Landbouweekblad

SA MAKADAMIAB­OERE MOET VINNIG SPRING MET DOPLUIS

- — JASPER RAATS

DIE wollerige makadamiad­opluis (Eriococcus ironsidei) gaan plaagbestr­yding in die makadamiab­edryf waarskynli­k op sy kop keer. Só waarsku dr. Schalk Schoeman, ’n senior navorser by die Landbounav­orsingsraa­d.

Tot dusver is geen chemiese bestryding­smiddel vir hierdie dopluis in Suid-Afrika geregistre­er nie.

Dit het reeds aan die lig gekom dat die kewer na nóg boorde versprei het nadat dit vroeër vanjaar op twee plase in KwaZulu-Natal en etlike plase in Mpumalanga tussen Barberton en Badplaas, by Kaapse Hoop en by Witrivier opgemerk is.

Schoeman het op ’n onlangse bye-forumverga­dering op Mbombela gesê Suid-Afrika voer parasities­e organismes van Hawaii in wat kan help om die plaag hok te slaan. Plaaslik is weinig parasiete beskikbaar wat op dié dopluis teer, en sonder natuurlike vyande plant die luise teen ’n ongekende tempo voort.

Hy is oortuig die dopluis kan biologies bekamp word, maar het gesê wanneer boere dan ander plae, soos stinkgogga­s of neutboorde­rs, bespuit, gaan dit die balans ontwrig en die parasiet uitwis.

“As hierdie insek in ’n boord is, gaan ons geen ander keuse hê as om ’n sagte benadering te volg wat ons chemiese bestryding betref nie.”

KOSTE

Middels wat wel gebruik kan word, moet teen sulke hoë volumes aangewend word dat dit, benewens die impak op biologiese bekamping, baie duur sal wees om te gebruik. Hy het gesê miljoene van dié dopluise oortrek ’n boom en slurp die plantsap in so ’n mate op dat groot dele van die bome vrek.

Die insekte vreet aan al die bogrondse dele van die boom en plaas bome onder stres, wat hulle dan vatbaar maak vir ander plae, soos die ambrosia-kewer.

Hy is ook oortuig dat die dopluis wyer in Suid-Afrika sal versprei en het boere gewaarsku dat dit in Hawaii binne net vyf jaar na al die eiland se makadamiab­oorde versprei het. Hy meen die insek word deur die wind versprei.

“Dit sal waarskynli­k stadiger in Suid-Afrika se Laeveld versprei omdat dit nie so winderig daar is nie. Ons het tyd om ons huis in orde te kry; ons moet dit nie mors nie.”

 ?? FOTO’S: LBW-ARGIEF EN LNR ?? Suid-Afrika se makadamiab­edryf is uiters kwesbaar vir die wollerige makadamiad­opluis (inlas).
FOTO’S: LBW-ARGIEF EN LNR Suid-Afrika se makadamiab­edryf is uiters kwesbaar vir die wollerige makadamiad­opluis (inlas).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa