Landbouweekblad

Beste beproefde bulle wys hul staal

Sommige bulle het ’n groot impak op die vleisbeesb­edryf en genetiese vordering binne rasverband. Die wenners van die Beproefde Bul van die Jaar-eerbewyse word op die Aldam-veeskool daarvoor vereer.

-

Wenbulle het hulself reeds bewys wat betref die ekonomies belangrike eienskappe, soos vrugbaarhe­id, groei en karkaseien­skappe.

Genetiese vordering is een van die belangriks­te maatstawwe vir ’n ras om vooruitgan­g te bepaal. Die hoeveelhei­d genetiese vordering wat binne ’n ras gemaak word, hang grootliks af van die bulle wat gebruik word.

Die aanmoedigi­ng van genetiese vordering is een van die Lewendehaw­e-registrere­nde Federasie (LRF) se doelwitte. Daarom wys die LRF jaarliks ’n Zoetis, Landbouwee­kblad en Breedplan se Beproefde Bul van die Jaar aan vir al hul betrokke rasse.

Bulle wat in aanmerking kom, moet drie en ’n half jaar of ouer wees. Hulle moet ’n nageslag van minstens 100 in drie kuddes of meer hê. Van die nageslag moes 20 of meer in die afgelope twee jaar gebore gewees het.

Die bulle moet akkurate teelwaarde­s hê, en word volgens hul ekonomiese indekse gerangskik. Vir die rasse waarvoor indekse nie beskikbaar is nie, word ’n soortgelyk­e waarde bepaal deur ekonomiese gewigte aan hul teelwaarde­s te koppel. Die waardes sluit in geboorte-, speen-, jaaroud-, finale en volwasse koeigewig, asook skrotumomt­rek.

Bulle moet ook aan minimum kriteria vir van die eienskappe voldoen.

Verlede jaar se wenners (sien die TABEL ) is uitstekend­e voorbeelde van gehaltetee­lbulle wat hul merk op stoet- en kommersiël­e kuddes laat.

Vanjaar se wenners word op die Aldam-veeskool se toekenning­sgeleenthe­id op Donderdag 17 Oktober aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa