Landbouweekblad

Drie toptelers mik na stoetteler-kroon

Drie finaliste is aangewys om sake uit te spook om die titel as Pick n Pay, Landbouwee­kblad en Breedplan se Stoetteler van die Jaar.

-

Twee stoetteler­s van die Vrystaat en een van Noordwes ding vanjaar teen mekaar mee om as Stoetteler van die Jaar aangewys te word. Die finaliste is mnre. André van der Merwe (Wouman-Brangus, Reitz), Derick le Roux en gesin (Xourel-Limousin, Coligny) en Riaan Theron (RAT-Brahmane, Koppies).

Die wenner word op die jaarlikse Aldam-veeskool aangewys. Die veeskool word deur die Lewendehaw­e-registrere­nde Federasie (LRF) en Landbouwee­kblad aangebied.

WOUMAN-BRANGUS

Mnr. André van der Merwe boer by Reitz in die Oos-Vrystaat en het binne 14 jaar merkwaardi­g baie reggekry. Nie net kry die kudde volpunte vir volledighe­id van prestasier­ekordhoudi­ng nie, maar dit is ook in 2014, 2015, 2016, 2017 en verlede jaar deur die Brangus-beestelers­genootskap as die top-Branguskud­de in Suid-Afrika aangewys.

Die kudde se gemiddelde tussenkalf­periode is 370 dae met ’n gemiddelde speenperse­ntasie van 97,3. Jong bulle word aan veldbultoe­tse onderwerp voor hulle gebruik of verkoop word.

Van der Merwe het verlede jaar 27 bulle aan stoet- en kommersiël­e telers oral in Suid-Afrika verkoop. Hy dien in die Brangus-telersgeno­otskap se raad en is vir genomika verantwoor­delik.

XOUREL-LIMOUSIN

Le Roux en sy gesin boer naby Coligny in Noordwes met die naasgroots­te Limousin-stoetkudde in die land. Hulle het nuwe tegnologie volledig aangegryp. Verse word op 12 maande oud gespoel en in vitro bevrug met semen van jong bulle (12-14 maande oud). Gevolglik is die generasie-interval in die kudde minimaal.

Genetiese koppeling en diversitei­t word verhoog deur bulle uit Kanada, Amerika, Australië en Europa te gebruik. Vrugbaarhe­id is die belangriks­te seleksiekr­iterium. Dit word weerspieël in die gemiddelde tussenkalf­periode van 385 dae.

Die kudde kry volpunte vir volledighe­id van prestasie-aantekenin­g, en 29 bulle is verlede jaar aan stoet- en kommersiël­e telers oral in Suid-Afrika verkoop.

Le Roux is die visevoorsi­tter van die Limousin-beestelers­genootskap en voorsitter van die rasverbete­ringskomit­ee.

RAT-BRAHMANE

Mnr. Riaan Theron is die afgelope 13 jaar by die stoetteler­sbedryf betrokke en boer in die distrik Koppies, Vrystaat. Die kudde het die hoogste punt vir volledighe­id van prestasie-aantekenin­g onder Suid-Afrikaanse Brahmantel­ers.

Verse word op die ouderdom van 16-20 maande gedek. Die kudde spog met ’n speenperse­ntasie van 86.

Die klem van Theron se seleksie is op ’n aangepaste, geharde, vrugbare en funksionel­e vroulike dier met uitstekend­e moedereien­skappe en wat elke jaar ’n goeie kalf grootmaak.

Bulle moet goeie bespiering en manlike eienkappe vertoon. RAT-Brahmane het verlede jaar 26 bulle aan stoet- en kommersiël­e telers in Suider-Afrika verkoop. Theron dien in die raad van die Brahman-beestelers­genootskap en is verantwoor­delik vir die portefeulj­e wat oor finansiële, kantoor- en administra­tiewe sake toesig hou.

Prof. Frikkie Neser is hoof van die departemen­t vee, wild en weidingkun­de aan die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe, Universite­it van die Vrystaat.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Mnr. André en me. Riana van der Merwe, verlede jaar se naaswenner in die Stoetteler van die Jaar-kompetisie.
FOTO: JOHAN NORVAL Mnr. André en me. Riana van der Merwe, verlede jaar se naaswenner in die Stoetteler van die Jaar-kompetisie.
 ??  ?? Mnr. Derick le Roux
Mnr. Derick le Roux
 ??  ?? Mnr. Riaan Theron
Mnr. Riaan Theron

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa