Landbouweekblad

GRAAN SA GAAN OPBRENGS NASIONAAL TOETS

- — JOHAN NORVAL

’N NASIONALE opbrengsko­mpetisie vir graan word van 2020 onder die vaandel van Graan SA aangebied om alle graankulti­vars, wat tegnies oor dieselfde kam geskeer word, binne eiesoortig­e en individuel­e produksiep­raktyke te vergelyk.

Die beplanning­sfase van die kompetisie behels die opstel van ’n standaardp­rotokol om te verseker dat alle deelnemend­e saadmaatsk­appye en graanprodu­sente ingevolge dieselfde kriteria beoordeel word.

Volgens Graan SA is Pioneer, ondersteun deur Corteva, die hoofborg vir dié kompetisie.

Die formaat daarvan is só saamgestel dat individuel­e saadmaatsk­appye se streekkomp­etisies met ’n oorhoofse nasionale kompetisie sal koördineer.

Elke saadmaatsk­appy sal steeds sy eie opbrengsko­mpetisie aanbied, waarvan die wenners tot die Graan SAkompetis­ie kan deurdring.

“Opbrengs en doeltreffe­ndheid is ’n belangrike deel van produksiew­insgewendh­eid en dit is dus vir produsente belangrik om te leer wat gedoen kan word, en in watter toestande,” sê dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekono­mie en bemarking by Graan SA.

“Die kompetisie bied ’n platform aan graanprodu­sente om nuwe tegnologie, produksiep­raktyke en idees te beproef om die hoogste opbrengs te verseker.”

KATEGORIEË

Produsente kan in verskeie kategorieë vir onder meer droeland en besproeiin­gsgrond meeding. Deelnemers sal ook in streke en op nasionale vlak geklassifi­seer word en vernuwende produksiep­raktyke en slim boereplann­e sal aangemoedi­g word om die hoogste opbrengs per hektaar te behaal.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, sê sy organisasi­e is daartoe verbind om die volhoubaar­heid van graanprodu­sente te bevorder.

“In ’n omgewing met wisselvall­ige produksiet­oestande en markte kan vernuwende praktyke om ’n hoë opbrengs te bewerkstel­lig, vir produsente van onskatbare waarde wees,” sê De Villiers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa