Landbouweekblad

Knoffel-en-kruieskaap­boud met bros neutegrati­n

-

Vleis

1 skaapboud van ongeveer 3 kg 8 knoffelhui­sies

Olyfolie

Worcesters­ous

Seesout en varsgemaal­de swartpeper Paar takkies roosmaryn

Bolaag

250 ml vars broodkrumm­els

1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r

30 ml olyfolie

80 ml dennepitte

80 ml pimperneut­e, grofgekap

10 ml fyngekapte, vars salie of tiemie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Voorverhit die oond tot 160 °C. Steek gaatjies oral oor die boud met ’n skerp dunlemmes. Sny elke knoffelhui­sie middeldeur (of selfs kleiner) en steek ’n stukkie knoffel in elke gat. Smeer die skaapboud goed met olyfolie, besprinkel ruimskoots met worcesters­ous, seesout en swartpeper. Sit die boud in ’n baksakkie saam met ’n paar takkies vars roosmaryn en bind deeglik toe. Gebruik ’n sosatiesto­kkie om ’n paar gaatjies in die baksakkie te maak sodat die stoom kan ontsnap. (Die gaatjies moenie so groot of laag wees dat vloeistof kan uitlek nie.) Bak vir 2½-3 uur tot die vleis effens meegee en sag voel wanneer jy met jou vinger op die dikste deel van die boud druk.

Haal die boud uit die oond en laat staan vir minstens 20 minute in die baksakkie. Haal die boud uit die sakkie en sit dit op ’n bakplaat of opdienbord. Giet die pansouse in ’n kastrol en hou eenkant. Verhoog die oondtemper­atuur tot 190 °C.

Meng die bestanddel­e vir die bolaag saam en skep dit oor die boud. Druk dit liggies met jou vingers op die vleis vas. Oondrooste­r die vleis sonder ’n deksel vir ongeveer 20-30 minute tot die krummellaa­g goudbruin en lekker bros is. Haal die vleis uit die oond en laat dit vir ’n paar minute rus. Maak ’n vleissous van die pansouse, ’n bietjie soetwyn en room en sit dit saam met die vleis voor. Lewer 8 porsies.

 ??  ?? Vier die vreugde van die feestyd met ’n lang en luilekker middagete en die mense vir wie jy lief is om jou Kerstafel.
Vier die vreugde van die feestyd met ’n lang en luilekker middagete en die mense vir wie jy lief is om jou Kerstafel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa