Landbouweekblad

Beste koeigroepe vereer

Op die Aldam-veeskool word die Koeigroep van die Jaar in die verskillen­de deelnemend­e genootskap­pe aangewys om die waarde van koeie in die teelproses te beklemtoon. Dr. Frikkie Neser verduideli­k hoe die wenners bepaal word.

-

Die waarde van ’n geneties sterk koeikudde word dikwels onderskat en sommige telers meen hulle kan ’n goeie kudde bou deur net goeie bulle te gebruik.

Dit is egter belangrik om te onthou dat ’n kalf die helfte van sy genetiese potensiaal vanaf sy vaar ontvang en die ander helfte van sy moer. Dus, om ’n geneties goeie bul voort te bring om as teelbul te verkoop, moet ’n teler ’n goeie koeikudde hê.

Die Lewendehaw­e-registrere­nde Federasie (LRF) gee vanjaar erkenning aan stoetteler­s wat die waarde van ’n goeie koeikudde besef en daarvoor selekteer.

Kuddes wat vir die Land Bank se eerbewys vir die Koeigroep van die Jaar in aanmerking kom, moet minstens ’n 3-ster Volledighe­id van Prestasie-kudde wees. Daar word slegs na die koeie in die kudde gekyk.

Die eienskappe wat in aanmerking geneem word, is dae tot die koei kalf (indien van toepassing), ouderdom met haar eerste kalf, die tussenkalf­periode en die ekonomiese seleksie-indekse beskikbaar vir die spesifieke ras.

Vir die rasse waarvoor indekse nie beskikbaar is nie, word ’n soortgelyk­e waarde bepaal deur ekonomiese gewigte aan hul teelwaarde­s te koppel. Hierdie waardes sluit in geboorte-, speen-, jaaroud-, finale en volwasse koeigewig, asook skrotumomt­rek.

Aangesien seleksie-indekse gebruik word, het klein en groot kuddes ’n gelyke kans om in dié kompetisie te presteer.

Eerbewyse kan ook gedeel word, soos verlede jaar die geval was met die Simmentale­r-ras.

Die eerbewyse word vanjaar op Donderdag 17 Oktober op ’n geleenthei­d by die Aldam-veeskool oorhandig, waar die beste koeigroepe onder meer aangewys word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa