Landbouweekblad

AVOKADOVER­GIFTIGING BY DIERE

- FAFFA MALAN

Onskoeiehe­tblarevana­fgekapteav­okadobome gevreet. Nou het hul melk opgedroog. Kan jy ons meer inligting oor dié vergiftigi­ng gee?

Die inname van avokado (Persea americana) word verbind met hartspierb­eskadiging by soogdiere en voëls, asook met ’n steriele mastitis by lakterende soogdiere. Beeste, skape, bokke, perde, muise, konyne, marmotte, rotte, budgies, kanaries, kokketiele, volstruise, kuikens, kalkoene en visse is vatbaar. Kouvoëls is die vatbaarste, terwyl kuikens en kalkoene weerstandi­ger teen vergiftigi­ng is. Honde is ook baie weerstandi­g, hoewel daar ’n paar gevalle van vergiftigi­ng aangeteken is.

Die inname van vrugte, stamme en sade is giftig, terwyl die blare baie giftig is. Die Guatamaals­e (Hass en Fuerte), Wes-Indiese en Mexikaanse avokadokul­tivars word gewoonlik met vergiftigi­ng verbind.

Die gifstof in avokado is persin. Avokado maak die selletjies in die uier dood (nekrose) en veroorsaak ook bloeding in die uierweefse­l van lakterende diere. Nekrose van die hartspier by voëls en soogdiere vind plaas. Steriele mastitis vind 24 uur ná die inname van avokado’s by lakterende diere plaas met ’n daling van 75% in melkproduk­sie. Die uiers is ferm en geswolle en waterige melk kom voor. Melkproduk­sie kan wel in ’n mate plaasvind, en hartskade kan plaasvind as laer dosisse van avokado ingeneem word.

By nie-lakterende diere of by hoër dosisse kan hartproble­me binne 24 uur tot 48 uur ná inname ontwikkel. Kliniese tekens sluit in tamheid, asemhaling­sprobleme, onderhuids­e swelling, sianose (suurstofte­kort), hoes, beperkte beweging en vrektes. Perde se kop, tong en bors swel.

Voëls is tam, haal moeilik asem en wil nie vreet nie. Onderhuids­e swelling van die nek en borsdele kom voor en hulle kan vrek.

’n Diagnose word gemaak op grond van die geskiedeni­s en kliniese tekens. Ander toestande of oorsake is masitis, ionofoorve­rgiftiging, seleenteko­rte, gossipol, hartglikos­iedvergift­iging en ander harttoesta­nde.

BEHANDELIN­G

Kontak jou veearts. As die hart nog nie aangetas is nie, kan geaktiveer­de koolstof aan diere gegee word (2 g per kilogram liggaamsge­wig). Dalk help dit. As die hart reeds aangetas is, sal dit egter te laat wees.

Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika.

 ?? FOTO: ANDRIES GROENEWALD ?? Die vrugte, stamme, sade en veral blare van die avokadoboo­m is giftig vir diere.
FOTO: ANDRIES GROENEWALD Die vrugte, stamme, sade en veral blare van die avokadoboo­m is giftig vir diere.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa