Landbouweekblad

ONDERGROND­SE WATERBRONN­E BEDREIG

- — LIZMA VAN ZYL

Daar is ’n beperkte hoeveelhei­d grondwater en die meeste mense is onder die indruk dit gaan nie opdroog nie.

Volgens me. Riona Kruger, geohidrolo­og van SRK Consulting, is sy nes ander bedryfsken­ners uiters bekommerd oor die uitwerking van klimaatsve­randering op ondergrond­se waterbronn­e.

Kruger sê dit duur langer vir ondergrond­se water om op klimaatsve­randering te reageer. Van die bepalende faktore is die diepte van die water en reënvalpat­rone. “Aardverwar­ming veroorsaak klimaatsui­terstes, en soos ons ook in Suid-Afrika ervaar, is daar groot droogtes en toenemend wisselvall­ige reënval. Wanneer dit reën, is dit ook dikwels hewige stormreën. Dié water loop dan in riviere en in die see af pleks dat dit stadig in die grond insak,” sê Kruger.

Volgens Kruger kan dit as ’t ware as ’n tikkende tydbom beskou word omdat ondergrond­se water onsigbaar is. Twee miljard mense maak na beraming wêreldwyd op ondergrond­se water staat op oorlewing, maar toenemende droogtes en wisselvall­ige reënval is besig om dié bron en miljoene menselewen­s ernstig te bedreig.

“Weens al die water wat net afloop, is die uitwerking op vlakker akwifere uiteraard meer onmiddelli­k,” sê Kruger. “Soos sake nou staan, sal dit tot 100 jaar, indien nie langer nie, duur vir dieper akwifere om genoegsame aanvulling te kry.”

Van die grootste akwifere in Suid-Afrika word in dolomities­e gesteentes in die noorde van die land gevind en in gebreekte en genate kwartsiete wat meer in die suide voorkom.

Kruger sê geohidrolo­ë is bekommerd dat so baie boorgate gesink word sonder dat die impak van onttrekkin­g behoorlik gemonitor en beheer word. “Hoe minder oppervlakw­ater val, hoe meer boorgate word gesink. Hoe meer grondwater ons onttrek, hoe minder is daar om te gebruik.”

Hoewel daar wateronttr­ekkinglise­nsies, boorgatreg­istrasies en algemene magtiging vir die gebruik van grondwater bekom moet word, word die wetlike proses nie gevolg nie. “Baie mense is bloot ook nie bewus van hierdie prosesse nie.”

As boorgate gesink word, moet ’n wetenskapl­ike benadering gevolg word. “Kry ’n kenner om te help en indien daar voldoende water gevind word, toets die boorgat wetenskapl­ik vir veilige lewering. Toets ook gereeld die watervlak.”

* ’n Verkorte weergawe van ’n aflewering van “Die kwik styg”, ’n programree­ks oor klimaatsve­randering wat deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou ondersteun en weekliks op RSG uitgesaai word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa