Japannese radys is ’n veelsydige gewas
Japannese radyse (Raphanus sativus) is deel van die Brassicaceae-familie (of Cruciferae). Dit is ’n bekende herfs- of wintergewas in veral die koeler produksiegebiede.
Japannese radyse word wyd gebruik as ’n enkelgewas of in gemengde weidingstelsels. Die planttyd wissel in die verskillende produksiestreke. In die meeste gebiede met betreklik betroubare reën in die najaar is die aanbevole planttyd Januarie tot begin Maart. Die gewas se saaidigtheid is 2 kg/ha tot 3,5 kg/ha in rye.
In sommige koel gebiede word die gewas reeds in middel Desember aangeplant. Indien radyse te vroeg geplant word, is die risiko groot dat die saailinge deur warm weer beskadig kan word of dat plante oorgaan na die reproduktiewe fase en vroeg begin blom. Hou egter in gedagte dat dit normaal is dat ’n persentasie van die Japannese radyse vroeër sal blom en na saadvorming oorgaan.
Insekte kan veral by die jong plantjies voorkom. Wees op die uitkyk daarvoor en pas die nodige bespuiting toe.
Indien dit laat op droëland aangeplant word, bestaan die risiko van te min opvolgreën met laer opbrengste weens die minder beskikbare grondvog.
VOORDELE
Japannese radyse is gewild danksy die voer se vele voordele. Dit pas goed in by gemengde boerderye en is ’n uitstekende wisselbougewas saam met mielies en sojabone. Dit het goeie verdraagsaamheid teen koue en droogte, wat dit ’n gewilde keuse maak om die voervloeigaping in die herfs en winter aan te vul.
Hoewel dit gehard is vir die winter, kan blaarbeskadiging en -agteruitgang by temperature laer as 0 °C voorkom.
Japannese radyse kan ’n groot hoeveelheid voer per hektaar lewer. Die produksiepotensiaal kan egter drasties verskil na gelang van die planttyd, grondpotensiaal en reënval.
Onder besproeiing en op hoëpotensiaalgrond kan 14 ton droëmateriaal per hektaar verkry word. In droëlandtoestande wissel die tonnemaat van 4 ton tot 10 ton droëmateriaal per hektaar, na gelang van bogenoemde veranderlikes (sien ).
Die veelading op Japannese radyse is uitstekend vir ’n wintergewas. Met 6 ton droëmateriaal kan dit 50 kleinvee-eenhede vir 120 dae dra, soos in tabel 1 gesien kan word.
PROEFOPBRENGSTE
toon die opbrengste op verskillende oesdatums deur die seisoen van die proewe wat by Cedara, KwaZulu-Natal, gedoen is met die kultivars Endurance en Nooitgedacht. Albei kultivars is in Pannar se voergewaspakket beskikbaar.
Endurance is die resultaat van ’n lang en intensiewe teelprogram op Cedara tussen die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Diereproduksie en PGW van Nieu-Seeland. Die doel van die teelprogram was om ’n hoogs produserende voerradys wat laat blom, te teel.
Die data wat oor die jare versamel is, toon dat Endurance aan die vereistes voldoen.
Die opvallendste verskil teenoor ander kultivars wat op die mark beskikbaar is, is dat Endurance later blom. Endurance het sagte, betreklik haarlose blare en matig tot goeie weerstand teen roesbesmetting. Endurance word eksklusief in lisensie deur Pannar in Suider-Afrika bemark.
VOEDINGSWAARDE
Daar bestaan in ’n mate ’n misverstand oor die voerwaarde van Japannese radyse, naamlik dat net die blare voedingswaarde het en die knolle hoofsaaklik uit water bestaan. Dit is ’n halwe waarheid. Die knolle het wel ’n hoë waterinhoud van ongeveer 90%, maar op ’n droëmateriaal-basis is die knolle ryk aan energie en maklik verteerbaar.
Die ruproteïeninhoud van die knolle wissel van 18% tot 20% en dié van die blare van 20% tot 30%. Die kombinasie van die energie in die knolle en die proteïen in die blare maak Japannese radyse uitstekend vir diereproduksie. Dit is belangrik om daarop te let dat indien dit laat bewei of verwering ondergaan het (proteïenvlakke verlaag het), die diere by ’n proteïenaanvulling kan baat vind.
Japannese radyse kan benut word deur dit te bewei of deur dit uit te trek en te voer. Die uithaal en voer van die radyse lei tot minder verliese en kan die voeropbrengs met ongeveer 30% verhoog.
Volgens proewe wat by Ermelo, Mpumalanga, gedoen is, verbeter skaapprestasies indien dit bewei word pleks van om die radyse uit te trek en te voer. Skape benut egter ook die knolle van radyse wat uitgetrek en gevoer ord. In tye van ’n rtekort sal dit die ing maksimaliseer. opkap van uitgete radyse word nie beveel nie, aangeen beeste daaraan an verstik. In ’n weistelsel word die radyse die beste benut deur strookbeweiding toe te as. Dit verminder ermorsing en verapping aansienlik. Japannese radyse t die voordeel dat benut kan word ra dit gereed is, it kan gelos word utting later in die Gevolglik is radyse lsydiger as sommiwintergewasse en ie midwinter-voerkoue produksiegevul. Wanneer die in blom, neem die an die knolle af en dit houtagtig.
As lid van die Brassica-familie is daar bestuursaspekte wat doeltreffende benutting kan verbeter. Beperk toegang wanneer vee die weiding die eerste paar keer bewei. Moenie honger diere op ’n radysweiding plaas nie, veral as hulle nie daaraan gewoond is nie. Verseker dat vee toegang tot hooi of grasweiding het (’n mengsel met groenvoer is ’n opsie). Dit is belangrik om die stikstof in die stelsel te bestuur. Bemes volgens die aanbevelings.
GRONDGESONDHEID
Oormatige stikstofbemesting kan nitrate in die blare laat opbou en nitraatvergiftiging veroorsaak.
Japannese radyse hou voordele vir ’n wisselboustelsel met ander gewasse in en is goed vir grondbewaring en -gesondheid. Voor benutting help die groot knolle en blare om die grond teen erosie te beskerm. Die penwortel van die radyse help om vlak verdigtingslae en ploegsole op te breek. Dit is waar die bynaam “biodrills” vandaan kom. Hierdie aksie bevorder die indringing van water in die grondprofiel en bevorder beter wortelontwikkeling van die opvolggewasse.
Navorsing in Maryland, Amerika, het bevind dat vier maal meer mieliewortels deur ’n verdigtingslaag ná ’n radysdekgewas ontwikkel het vergeleke met ’n land wat braak gelê het.
As Japannese radyse vroeg genoeg geplant word (verkieslik ses weke voor die eerste ryp), kan die plante vinnig groei en die grond afskadu om die ontwikkeling van herfs- en winteronkruid te beperk. Onbenutte radyse verrot en verbeter waterindringing en die dreinering van die grondoppervlak danksy die kanale wat deur die groot ontbindende wortels gelaat word.
Japannese radys se laer waterbehoefte en vermoë om hoë opbrengste voer van goeie gehalte te lewer vergeleke met ander wintergewasse het in die afgelope paar swakker produksiejare die gewildheid daarvan laat toegeneem.
Endurance met sy sagte, byna haarlose blare, goeie verdraagsaamheid teen roes en die eienskap om laat te blom, maak dit ’n eerste keuse. Om dit deel van jou produksiestelsel te maak, kontak gerus jou naaste Pannarverteenwoordiger.
Me. Delia Thomson is ’n landboukundige by Pannar.