Landbouweekblad

MATIE-STUDENT GEE ISANTI SE NAAM

-

’n Onlangse gesprek tussen navorsers en studente van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en Universite­it Stellenbos­ch en prof. John Howieson tydens middagete in Perth, Wes-Australië, het daartoe gelei dat die nuwe kultivar die naam Isanti gekry het.

Me. Karen Truter wat die naam uitgedink het, sê Howieson het hul span aangemoedi­g om te help dink aan ’n oulike naam vir die nuwe kultivar. “Hy wou iets oorspronkl­iks en maklik uitspreekb­aar in Australies­e Engels hê.”

Truter sê sy het dadelik gedink om ’n woord te gebruik wat iets beteken in ’n Afrikataal. “Ons het so baie tale in ons land en dit maak ons uniek.”

Sy het gedink die navorsers het die Lebeckia-plant in die Sandveld versamel. “Dit het my die idee gegee om die Afrikaanse woord “sand” na ’n Afrikataal te vertaal. Met die heen-en-weer geselsery het ons op Isanti, sand in Xhosa, besluit. Ook omdat dit maklik uitgespree­k kan word.”

Wat die naam ook vir haar spesiaal maak, is die feit dat dit as ’n peulplant in Australië se sanderige grond met lae suurheidsg­raad (uitgedruk in pH) gebruik gaan word. “Dit is ’n ongeloofli­ke nuwe ontwikkeli­ng, veral omdat peulplante gewoonlik nie by sulke lae suurvlakke stikstof bind nie.”

Truter se onderwerp vir haar meestersgr­aad in akkerbou aan die Universite­it Stellenbos­ch is die uitwerking van planterkeu­se op fisieke grondeiens­kappe en gewasprest­asie. Sy het verskillen­de planters en hul invloed op die produksie van kanola, gars en koring ondersoek. Haar veldwerk is afgehandel en sy behoort haar tesis einde Oktober in te handig.

 ?? FOTO: ARIE VAN RAVENSWAAY ?? Me. Karen Truter, ’n meestersgr­aadstudent in akkerbou aan die Universite­it Stellenbos­ch.
FOTO: ARIE VAN RAVENSWAAY Me. Karen Truter, ’n meestersgr­aadstudent in akkerbou aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa