Landbouweekblad

NISGEWASSE KAN NIE SERTIFISER­ING ONTDUIK

‘Hulle het ingestem om vanjaar as ’n oorgangsma­atreël kanola van boere met foutiewe paspoorte te ontvang.’

- — AMELIA GENIS

GRAAN- en oliesaadbo­ere is op ’n steil kurwe van leer en aanpas by reëls oor die nakom van vereistes vir voedselvei­ligheid.

In die geval van kanola moet boere, die chemiese bedryf en die verwerker saamwerk om die bedryf te beskerm deur die aanmelding van chemiese middels wat gebruik word, registrasi­e van middels en goeie en tydige kommunikas­ie.

Sertifiser­ing om voedselvei­ligheid te verseker, is al jare lank ’n roetinetaa­k vir vrugte- en groenteboe­re, maar ’n nuwe verpligtin­g vir graan- en oliesaadbo­ere.

Soill (Southern Oil Limited Bpk.), Suid-Afrika se grootste koper en verwerker van kanola, het jare gelede met ’n “kanolapasp­oort” begin om inligting te kry oor die plaagbestr­ydingsmidd­ele wat boere op die gewas gebruik en by lewering vir residue daarvan te toets.

Moutgars- en broodkorin­gprodusent­e sal hulle binnekort aan iets soortgelyk­s

moet onderwerp.

NISGEWAS

Die probleem met kanola is dat dit ’n nisgewas is wat kwalik die tyd, werk en koste verbonde aan registrasi­e van plaagbestr­ydingsmidd­els daarop regverdig, sê mnr. Koos Blanckenbe­rg, voorsitter van die kanolabedr­yfskomitee van Graan SA.

Blanckenbe­rg sê die werklikhei­d is as ’n boer weet van ’n doeltreffe­nde middel wat teen ’n sekere plaag by ander gewasse geregistre­er is, sal hy dit gebruik

as hy sy kanola-oes teen die plaag moet beskerm. “Hy kan nie wag tot die middel eendag vir kanola geregistre­er is nie.”

Verder sal boere onder druk van stygende koste en laer opbrengste vanweë die droogte, dikwels generiese produkte wat nie geregistre­er is nie, maar dieselfde aktiewe bestanddee­l as die geregistre­erde produk bevat en baie goedkoper is, gebruik.

Wat ’n boer in só ’n geval moet doen om te help om die integritei­t van die waardekett­ing te beskerm, is om alles wat hy gespuit het – of dit geregistre­er is of nie – op die paspoort in te vul.

LEEMTES

“Soill ondervind van tyd tot tyd probleme met residue en moet optree teen die leemtes in sy voedselvei­ligheidste­lsel. Die ondernemin­g het ingestem om vanjaar as ’n oorgangsma­atreël kanola van boere met foutiewe paspoorte te ontvang, maar dit afsonderli­k te hanteer.”

Blanckenbe­rg sê die beste wat boere kan doen om hul bedryf te beskerm, is om die kanolapasp­oorte eerlik en volledig in te vul. Die kanolabedr­yfskomitee sal ook weer probeer om middels geregistre­er te kry vir plaagbestr­ydingsleem­tes in die bedryf.

 ?? FOTO: BIANCA DU PLESSIS ?? Kanola by Moorreesbu­rg.
FOTO: BIANCA DU PLESSIS Kanola by Moorreesbu­rg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa