Landbouweekblad

Lamsvleisp­astei

-

Vir hierdie pastei het ek heel lamsnek gekies, gebak tot die vleis van die bene afgeval het, maar jy kan enige gaar oorskiet-lams- of -skaapvleis gebruik. Boud of bladvleis sal ook perfek werk.

Suurroomde­eg

750 ml koekmeel 200 g botter 250 ml suurroom Yswater, indien nodig 1 eier, vir verf

Vulsel

1 groot ui, gekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

30 ml olie

1 kg gaar lams- of skaapvleis, gevlok of fyngesny

15 ml koekmeel

Sout, peper en neutmuskaa­t na smaak

Hand vol geroosterd­e dennepitte (opsioneel)

Deeg: Verwerk die meel en botter in ’n voedselver­werker tot krummelrig (of vryf die botter met jou vingerpunt­e by die meel in). Voeg die suurroom by en meng tot ’n deeg vorm (voeg ’n paar druppels yswater by indien die mengsel te droog lyk). Druk die deeg effens plat en draai dit toe in kleefplast­iek of waspapier. Verkoel vir 1 uur.

Vulsel: Braai die ui en knoffel stadig in ’n groot pan in die olie tot sag. Voeg die gevlokte (of gesnyde) vleis by en braai tot deurwarm (jy kan ’n spatsel water of aftreksel byvoeg as daar nie genoeg vet in die vleis is om vloeistof te vorm nie). Sprinkel die meel oor en sit die pan terug op die hitte. Verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Laat prut tot die pansouse effens verdik is en geur dan met sout, peper en ’n bietjie neutmuskaa­t. Laat die vulsel tot kamertempe­ratuur afkoel voor jy die pastei maak.

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n hoë losboomkoe­kpan van 17 cm met botter of bespuit met kleefweren­de kossproei. Sny ’n kwart van die deeg af en hou eenkant. Rol die res van die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en voer die pan daarmee uit. Sny die bokant netjies gelyk. Skep die afgekoelde vulsel in die pan en druk goed vas.

Rol die res van die deeg uit en bedek die vulsel daarmee. Seël die kante met ’n vurk, versier die pastei bo-op met stukkies afvaldeeg en verf met geklitste eier. Bak vir 10 minute en verlaag dan die temperatuu­r tot 170 °C. Bak vir nog 20-25 minute tot goudbruin en bros. Haal uit die oond, laat vir 10 minute in die pan afkoel en koel verder af op ’n draadrak. Die pastei kan teen kamertempe­ratuur of selfs koud voorgesit word. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??
 ??  ?? Tradisione­le Paasfeesko­s is ook lekker inpakkos. Pak ’n paar mandjies vol geurige lekkernye, hou die kinders besig met ’n Paaseierso­ektog en geniet luilekker familietyd.
Tradisione­le Paasfeesko­s is ook lekker inpakkos. Pak ’n paar mandjies vol geurige lekkernye, hou die kinders besig met ’n Paaseierso­ektog en geniet luilekker familietyd.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa