Landbouweekblad

Beste skoubulle ding mee

Skoue is ’n belangrike deel van die Suider-Afrikaanse stoetveebe­dryf se geskiedeni­s. Tydens die Veeskool word dié top-skoubulle verder beoordeel, waarna ’n wenner aangewys word.

-

Diere is in die verlede slegs beoordeel op grond van hul fenotipe, oftewel dit wat ’n mens sien. ’n Dier se fenotipe kan egter misleidend wees omdat omgewingsf­aktore, soos voeding, ’n rol daarin speel.

Die waarde van ’n teeldier lê in sy vermoë om goeie genetiese kenmerke vir die belangrike eienskappe aan sy nageslag oor te dra. Hierdie vermoë kan slegs deur teelwaarde­s bepaal word.

Die Lewendehaw­e-registrere­nde Federasie (LRF) het 14 jaar gelede besluit om teelwaarde­s na die skouring te neem en dit deel te maak van die kriteria waarvolgen­s skoubulle beoordeel word. Hierdie skoue word gebruik om genetiese vordering vir ekonomiese eienskappe te bevorder. Alle bulle van 12-36 maande oud met beraamde teelwaarde­s op skoue (LRF- of Stamboekra­sse) kan deelneem.

Standaardk­riteria word gebruik om die teelwaarde­s (gevan boorte-, speen-, jaaroud-, finaleen volwasse gewig, asook skrotumomt­rek te meet. Die bul se visuele punt maak die helfte uit, en teelwaarde­s die res.

Bulle neem binne rasverband deel. Daarna ding die onderskeie raswenners visueel mee in die interrasko­mpetisie vir die posisie algehele skouwenner vir die betrokke skou (sien die TABEL ).

Tydens die Aldam-veeskool se prysuitdel­ingsaand wys die LRF ’n algehele interraswe­nner aan uit ál die algehele wenners van die verskillen­de skoue. Dié wenner word slegs op grond van teelwaarde­s bepaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa