Landbouweekblad

Listeriose: Verpligte standaarde tree in werking

- — JOYLENE VAN WYK

DIE nuwe regulasies vir die beskerming van verwerkte vleis wat saamgestel is ná die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika in 2017 en verlede jaar is van vandeesmaa­nd verpligten­d.

Altesame 209 mense het weens die uitbreking gesterf en meer as duisend voorvalle is van 1 Januarie 2017 tot 5 Junie verlede jaar aangemeld. Dié statistiek­e het die regering laat besef dat Suid-Afrika geen verpligte voedselvei­ligheidsta­ndaarde vir verwerkte vleis het nie. Verbeterde voedselvei­ligheid is met behulp van bestaande wetgewing, die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) 885, verseker, terwyl die verpligte regulasies saamgestel is.

Die nuwe regulasies wat in werking tree, maak inspeksies van verwerking­saanlegte moontlik om ’n soortgelyk­e uitbreking te voorkom.

Die verpligte spesifikas­ies vir verwerkte vleisprodu­kte (VC 9100) is opgestel deur die departemen­t van handel en nywerheid met die samewerkin­g van die departemen­t van gesondheid. Hierdie regulasies sal deur die nasionale reguleerde­r vir verpligte spesifikas­ies (NRVS) afgedwing word.

TOEPASSING

Die departemen­t van handel en

nywerheid het aangedui hy gaan saam met die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng werk om die nuwe regulasies ten opsigte van die Wet op Landboupro­dukstandaa­rde af te dwing.

Die NRVS sal ’n uitgebreid­e regulering­sprogram vir inspeksies reg oor die land opstel wat dit vir die regering en die bedryf moontlik sal maak om enige voedseloor­gedraagde bakterieë vroeg op te spoor.

Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeli­ng, sê die regulasies is ’n belangrike stap om te verseker dat die verbruiker teen skadelike voedseloor­gedraagde bakterieë beskerm word.

“Ons kosbedryf is belangrik vir die land se ekonomiese ontwikkeli­ng en werkskeppi­ng.”

REGULASIES

Die verpligte spesifikas­ies is van toepassing op die hantering, voorbereid­ing, verwerking, verpakking, verkoeling, vries, etiketteri­ng en opberging van hitte-behandelde en eetgereed-vleisprodu­kte soos bepaal in SANS 885.

Dit is egter nie van toepassing op blikkiesvl­eis, rou boerewors, wildswors, gemengde wildswors, hoendervle­is en rooivleis (skaap, bok, vark en bees) wat onverwerk is nie. Produkte wat op so ’n manier verwerk is dat die produk steeds lyk soos die oorspronkl­ike, rou karkas, snit of stukke (gevries of ongevries), val ook nie onder die nuwe regulasies nie, want dit word deur ander toepaslike nasionale wetgewing gereguleer. Die regulasies kan by bit.ly/2ou390X besigtig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa