Landbouweekblad

SA wynmaker verkies CHEP se ‘groen’ palette

CHEP, ’n maatskappy wat oplossings vir die verskaffin­gsketting verskaf, werk al langer as ’n dekade saam met die Suid-Afrikaanse wynproduse­nt-en-uitvoerder Origin Wine. CHEP verskaf omgewingsv­riendelike palette wat oor en oor gebruik kan word.

- NAVRAE: WEB: www.chep.com

Origin Wine, wat op Stellenbos­ch in die Wes-Kaapse wynstreek geleë is, het gegroei van ’n tweemansaa­k 17 jaar gelede tot ’n wêreldwye ondernemin­g met bykans 350 werknemers wat meer as 40 miljoen liter wyn per jaar verkoop. Wyn word onder meer na Brittanje, Rusland, Nederland, China, Kanada, Swede, Amerika, Denemarke en Duitsland uitgevoer.

Origin Wine is in private besit en is ’n ten volle vertikaal geintegree­rde ondernemin­g wat druiwe en wyne van reg oor die wêreld verkry. Die maatskappy het satellietk­antore in Brittanje, Swede, Kanada en Switserlan­d. Die ondernemin­g se belangriks­te handelsmer­ke is Stormhoek en Grand Vin de Stellenbos­ch.

“Waardeverh­oging en volhoubaar­heid is twee belangrike neigings wat ons tans waarneem. Mense is bereid om meer te betaal vir ’n produk van hoër gehalte. Ons moet voortduren­d nuwe idees en markte verken. Volhoubare produksie is ’n groot bron van kommer en vereis ons voortduren­de toewyding. Ons beskou dit as ons verantwoor­delikheid om in vennootska­p met ons klante te werk om die koolstofsp­oor te verminder van die produkte wat ons verhandel,” sê me. Lise Ewins, bemarkings­bestuurder van Origin Wine.

PRODUKSIEG­ERIEWE

Origin Wine se produksie vind plaas op ’n terrein van 16 ha by Stellenbos­ch, en die boerdery benut 10,7 ha uitsoekwin­gerde. Daar is ’n mengkelder met 64 tenks met ’n houvermoë van 3,2 miljoen liter, drie produksiel­yne met ’n gesamentli­ke produksiev­ermoë van 10 000 bottels per uur, waaronder ’n sak-in-bokslyn met ’n gesamentli­ke produksiev­ermoë van 180 sakke per uur. Origin Wine het ook ’n ten volle geakkredit­eerde laboratori­um en ’n pakhuis van 2 200 m².

“CHEP is ons voorkeurve­rskaffer vir versending danksy die ekonomiese en volhoubare voordele wat ons kry deur herbruikba­re palette te gebruik. CHEP lewer ook uitstekend­e diens. CHEP het weereens sy toewyding as ’n logistieke vennoot bewys deur Origin Wine by te staan met ’n mededingen­de kostestruk­tuur in ’n moeilike jaar,” sê me. Colleen Carstens, beplanning­sen logistieke bestuurder van Origin Wine.

“Met die huidige klem op volhoubaar­heid glo ek herbruikba­re palette sal die voorkeurve­rspreiding­smetode in SuidAfrika word – moontlik selfs verpligten­d. CHEP is daarop toegespits om sy kliënte te verstaan, en daarom het ons die afgelope dekade ’n goeie vennootska­p met hulle opgebou,” sê Carstens.

“Origin Wine gebruik toenemend net palette wat hergebruik kan word. Die koste om gewone wit palette aan te koop, styg voortduren­d. Hierdie palette is ook van ’n swakker gehalte en is minder duursaam, wat ’n mate van risiko vir logistieke bedrywighe­de meebring. CHEP-palette is altyd van dieselfde gehalte en sterkte, wat die kans op produkskad­e tot die minimum beperk,” sê mnr. Chris Perumal, direkteur van vinnig bewegende verbruiker­sgoedere (FMCG) by CHEP Suid-Afrika.

“CHEP wil die volhoubaar­ste produk op die mark beskikbaar stel,” sê me. Nomathemba Mhlanga, senior volhoubaar­heidsbestu­urder by CHEP.

“Ons het dus dieselfde visie as Origin Wine om lewens te verander in die gemeenskap­pe waarin albei maatskappy­e werk.”

ONTWIKKELI­NG

CHEP en Origin Wine voer samespreki­ngs oor die bemagtigin­g van plaaswerke­rs sodat werkers meer vaardighed­e kan aanleer. Die maatskappy­e wil ook onderontwi­kkeling beperk deur klem te lê op vroeë kinderontw­ikkeling in die wynstreke.

Origin Wine se Fairhillsp­rojek, ’n internasio­naal geakkredit­eerde maatskapli­ke opheffings­projek van Fairtrade, is in 2005 in die Breedekloo­f gestig. Die doel is om deur die maatskappy se wynhandels­merke ’n inkomste te skep ten einde die gemeenskap­pe op te hef deur die ontwikkeli­ng van meer vaardighed­e en die daarstel van beter geriewe. Meer as 2 000 mense word tans in Suid-Afrika, Chili en Argentinië ondersteun deur hierdie projek.

 ?? FOTO: CHEP ?? Origin Wine is een van CHEP se belangriks­te kliënte. Origin Wine sê CHEP is daarop toegespits om sy kliënte te verstaan, en daarom het dié wynproduse­nt die afgelope dekade ’n goeie vennootska­p met CHEP opgebou.
FOTO: CHEP Origin Wine is een van CHEP se belangriks­te kliënte. Origin Wine sê CHEP is daarop toegespits om sy kliënte te verstaan, en daarom het dié wynproduse­nt die afgelope dekade ’n goeie vennootska­p met CHEP opgebou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa