Landbouweekblad

NUWE MIDDEL TEEN KEWER BEPROEF

- — MICHELLE VAN DER SPUY

’N MIDDEL vir die doeltreffe­nde behandelin­g van bome wat met stompkopke­wers (Euwallacea nr. fornicates) besmet is, word in Gauteng getoets.

Tot dusver is doeltreffe­nde behandelin­g vir die besmetting nog nie gevind nie.

Die maatskappy Beetle Busters het ’n gifstof ontwikkel wat nie die kewers laat vrek nie, maar die swam waarmee die kewers bome besmet. Die swam dien as voedsel vir die kewers en dit is die swam wat gasheerbom­e laat vrek.

Bestaande behandelin­gs konsentree­r op die vergiftigi­ng van die stompkopke­wer self.

Dié benadering kan egter ook dodelik vir die gasheerboo­m wees. Beetle Busters se behandelin­g wis eerder die swam uit waarop die kewer en sy nageslag voed, wat die kewers laat verhonger.

AVOKADOBOM­E VATBAAR

Beetle Busters het onlangs dié behandelin­g vir die besmetting geregistre­er. Dit word tans getoets op bome by die Emira Property Fund se kantoor by die Hyde Park Lanekantoo­rkompleks in Johannesbu­rg.

“As hierdie behandelin­g suksesvol is, sal dit ’n beduidende ingryping tot die landwye verspreidi­ng van stompkopke­wers tot gevolg hê en ons help om ons bome te red,” sê mnr. Tim Conradie van Beetle Busters. “Ons hoop om in die lente die resultate te bevestig en dat die bome weer sal begin groei.”

Verskeie landbougew­asse wat in SuidAfrika verbou word, is gasheerbom­e. Avokado’s is hoogs vatbare, reprodukti­ewe gashere.

Die kewer het avokadopro­duksie in Israel en Kalifornië erg benadeel. Die kewer is nog nie in kommersiël­e avokadoboo­rde in SuidAfrika waargeneem nie, maar verteenwoo­rdigers van avokadopro­dusente doen reeds navorsing in dié verband.

Die kewerbesme­tting hou ook gevaar in vir pekanneutb­ome. Veldtoetse is by Jan Kempdorp by die Vaalhartss­kema onderweg om pekanneutb­ome se weerstand teen die swam te toets.

ANDER POGINGS

Die stompkopke­wer is amptelik die eerste keer in 2017 in KwaZuluNat­al gewaar. Die afgelope paar jaar het dit beduidende skade aan bome veroorsaak. Duisende bome het al in Johannesbu­rg gevrek.

Landbouwee­kblad het in September berig die Vrystaatse maatskappy Pan African Farms maak daarop aanspraak dat hy ’n tegniek ontwikkel het om die swam waarop die kewers voed, te vernietig.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Van die bome in Hyde Park, Johannesbu­rg, wat met stompkopke­wers besmet is, en wat met die nuwe middel behandel is.
FOTO: VERSKAF Van die bome in Hyde Park, Johannesbu­rg, wat met stompkopke­wers besmet is, en wat met die nuwe middel behandel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa