Landbouweekblad

Wynmakers blom danksy dié eenheid

’n Doelbewust­e poging deur die wynbedryf en organisasi­es soos Sawitu om nuwe toetreders te vestig, dra by tot die sukses van nuwe wynmakers en handelsmer­ke.

- NAVRAE: Web: www.witu.co.za; Facebook: @WITURSA; Twitter: @witu_sa; LinkedIn: SA Wine Industry Tansformat­ion Unit

Ondanks ’n wisselvall­ige ekonomiese, omgewings- en politieke klimaat vind nuwe toetreders tot die wynbedryf hul weg. Hulle moet dikwels verskeie struikelbl­okke oorkom om hul ondernemin­gs te vestig en te ontwikkel en om toegang tot die beperkte beskikbare ondersteun­ingsprogra­mme te kry. Dit sluit in toegang tot markte, kapitaalbe­leggings in ondernemin­gs, infrastruk­tuur, grond en eiendom, ’n handelshui­s, vaardighei­dsontwikke­ling, verspreidi­ngsnetwerk­e en etiese en maatskapli­ke ontwikkeli­ng.

SAWITU

Die SA wynbedryf-transforma­sie-eenheid (Sawitu) is in 2016 deur die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d, Vinpro en die SA drankhande­lsmerkvere­niging (Salba) gestig. Die doel is:

■ Die skep en bevorderin­g van billike toegang en deelname binne die wynwaardek­etting.

■ Die versnelde ontwikkeli­ng van die bedryfs- en finansiële vermoë van wynplase en besighede wat deur swart mense in die hele waardekett­ing besit word.

■ Groter verteenwoo­rdiging van swart mense, veral swart vroue, op bestuursvl­ak in wynkelders, wynonderne­mings en bedryfsorg­anisasies deur onder meer die aanbied van meer bedryfsont­wikkelings­programme.

■ Die bevorderin­g van etiese praktyke binne die gemeenskap van belanghebb­endes (waaronder werkers) deur die toepassing van etiese handelspro­gramme in die wynbedryf.

■ Betrokkenh­eid by die opheffing en bemagtigin­g van werkers en swart gemeenskap­pe in die wynbedryf, die bevorderin­g van verantwoor­delike drankverbr­uik, en hulp met die strewe na ’n omvattende maatskapli­ke ooreenkoms vir die wynbedryf.

TRANSFORMA­SIE

Die doelwitte vir transforma­sie word aangepak met 20% van die heffings in die bedryf, wat deur verskillen­de belangegro­epe in die wynbedryf betaal word.

Sawitu word sedert Februarie 2019 deur me. Wendy Petersen bestuur. Tot dusver is 25 wynhandels­merke in swart besit bygestaan met finansieri­ng, wetlike mentorskap en ondernemin­gsontwikke­ling. Altesaam 65 handelsmer­ke en 60 plase in swart besit is op Sawitu se databasis geregistre­er.

Om die ondersteun­ing aan sy lede te versterk, skakel Sawitu met verskillen­de organisasi­es in die bedryf, soos Vinpro, Wesgro, Salba, die SA Wynbedryfi­nligting en -stelsels, Winetech en Wines of South Africa, asook met regeringst­rukture soos die provinsial­e departemen­t van landbou, die nasionale departemen­t van landbou, die Landboubem­arkingsraa­d en die departemen­t van handel en nywerheid.

“Sawitu wil fundamente­le veranderin­g in die Suid-Afrikaanse wynbedryf teweegbrin­g. Hoewel ons besef dat die huidige omstandigh­ede dit moeiliker maak, reken ons dat Sawitu volhoubare groei en ontwikkeli­ng vir ons ondernemin­gs in swart besit kan bewerkstel­lig. Knelpunte met handels- en marktoegan­g is ’n groot bekommerni­s vir kleiner ondernemin­gs. Sawitu moet nou saamwerk met die regering en bedryfsorg­anisasies om te verseker dat hierdie struikelbl­okke oorkom word,” sê Petersen.

GROEIPLANN­E

Wat groei en ontwikkeli­ng betref, het Sawitu die afgelope paar maande baie bereik. Heeltydse personeel is aangestel en ’n strategies­e beplanning­sessie is saam met ondernemin­gs en boerderye in swart besit gehou. Geleenthed­e vir marktoegan­g is geskep en gesprekke is gevoer met kleinhande­laars, kopers en invoerders. ’n Maatskapli­ke ooreenkoms is onderteken, mentorskap­steun is geskep en ’n diensvlako­oreenkoms is met kernvennot­e onderteken.

Sawitu het ook gekonsentr­eer op samewerkin­g en kollektiew­e bemarkings­inisiatiew­e, het gelyke verteenwoo­rdiging vir swart handelsmer­ke in die taakspanne van die wynbedryf verseker, ’n raamwerk vir EU-finansieri­ng ontwikkel en ander geleenthed­e vir finansieri­ngshulp vir swart ondernemin­gs ondersoek.

BEMARKING

Deelname aan die gewilde plaaslike Tops at Spar-wynskoue het die sigbaarhei­d van wynhandels­merke aansienlik vergroot onder die publiek en aankopers van kleinhande­laars.

Ses handelsmer­kwyne onder die Sawitu-vaandel is op die inhuldigin­gsdinee van pres. Cyril Ramaphosa vir gaste geskink.

Altesaam 13 maatskappy­e in swart besit is vroeër vanjaar deur Sawitu gehelp om aan ProWein, die wêreld se grootste wyn-enspiritus­handelskou in Düsseldorf, Duitsland, deel te neem.

Ander buitelands­e bemarkings­geleenthed­e is ook onlangs in Finland, Ghana en Denemarke ondersoek.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die SA wynbedryf-transforma­sie-eenheid (Sawitu) en sy vennote speel ’n beduidende rol om transforma­siedoelwit­te in die wynbedryf te behaal. Hierdie vyf wynhandels­merke is byvoorbeel­d onlangs tydens die Wesgro-handelsmis­sie in Ghana bemark.
FOTO: VERSKAF Die SA wynbedryf-transforma­sie-eenheid (Sawitu) en sy vennote speel ’n beduidende rol om transforma­siedoelwit­te in die wynbedryf te behaal. Hierdie vyf wynhandels­merke is byvoorbeel­d onlangs tydens die Wesgro-handelsmis­sie in Ghana bemark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa