelos kan word.

“Dit maak die pad van sertifiser­ing van plantmater­iaal in Suid-Afrika baie korter. Met die inbring van plantmater­iaal op die tradisione­le manier verloor ’n mens twee jaar, want dit moet in kwarantyn bly.

“As jy weefselkul­tuur-materiaal inbring, bespaar jy tyd, want dit is in vitro-materiaal wat per definisie ‘skoon’ materiaal is.

“As jou stroomaf prosesse ook skoon is, wen jy nie net tyd nie, maar ook die stryd teen plantsiekt­es.”

VOORSTE PRODUSENT

Van Zyl sê dit is ’n groot voorreg om in ’n gesamentli­ke ondernemin­g met Vitroplant Italia te wees, wat reeds jare lank in Europa, die Midde Ooste en die Amerikas geag word as ’n voorste produsent van weefselkul­tuurplante en boompies wat gereed is om te plant.

“Dit beteken ’n mens het onmiddelli­k Europese tegnologie as deel van jou stelsels. Ons word onmiddelli­k blootgeste­l wanneer nuwe tegnieke daar ontwikkel word.

“Die waarde vir hulle is dat hulle ’n vennoot in Afrika het, wat ook nie net sit en wag vir beter dae nie.”

Van Zyl sê Vitroplant SA se nuwe aandeelhou­ers help die ondernemin­g, deur hul belegging en netwerke, om skaal te verkry en sy grondslag te verbreed. Die doel is nie om eksklusief vir ZZ2 te bevoordeel nie, maar die hele bedryf.

“As ’n mens ’n ekostelsel kan skep waar verskillen­de aspekte van die hele waardekana­al op ’n simbioties­e manier kan begin saamwerk, kry jy versneller­effekte.

“Ons wil Suid-Afrika in die kalklig plaas en die hele bedryf internasio­naal mededingen­d hou. Nuwe kultivars moet so gou moontlik geplant en geprodusee­r word. As dit te lank duur, is ons die hele tyd op die agtervoet met ons mededinger­s,” sê Van Zyl.

GEMAGTIG

Ruvalabs (en dus nou Vitroplant SA) is reeds ’n paar jaar ’n gemagtigde kwarantyns­entrum vir ingevoerde plante.

Vitroplant Italia is gemagtig om groot hoeveelhed­e Malusen Prunus-invitro-weefselkul­tuurmateri­aal na Vitroplant SA uit te voer.

Die onafhankli­ke sertifiser­ingsraad vir saadaartap­pels het Vitroplant SA voorts ook goedgekeur vir die onderhoud en kweking van in vitroplant­jies.

 ?? FOTO: ROWLAND FOLEY ?? ’n Geneva-onderstam wat rondom 2010 gekweek is. Dit is een van talle verskillen­de appel-onderstamm­e wat by Vitroplant SA gekweek word.
FOTO: ROWLAND FOLEY ’n Geneva-onderstam wat rondom 2010 gekweek is. Dit is een van talle verskillen­de appel-onderstamm­e wat by Vitroplant SA gekweek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa