Landbouweekblad

WYNBOERE: WEES PARAAT VIR WITROES

- — LUCILLE BOTHA

DIE gevaarligt­e flikker tans in die Wes-Kaap met toestande wat gunstig is vir die ontwikkeli­ng van witroes.

Mnr. Pieter le Roux van Villa Crop Protection het op Vinpro se inligtings­dag vir die Worcester- en Breedekloo­fstreek wingerdboe­re gemaan om tydig op te tree om witroes te bekamp. Dit sal boonop goedkoper wees as om eers te begin spuit wanneer simptome kop uitsteek.

“Ek is baie bekommerd oor die witroessit­uasie in die Wes-Kaap op die oomblik. Akkerbome en selfs onkruide is oortrek met witroes. Dis nie dieselfde witroes wat wingerd aanval nie, maar dit het dieselfde toestande nodig om te ontwikkel. Boere moet dus na hul bespuiting­s kyk.”

Slegs 3%-witroesbes­metting kan lei tot onaangenam­e geure en kleurverli­ese in wyn.

Hy het toestande beskryf wat ideaal is vir witroesbes­mettings. Dit sluit in ’n lewendige groeityd (hoog in stikstof) en geil groeitoest­ande, temperatur­e van 20 ºC tot 27 ºC, relatiewe humiditeit van 65% tot 85%, lae UV-bestraling (soos bewolkte weer of oorskaduïn­g deur ’n digte blaredak) en nat tye gevolg deur lang tye met ’n hoë relatiewe humiditeit. Volgens Le Roux is kultivars soos Chardonnay, Chenin blanc, Riesling, Semillon, Pinotage, Sultana en Muskadel vatbaar vir witroes.

Hy het boere aangeraai om plekke op hul plase te identifise­er waar die omstandigh­ede vir witroes goed is, en dit gedurig dop te hou vir die eerste aanduiding­s van die siekte sodat hulle betyds kan optree.

EERSTE TEKENS

“Die eerste tekens van witroes is nie met die oog sigbaar nie. Kyk op jong blare met hoë stikstofvl­akke, want dís waar witroes eerste kop uitsteek. Hoekige, geel vlekkies op die blare is die eerste teken wat jy kan sien.”

Om witroes ten volle te bestry, verg sowat agt spuittoedi­enings. Die totale koste beloop ongeveer R950/ha. “Moenie bespaar op jou eerste bespuiting nie. Spuit eerder betyds, en as jy jou werk goed gedoen het, sal jy op die laaste bespuiting voor Kersfees kan spaar.”

‘Hoekige, geel vlekkies op die blare is die eerste teken wat jy kan sien.’

 ?? FOTO: GLENNEIS KRIEL ?? Gunstige toestande vir die ontwikkeli­ng van witroes heers tans oor groot dele van die Wes-Kaap.
FOTO: GLENNEIS KRIEL Gunstige toestande vir die ontwikkeli­ng van witroes heers tans oor groot dele van die Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa