Landbouweekblad

Nuwe aanslag bring groep nader aan kliënte

Mexichem, Netafim se moedermaat­skappy, het in September vanjaar sy nuwe handelsmer­k, waardes en naam bekend gestel. Dié wêreldwye ondernemin­g staan nou as Orbia bekend en het ten doel om ‘die lewe reg oor die wêreld’ te bevorder.

- NAVRAE: Web: www.netafim. co.za; www.orbia.com

Netafim en Mexichem behaal al twee jaar lank saam sukses. Mexichem het in Februarie verlede jaar die verkryging van ’n 80%-belang in Netafim voltooi.

Ná die verkryging was Netafim steeds die wêreldleie­r op die gebied van oplossings vir presisiebe­sproeiing. Die transaksie het Netafim se internasio­nale leiersposi­sie verder versterk, terwyl Mexichem se verhoogde hulpbronne, geografies­e reikwydte, produkport­efeulje en uitgebreid­e ervaring in bedrywighe­de groter stukrag aan Netafim gegee het. Hierdie veranderin­ge het geen regstreeks­e invloed op Netafim Suid-Afrika se kliënte in die Suid-Afrikaanse wyn- en wingerdbed­ryf nie.

Op 5 September is ’n nuwe fase betree toe mnr. Daniel Martinez-Valle, uitvoerend­e hoof van die voormalige Mexichem, bekend gemaak het die wêreldwye ondernemin­g sal voortaan as Orbia bekend staan, en die nuwe handelsmer­k en waardes bekend gestel het. Die oogmerk is om “die lewe reg oor die wêreld” te bevorder.

Die veranderin­g is genoodsaak deur die omvattende transforma­sie en groei wat die maatskappy, wat in 1953 gestig is, ondergaan het sedert die naamsveran­dering in 2005 na Mexichem.

“Om ’n doelgerigt­e maatskappy vir die toekoms te word, moes ons onsself organiseer op ’n manier waarby ons kliënte die beste baat vind. Almal moet ’n rol speel om die internasio­nale probleme wat ons in die gesig staar, die hoof te bied. Dit kan slegs aangepak word as ons saamwerk en ons denke van ‘ek’ na ‘ons’ verskuif,” het Martinez-Valle gesê.

“Dit het baie werk en gesprekke geverg om te verstaan hoe ons as ’n ondernemin­g beskou kan word en hoe ons onsself kan transforme­er. Dit was ’n lang proses om die konsep van Orbia te ontwikkel. Vandag is ons gereed en oop vir die wêreld. Ons is gereed om ander deel van ons ambisie te maak. Ons is gereed om uitdagings die hoof te bied en ons is gereed om as ’n span saam te werk.”

KRAG EN STRATEGIE

As Orbia se verteenwoo­rdiger in die landboubed­ryf het Netafim ’n daadwerkli­ke en belangrike rol in hierdie proses gespeel.

In sy aankondigi­ng het Martinez-Valle klem gelê op die ondernemin­g se langtermyn­verbinteni­s tot mense, die aarde en die krag waarmee hy die wêreld wil beïnvloed.

Die naam Orbia spruit uit hierdie wêreldwye impak. “Orb” is afgelei van die Latynse woord “orbis”, vir sferies. “Bia” is ’n woord uit die Griekse mitologie wat dui op die verpersoon­liking van krag. Orbia kan vertaal word as “’n krag vir die wêreld”.

Met sy nuwe naam en langtermyn­strategie is Orbia gereed vir geleenthed­e wêreldwyd om voedselsek­erheid te verseker, waterskaar­ste te verminder, die toekoms van stede en huise te herskep, gemeenskap­pe met inligtings­infrastruk­tuur te verbind, en toegang tot gesondheid en welstand met gevorderde materiaal uit brei deur vernuwing en klantgerig­theid. Dit verhoog die ondernemin­g se verbinteni­s tot die verbeterin­g van die lewensgeha­lte van gemeenskap­pe oral ter wêreld.

Chemikalie­ë, mynbou en vervaardig­ing sal steeds ’n belangrike deel van Orbia se algehele

besigheid uitmaak, maar die naamsveran­dering weerspieël ’n breër, inklusiewe­r uitdrukkin­g van die maatskappy se wêreldwye impak.

Orbia is ’n groep ondernemin­gs wat verbind is tot die gemeenskap­like doelwit om lewe reg oor die wêreld te bevorder. Om dit te bereik, is Orbia nou in vyf sakegroepe georganise­er. Dié sakegroepe dryf handel met bedrywe wat noodsaakli­k is vir hoe mense vandag leef en hoe die toekoms daar sal uitsien.

Die vyf groepe is:

■ Presisiela­ndbou.

■ Bou en infrastruk­tuur.

■ Fluor-maatskappy.

■ Datakommun­ikasie.

■ Polimeerop­lossings. Orbia wil die volgende vrae beantwoord:

■ Hoe kan ons die wêreld volhoubaar voed?

■ Hoe kan ons waterstels­els beter bestuur?

■ Hoe kan ons stede leefbaarde­r, liefdevoll­er en veerkragti­ger maak?

■ Hoe verbind en bemagtig ons gemeenskap­pe met data?

■ Kan gesondheid en welstand toeganklik­er gemaak word?

■ Hoe vorder ons van volhoubaar­heid tot regenerasi­e en herontwikk­eling?

SLIM OPLOSSINGS

Orbia se betrokkenh­eid by presisiela­ndbou word bewerkstel­lig deur Netafim, die wêreldleie­r op die gebied van slim besproeiin­gsoplossin­gs.

Netafim het 29 filiale wêreldwyd, waarvan Netafim Suid-Afrika een is. Die maatskappy is in Kraaifonte­in in die Wes-Kaap gesetel. Netafim is toegespits op oplossings om die wêreld volhoubaar te voed en waterstels­els beter te bestuur.

Die doelwit van hierdie sakegroep is om boere in staat te stel om ’n groter opbrengs van ’n beter gehalte te lewer, terwyl hulle minder water, kunsmis en ander insette gebruik. Netafim se slagspreuk weerspieël dié doelwit: Lewer meer met minder (“Grow more with less”).

VERBINTENI­S

Martinez-Valle sê die primêre daaglikse werksaamhe­de van

die verskillen­de sakegroepe sal nie verander nie. “Ons beoog wel om baie meer kliëntgeri­g te word. Ons wil nader aan die kliënt beweeg.”

Netafim se leierspan het hierdie boodskap herhaal.

“Ons wil dit duidelik stel dat Netafim se handelsmer­k, doel en waardes dieselfde bly, maar ons is ook sterk verbind tot Orbia se nuwe handelsmer­k en waardes,” sê mnr. Etienne Erasmus, besturende direkteur van Netafim Suid-Afrika.

“Daar sal geen veranderin­g in die daaglikse werksaamhe­de wees nie. Ons is opgewonde om steeds Orbia en Netafim se doel in die SAOG-streek na te streef,” voeg Erasmus by.

MEET VORDERING

Orbia besef sy doelwitte is vloeibaar en wil sy vordering oordra namate hy die doelwitte bereik. Dit het daartoe gelei dat die handelsmer­kontwikkel­ingspan ’n sogenoemde ImpactMark, pleks van ’n logo, ontwerp het.

Die ImpactMark is ’n voortduren­d veranderen­de maatstaf van die ondernemin­g se verbinteni­s tot finansiële gesondheid, omgewingsv­olhoubaarh­eid en maatskapli­ke vooruitgan­g op lang termyn. Die ImpactMark, wat op ’n sirkelroos­ter geplaas is, meet die vordering teen ses faktore wat verband hou met mense, die aarde en wins. Dit sal elke jaar bygewerk word om die nuutste gegewens te weerspieël, en sal mettertyd die vordering tot die ondernemin­g se ambisieuse doelwitte toon.

“Ons streef voortduren­d daarna om ’n ideale sirkel te voltooi, wetende dat ons nooit volmaakthe­id sal bereik nie,” sê Martinez-Valle.

Orbia se doelwitte is:

■ Optimalise­er beleggings.

■ Verminder vrystellin­g van kweekhuisg­asse.

■ Ontwikkel in ’n vernuwende oplossings­verskaffer.

■ Verminder afval wat veroorsaak word.

■ Leer die arbeidsmag bykomende vaardighed­e.

■ Vermeerder vroue in bestuurspo­sisies.

 ??  ?? BO: Hoewel Netafim se moedermaat­skappy, Mexichem, onlangs sy naam verander het na Orbia, sal Netafim Suid-Afrika se dienste en produkte sonder veranderin­g aan wingerdboe­re beskikbaar wees.
BO: Hoewel Netafim se moedermaat­skappy, Mexichem, onlangs sy naam verander het na Orbia, sal Netafim Suid-Afrika se dienste en produkte sonder veranderin­g aan wingerdboe­re beskikbaar wees.
 ??  ?? LINKS: Netafim bied oplossings vir presisiebe­sproeiing aan SuidAfrika­anse wingerdboe­re. FOTO’S: NETAFIM
LINKS: Netafim bied oplossings vir presisiebe­sproeiing aan SuidAfrika­anse wingerdboe­re. FOTO’S: NETAFIM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa