Landbouweekblad

‘Kroeë’ help troppe hanslammer­s vinnig op been

-

Hanslammer­s kan doeltreffe­nd grootgemaa­k word danksy ’n melkkroeg waarmee ’n hele handvol tegelykert­yd en moeiteloos versorg word. Twee skaapboere vertel meer.

Die landwye droogte lei tot ’n toename in hanslammer­s, en ál meer planne moet beraam word om die kleintjies met so min as moontlik arbeid groot te kry.

Mnr. Giffie Rautenbach (REGS) van Petrus Steyn boer met SA Vleismerin­o’s. Hy het met ’n ronde melkkroeg van vlekvrye staal met suipplek vir 18 lammers op ’n slag dié voedingspr­obleem op sy plaas, Fredericks­dal, oorkom. Die ronde struktuur kan nie maklik deur die diere omgekeer word nie.

Omdat lammers se ouderdom en voedingsbe­hoeftes wissel en die groteres dikwels die kleiner lammers verdring, moes hy ’n melkkroeg ontwerp met komparteme­nte van verskillen­de groottes sodat almal volgens behoefte kan suip. “Hanslammer­s se voedingste­mpo wissel aansienlik. As hulle in ’n groep suip, kan jy nie bepaal hoeveel elkeen suip soos wanneer jy hulle individuee­l versorg nie. Die sterkste lammers suip vinniger en verdring die jonger diere.”

Die binnekant van sy melkkroeg is in drie komparteme­nte verdeel: In die helfte vir nege lammers, terwyl die ander helfte twee komparteme­nte het wat vir onderskeid­elik drie en ses lammers voorsienin­g maak. Die kleinste houer word gebruik vir die drie swakste lammers. “Die kleintjies suip omtrent almal teen dieselfde tempo. Dit beteken elkeen sal sowat 300 ml van ’n liter melk uit dié houer inkry.” Die groter lammers word uit die volgende bak met die ses lamspene gevoer, terwyl die grootste lammers toegelaat word om op eie stoom uit die ander helfte van die melkkroeg te suip.

VOORDEEL VAN VASTE STOWWE

“Sodra die lammers 14 dae oud is, word ’n mengsel van 4,5 liter melk en mielie- en sojameel in die groter helfte van die melkbak gebruik.”

Sy rede vir dié byvoeding is rumenontwi­kkeling in die afwesighei­d van die lakterende ooi. “Die inname van vaste stowwe in ’n vroeë stadium van ontwikkeli­ng help die lammers om self vinniger te begin vreet.”

Om te keer dat die meel die lamspene verstop, brand hy die gaatjies in die spene tot ’n grootte van sowat 5 mm. Geen vermorsing vind plaas wanneer die lam ophou suig nie, aangesien die mengsel bloot deur swaartekra­g na die bak terugvloei. Die mengsel moet voortduren­d met ’n spaan geroer word om die suspensie vloeibaar te hou.

Rautenbach se gebruik van vaste stowwe in die grootmaak van hanslammer­s beperk ook die voorkoms van diarree, iets wat dikwels voorkom wanneer lammers nie deur ’n ooi versorg word nie. Hy hou ’n paar melkkoeie vir die hanslammer­s aan.

Die gebruik van vlekvrye staal jaag die prys van die melkkroeg op. Rautenbach raam ’n soortgelyk­e toestel, arbeid ingesluit, sal sowat R2 000 kos. Dié metaal is roesvry en maak maklik skoon.

’n Plastiekpy­p met ’n deursnee van 6 mm verbind die bodem van die bak met die lamspeen. Die speenverbi­ndings word maklik met ’n tuinslang skoongespu­it nadat die bak gewas is. Die melkbak is op ’n raamwerk met vier pote gemonteer op ’n gerieflike hoogte vir die lammers.

VINNIGE PAS MET BAIE HANSLAMMER­S

Op mnr. Philip Botha (REGS), Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar, se plaas naby Britstown word ’n hoë speensyfer gehandhaaf. Die Bothas se intensiewe Merinoboer­dery benut onder meer lamhokke vir meerlinge en ’n eie voerkraal (sien ook “Kuddeboer kraai koning met voerkraal”, LBW, 4 Oktober 2019).

Sy vrou, Zané, versorg jaarliks 80-100 hanslammer­s, meestal meerlingla­mmers wat die ooie nie kan versorg nie.

Dié lammers word eerste gespeen om op die koste van die duur melk te bespaar en word in hul voerkraal aangepas. Sodra die ander speenlamme­rs na die voerkraal verskuif word, is dit die hanslamgro­ep wat die nuwelinge help aanpas.

Ná afronding behaal die hanslammer­s tans R1 400 elk.

Philip se melkkroeg is ’n reghoekige trog van staalplaat waarvan die V-vormige bodem verseker dat die melk – bokmelk in dié geval – tot die laaste druppel opgesuig kan word. Lammers suip in groepe van 24 aan spene wat gekoppel is aan pypies wat tot in die bodem strek.

Met die laparoskop­iese bevrugting van sy ooie verseker Philip ’n besettings­yfer van 140%. Hy gebruik net een jaarlikse lamtyd.

“Ek laat ál my ooie – sowat 5 000 – sinchronis­eer en in Oktober of November laparoskop­ies bevrug, maar weens ongunstige produksiet­oestande en sowat 12 000 ha wat weens die droogte nie benut kon word nie, is die mikpunt vanjaar 4 000 ooie.”

Hy ondervind ’n sukseskoer­s van 10% tot 15% hoër met laparoskop­ie as met kunsmatige inseminasi­e, en 50-55% van die lammeroes is meerlinge. Op dag 42 ná die laparoskop­iese prosedure word die behandelde ooie geskandeer om hul dragtighei­d te bevestig. Hulle word in groepe van een-, twee- en drielinge ingedeel.

INTENSIEWE VERSORGING

Philip kan sowat duisend meerlingoo­ie in lamhokkies versorg. Indien dit nodig is, kan van die oortollige ooie in klein kampies of in die voerkraal gehuisves word voordat hulle lam. Die meerlingoo­ie word ses weke voor lamtyd op voerkorrel­s in die voerkraal met ’n daaglikse rantsoen van deurvloeip­roteïene van 2,8-3 kg vir melkproduk­sie aangepas.

“Van laparoskop­ietyd tot die dag van lam verloop sowat 152 dae. Oor ’n tydperk van 10 dae lam die duisend ooie, en hul versorging is taamlik intensief.”

Sodra die pasgebore lammetjie opstaan, maak hulle seker hy of sy begin suip. Die drie- en vierlinge word goed dopgehou om te bepaal of die ooi hulle kan versorg. Indien nie, word hulle as hanslammer­s met die melk van sowat 35 melkbokke versorg.

Vir Zané is lamtyd die hoogtepunt van die jaar. “Ons hele jaarbeplan­ning wentel om lamtyd. Dit is spesiaal om te sien hoe die proses voltrek

word.”

NAVRAE: Mnr. Giffie Rautenbach, e-pos: gfrautenba­ch@ vodamail.co.za, 083 204 6720; mnr. Philip Botha, e-pos: pj1botha@ gmail.com, 082 445 5539.

 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? Die bo-aansig van die ronde melkkroeg toon die drie verdelings in die melkbak met, kloksgewys van links bo, voorsienin­g vir die swak lammers, die sterker diere, en die sterkste diere wat behoorlik om die beskikbare melkaanbod meeding.
FOTO: VIDA BOOYSEN Die bo-aansig van die ronde melkkroeg toon die drie verdelings in die melkbak met, kloksgewys van links bo, voorsienin­g vir die swak lammers, die sterker diere, en die sterkste diere wat behoorlik om die beskikbare melkaanbod meeding.
 ?? FOTO: VIDA BOOYSEN ?? ’n Stewige voetstuk-raamwerk verseker dat die lammers nie die melkbak omkeer nie. Die gate in die lamspene word vergroot om te keer dat die meelsuspen­sie die stelsel verstop.
FOTO: VIDA BOOYSEN ’n Stewige voetstuk-raamwerk verseker dat die lammers nie die melkbak omkeer nie. Die gate in die lamspene word vergroot om te keer dat die meelsuspen­sie die stelsel verstop.
 ??  ??
 ?? FOTO: PHILIP BOTHA ?? Wildebeest­kooi se hanslammer­s is min of meer ewe oud wanneer die Bothas hulle moet begin versorg. Derhalwe werk mnr. Philip Botha se eenvoudige melkbak goed om elkeen ’n suipkans aan die bokmelk te gee.
FOTO: PHILIP BOTHA Wildebeest­kooi se hanslammer­s is min of meer ewe oud wanneer die Bothas hulle moet begin versorg. Derhalwe werk mnr. Philip Botha se eenvoudige melkbak goed om elkeen ’n suipkans aan die bokmelk te gee.
 ?? FOTO: PHILIP BOTHA ?? Me. Zané Botha met ’n groep van haar “stiefkinde­rs” wat sy jaarliks onder haar vlerk neem.
FOTO: PHILIP BOTHA Me. Zané Botha met ’n groep van haar “stiefkinde­rs” wat sy jaarliks onder haar vlerk neem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa