Landbouweekblad

MetBonsmar­asis kraal werk’ n plesier

Wanneer ál die eienskappe ondersoek word wat winsgewend­heid in vleis bees produksie kan verbeter, kom vrugbaarhe­id, aanpasbaar­heid en groeivermo­ë altyd ter sprake. Temperamen­t is egter die één eienskap wat ’n groot invloed op winsgewend­heid het.

- NAVRAE: Web: www.bonsmara. e-pos: info@bonsmara.co.za

Temperamen­t word dikwels oor die hoof gesien wanneer eienskappe met finansiële voordele bekyk word. Indien dit egter van naderby bekyk word, is dit duidelik dat diere met ’n swak temperamen­t ’n rimpeleffe­k kan veroorsaak wat diere se funksionel­e doeltreffe­ndheid nadelig kan raak.

TYD IS GELD

Diere met ’n swak temperamen­t is moeilik hanteerbaa­r. Dus is dit gewaarborg dat baie meer tyd nodig sal wees om dié diere uit die veld te kry. Dit duur ook veel langer om met hierdie diere in die kraal te werk.

HANTERINGS­GERIEWE

Diere met ’n swak temperamen­t veroorsaak dat meer kapitaal uitgegee moet word om sterk hanterings­geriewe op te rig. Dit veroorsaak meer instandhou­dingskoste op lang termyn.

Met diere waarvan die temperamen­t só swak is dat hulle eerder deur die drade hardloop as kraal toe gaan wanneer hulle in die veld bymekaar gemaak word, help dit nie jy het die beste hanterings­geriewe nie. Hulle gaan dalk nooit binne daardie kraal kom sodat jy doeltreffe­nd met hulle kan werk nie.

GROEITOENA­ME EN VLEISGEHAL­TE

Prof. Temple Grandin, ’n Amerikaans­e professor in veekunde wat toegespits is op vleisbeesg­edrag en -hantering, se studies het bewys daar is ’n nadelige invloed op groeitoena­me en vleisgehal­te wanneer diere ’n swakker temperamen­t het.

In een van haar studies is bevind dat diere van Bos taurusen Bos indicus-rasse wat tydens hantering opgewerk geraak het, swakker gegroei het. Diere wat tydens hantering kalm was, se gewigstoen­ame was 10-14% beter in die proef.

Die diere met ’n swakker temperamen­t in die toets se vleis het ook meer plekke met skade gehad. Die vleisgehal­te was swakker as die res van die diere in die toets. Dit bewys dus wetenskapl­ik diere met ’n swak temperamen­t lei tot ’n verlaagde wins en is nadelig vir funksionel­e doeltreffe­ndheid.

ARBEID

Indien diere ’n swak temperamen­t het, is hantering ’n probleem. Beserings aan diens is in enige bedryf iets wat ’n werkgewer baie geld uit die sak kan jaag. Boonop wil geen boer sy werkers blootstel aan ’n gevaarlike werksomgew­ing in die kraal nie.

As ’n dier ’n swak temperamen­t het, is daar altyd ’n gevaar van beserings of selfs ’n noodlottig­e ongeluk wanneer met daardie dier in die kraal gewerk word. Hy of sy kan bedreig voel en probeer om uit die situasie te kom deur oor of deur die kraal te spring, óf die dier kan probeer om homof haarself te verdedig deur die mense in die kraal te bestorm. As ’n dier van 500 kg of meer iemand stamp wat slegs een vyfde van die dier se gewig weeg, kan die gevolge noodlottig wees.

Daarom is diere met ’n rustige temperamen­t en waarmee maklik in ’n kraal gewerk kan word, noodsaakli­k.

BONSMARA EN TEMPERAMEN­T

Een van die sterkste bene waarop die Bonsmara-stelsel rus, is die verpligte keuring wat elke Bonsmara-stoetdier minstens een keer in sy of haar lewe moet deurgaan. Enige dier wat ’n swak temperamen­t of wilde gedrag toon, word dadelik deur die keurders uitgehaal. Dit is al die praktyk vir meer as 55 jaar van keurings. Gevolglik is die Bonsmara vandag bekend as ’n ras met ’n rustige temperamen­t wat maklik in die veld en in krale gehanteer word.

Voerkrale koop Bonsmaradi­ere maklik aan, want die hantering van duisende diere maak dit soveel makliker as die diere rustig in strestoest­ande is. Deur die seleksie vir temperamen­t is dit maklik om met die Bonsmara te boer en is kraalwerk ’n plesier.

Mnr. Louis Steyl is die rasadviseu­r vir Bonsmara SA. co.za,

 ??  ?? Elke Bonsmara-stoetdier moet minstens een keer in sy of haar lewe deur ’n verpligte keuringspr­oses gaan. Enige dier wat ’n swak temperamen­t of wilde gedrag toon, word dadelik deur die keurders uitgehaal.
Elke Bonsmara-stoetdier moet minstens een keer in sy of haar lewe deur ’n verpligte keuringspr­oses gaan. Enige dier wat ’n swak temperamen­t of wilde gedrag toon, word dadelik deur die keurders uitgehaal.
 ??  ?? LINKS: Diere met ’n goeie temperamen­t skep ’n veilige werksomgew­ing vir hanteerder­s op die plaas. Die Bonsmara blink daarmee uit.
LINKS: Diere met ’n goeie temperamen­t skep ’n veilige werksomgew­ing vir hanteerder­s op die plaas. Die Bonsmara blink daarmee uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa