Landbouweekblad

VOEDSELVEI­LIGHEID BEGIN OP DIE PLAAS

- — CARIEN KRUGER

KLEINHANDE­LAARS stel ál meer hul eie reëls oor voedselvei­ligheid op en verwag dat voedselver­werkers dit bo en behalwe wetgewing moet nakom.

Dit raak boere ook, want voedselvei­ligheid begin op die plaas, sê mnr. Jompie Burger, besturende direkteur van die Suiwelstan­daarde-agentskap.

Hy het op die jaarkongre­s van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) se Noord- en Vrystaatst­reek in Parys gesê boere moet besef voedselvei­ligheid word wêreldwyd, asook in Suid-Afrika, ál meer voorkomend benader.

Boere moet ’n voedselvei­ligheidspl­an hê, meet dat dit nagekom word en inligting byhou.

Burger het melkboere aangemoedi­g om ’n kultuur van voldoening aan voedselvei­ligheidsve­reistes te kweek, pleks van die vereistes weens druk vanaf kleinhande­laars of uit vrees vir regstappe na te kom.

So ’n kultuur is daarop gemik om onder meer verbruiker­s se behoeftes in ag te neem, ’n ondernemin­g se risiko’s te verlaag en handel te bevorder.

Dit verg egter langtermyn­besluite, ook oor belangrike kwessies soos omgewingsb­ewaring en dieresorg.

KRISIS NIE SKIELIK

Burger het gesê boere moenie hulself bluf deur te dink ’n voedselvei­ligheidskr­isis ontstaan “skielik” nie. Dit het gewoonlik ’n lang aanloop.

“Melkboere kan nie op die plaas nalatig met higiëne wees nie. Wat op die plaas gebeur, het ’n invloed op die uiteindeli­ke produk, selfs al word die produk met hitte behandel.

“Ons is geneig om te dink pasteurise­ring sal alle probleme oplos, maar omgewingsb­akterieë vanaf die plaas, wat listeria insluit, vind wel hul pad vanaf die melkproduk­sie-omgewing na verwerking­saanlegte.

“Dit is baie moeilik om uit aanlegte te kry, wat kan lei tot die pasteurisa­siebesmett­ing van melk en melkproduk­te.

“Hoë bakteriela­dings, asook hoë somatiese seltelling­s in onverwerkt­e melk, het ook ’n regstreeks­e uitwerking op verwerkers se melkopbren­gste en die raklewe van finale produkte.”

Burger sê die hele suiwelwaar­deketting het ook ’n verantwoor­delikheid teenoor voedselvei­ligheid. “Dit gaan oor ’n sin van morele korrekthei­d binne die melkproduk­tegemeensk­ap. Dit gaan dus nie daaroor om te probeer doen wat die wet sê sodat ons uit die moeilikhei­d bly nie, maar om te doen wat vir ons belangrik is, sodat ons ’n verskil kan maak en die suiwelwaar­deketting se integritei­t kan beskerm.”

Hy het boere aangemoedi­g om betroubare inset- en diensversk­affers te kies.

“Ken jou diensversk­affer. Moenie sommer net die goedkoopst­e een kies nie, maar eerder mense wat die wetenskap na jou toe bring en waarde tot jou ondernemin­g toevoeg.”

DRA SELF BY

Burger het gesê die bedryf het ’n geregverdi­gde verwagting dat die staat hulpbronne en bevoegde personeel moet hê, vinnig op veranderin­ge moet kan reageer en doeltreffe­nd moet reguleer sonder om te oorregulee­r.

Ongelukkig versuim die staat ál meer sy plig en plaas dan meer finansiële laste op die bedryf. Burger het egter gevra dat mense ’n kopskuif daaroor maak.

“Moenie op die staat wag nie, ongeag waar jy in die waardekett­ing is.

“Maak seker jy lewer ’n bydrae om die bedryf te beskerm.”

Private veeartse speel volgens hom ’n al hoe belangrike­r rol en is die boer se skakel met die staatsveea­rts, veral omdat die staatsveea­rtsenykund­ige diens in sekere provinsies verkrummel.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Jompie Burger
FOTO: VERSKAF Mnr. Jompie Burger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa