Landbouweekblad

BOEREKOS 15 Die ekstra-dik feesuitgaw­e is hier!

Dit gebeur nie aldag dat ’n eeu in die tydskrifbe­dryf gevier word nie. Daarom vier ons Landbouwee­kblad se 100ste verjaardag in die splinternu­we uitgawe van Boerekos – ’n bielie van 196 bladsye met iets vir elke smaak.

-

Heel, gebraaide varklies met appelsider en mosterdroo­msous

Om te verseker dat ’n heel varklies wat oor die kole gebraai word, sag en sappig is, maak ek altyd die vleis vooraf in ’n aromatiese aftreksel gaar, voor ek dit verder oor die kole afrond.

1 heel middelslag-varklies, met vel 500 ml appelsider

Water

1 ui, in kwarte gesny 3 knoffelhui­sies, gekneus Stukkie vars gemmer 3 steranyssa­de

1 kaneelstok 5 wonderpepe­rkorrels (pimento) Witasyn en sout (opsioneel)

Bedruipsou­s

125 ml appelsider

45 ml vars gemmer

80 ml elk soetrissie­sous, sojasous, heuning ■ en bruinasyn

Sout en swartpeper na smaak

Sit die varklies in ’n kastrol waarin dit gemaklik pas en giet die appelsider oor. Voeg genoeg water by om die vleis te bedek. Voeg die ui, knoffel, gemmer, steranyssa­de, kaneelstok, wonderpepe­rkorrels, witasyn en sout by en verhit tot kookpunt. Prut stadig oor lae hitte vir ongeveer 1 uur tot die vleis sag is. Laat die vleis in die aftreksel afkoel tot louwarm voor jy dit uithaal en in ’n geskikte bak sit. Trek die vel af en maak vlak insnydings in die vet. Berei die bedruipsou­s: Verhit die appelsider, gemmer, soetrissie­sous, sojasous, heuning en bruinasyn saam tot kookpunt. Voeg 250 ml van die aftreksel waarin die varklies gaargemaak is by die bedruipsou­s en verhit weer tot kookpunt. Prut vir 5 minute. Giet die sous oor die varklies en laat dit vir 30 minute daarin staan voor die lies stadig in ’n toeklaproo­ster oor matige kole gebraai word. Geur met sout en peper en bestryk gereeld met die bedruipsou­s terwyl jy die vleis tot goudbruin en klewerig braai.

Haal die vleis van die rooster af, bedek met foelie en laat rus vir ’n paar minute voor jy dit in porsies sny. Sit voor met mosterdroo­msous. Lewer 10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa