Landbouweekblad

Soek en vind geluk

-

Skep jou eie geluk,” sê iemand, maar hy laat na om te sê hoe. Waar begin ’n mens? Is dit iets wat jy kan koop en betaal en dan langdurig of kortstondi­g besit? Is dit volledig ’n eie saak of is dit ’n gedeelde saak? Hoor ek iemand sê: “My geluk of ongeluk is my eie saak en dit het niks met iemand anders te doen nie”? Dit kan tog nie waar wees nie. Die mens is beslis nie bestem om in isolasie te leef nie. Ons leef in ’n verhouding met ander en daarom het my geluk of ongelukbes­lis met die “ander” te make. En andersom het ander se geluk of ongeluk ook met my te make. Mens en medemens hoort bymekaar, soos die son en die lig.

Teen hierdie agtergrond­kennis het ons nou ’n bietjie nader gekom aan die antwoord op die vraag aan die begin: Hoe skep ek my geluk? Waar moet ek begin? Dit wil vir my voorkom of ’n mens by jouself moet begin. Begin met

’n eerlike erkenning en besef dat geluk of ongeluk

’n gemeenskap­like saak is wat ons in ’n spesifieke groep uitdaag om te wen of te verloor. Die verloorder­s gaan tien teen een die opstokers en die brekers word. Omdat hulle self ongelukkig is, skep hulle ’n duiwelse behae daarin om ander ongelukkig te maak.

Saam met hierdie bogenoemde erkenning moet daar ’n verbinteni­s volg om self ’n geluksoeke­r te word. Maak ander mense gelukkig met ’n konstante, optimistie­se lewenstyl. As dit so is dat geluk binne verhouding­s wasdom bereik, sal jy steeds groei in die ervaring van jou eie geluk wanneer jy dit met ander deel. In sy boodskap aan die ouderlinge van Efese sê die apostel Paulus: “Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang” (Hand. 20:35).

Maak ander mense gelukkig met ’n konstante, optimistie­se leefstyl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa