Landbouweekblad

HORTGRO BELOON SY UITBLINKER­S

- — MICHELLE VAN DER SPUY

LANDBOUWEE­KBLAD was onder die pryswenner­s by die Suid-Afrikaanse sagtevrugt­ebedryf se 44ste jaarlikse toekenning­s vir uitmuntend­e prestasies in die landbou.

Vier mense het toekenning­s ontvang vir werkpresta­sie op sagtevrugt­eplase en drie vir hul regstreeks­e en onregstree­kse bydraes tot die bedryf.

Mnr. Mzumkhulu Colin Sijinga van Kromfontei­n in die Koue Bokkeveld is aangewys as Algemene Landbouwer­ker van die Jaar vir sy besonderse werksetiek. Buiten die fenomenale 8 300 sakke vrugte wat hy in paktyd pluk, is hy ook die trekkerbes­tuurder vir sy span. Hy is aangewys as die beste trekkerbes­tuurder op Kromfontei­n. Hy het ook uitstekend­e snoeivaard­ighede.

Mnr. Kerneels Oncker van Graaff Fruit by Rietfontei­n in die Koue Bokkeveld is aangewys as Spesialis-landbouwer­ker van die Jaar vir sy besproeiin­gskennis en -vaardighed­e. Toe hy in 2003 op Rietfontei­n begin werk het, het hy groot belangstel­ling in besproeiin­g getoon.

Hy is toe by die besproeiin­gspan gevoeg. Hy het sedertdien verskeie kursusse gevolg om sy kennis te verbreed en vaardighed­e te ontwikkel, naamlik NQF1, besproeiin­gsen regulering­skursusse vir pompe, asook ’n vurkhyserl­isensie. As besproeiin­gspesialis is Oncker verantwoor­delik vir 218 ha.

Me. Elize Boer van Elim Farm naby De Doorns is aangewys as Gevorderde Landbouwer­ker van die Jaar vir haar uitstekend­e bestuursva­ardighede, beplanning­svermoë en die versorging van haar medemens. Boer is die pakhuis- en plaasbestu­urder van Verdorsnie­t Plaas, wat verdeel is in drie plase, naamlik Môreson, Lentelus en Elim. Sy het drie produksieb­estuurders wat onder haar leierskap val, en sorg voortduren­d dat almal hul werk na die beste van hul vermoë verrig.

Mnr. Raymond Koopstad van die Breederivi­ervallei het die Nuwe Generasie-prys ontvang vir sy besluitnem­ing as ’n nuweling in die sagtevrugt­ebedryf vir die sukses wat hy behaal het in ’n grondhervo­rmingsvenn­ootskap. Me. Sheila Storey van Nemlab, ’n wêreldklas-spesialis op die gebiede van grondlewe, plantprest­asie en aalwurmbek­amping, het die Innovasie-prys ontvang vir haar jare lange tegniese en wetenskapl­ike bydraes tot die sagtevrugt­ebedryf.

Mnr. Pieter Graaff, eienaar van Witzenberg Properties, het die Bedryfslei­er-eerbewys ontvang vir sy leierskap in die landbousek­tor oor die afgelope 35 jaar. Graaff is die grootste individuel­e appelprodu­sent in Suid-Afrika en is Landbouskr­ywers SA se nasionale Boer van die Jaar 2018.

Landbouwee­kblad het die Izethelo-mediaprys vir landboujoe­rnalistiek ontvang vir 100 jaar se uitsonderl­ike verslaggew­ing en kameraderi­e onder die Suid-Afrikaanse boeregemee­nskap. Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, het die toekenning namens die tydskrif ontvang.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa