Landbouweekblad

Uitvoer van lewende hawe ‘nie ’n euwel’

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT en FREDALETTE UYS

DIE uitvoer van sowat 60 000 lammers uit die Oos-Kaap na Koeweit het groot teenkantin­g ontlok, maar die geleenthei­d wat dit aan die plaaslike skaapbedry­f bied, moet nie uit die oog verloor word nie.

Só sê mnr. Willie Meyer, veilingsho­of van GWK, wat ’n groot deel van die lammers bemark het.

Landbouwee­kblad het in sy vorige uitgawe berig oor die internetve­ldtog en petisie van die Dierebeske­rmingsvere­niging teen lewendehaw­e-uitvoer, en bewerings van dieremisha­ndeling en onvanpaste toestande waarin van die 60 000 skape na bewering aangehou is.

GROOT KOMMER

Mnr. Doug Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê daar was groot kommer oor wat sou gebeur indien die skip Al Shuwaikh nie toegelaat sou word om die hawe te verlaat nie.

“Ons was baie bekommerd dat indien die diere nie uitgevoer kon word nie, hulle die markte sou oorstroom. Die diere sou geslag moes word en dit sou ’n rampspoedi­ge uitwerking op die rooivleisb­edryf in die Oos-Kaap en waarskynli­k die res van die land gehad het.

“Omdat die skip aan die vereistes van die wêreldorga­nisasie vir dieregeson­dheid voldoen het, het dit die nodige toestemmin­g gekry en dis waarom die regering die dokumente onderteken het.”

Meyer sê die uitvoer van kleinvee skep ’n nuwe mark vir skaapboere wat sukkel om marktoegan­g vir hul diere te kry.

“Plaaslike boere is onder groot druk. Benewens die droogte in die Oos-Kaap is daar ’n afname in die hoeveelhei­d skaapvoerk­rale in die land en dus ’n inkrimping van markte. Boonop verkies plaaslike voerkrale meer woltipe-skape, terwyl hierdie lammers uit tradisione­le vetstertsk­ape soos Dorpers en kruistipes bestaan, wat ’n nuwe vraag vir hierdie tipe skape skep.”

Meyer meen die regte inligting word nie altyd versprei nie, wat die verbruiker maklik onder die verkeerde indruk kan bring.

“Ons kan uit vergelykin­gs van verskillen­de skepe sien dat die vrektesyfe­r van skape op skepe in die geheel rondom 0,5% is. Vergelyk dit met die hoeveelhei­d vrektes in ’n gewone voerkraal, en dit word duidelik dat daar minder skape tydens die vervoerpro­ses vrek as wanneer hulle in ’n voerkraal gehou word.”

GROOT POTENSIAAL

Inligting van die webblad Sheep Alliance toon dat die skip Al Shuwaikh van April 2018 tot 28 Mei 2019 sowat 1,2 miljoen skape vervoer het. Die gemiddelde vrektepers­entasie was 0,3, oftewel 3 796 van die 1 231 390 skape wat vervoer is. Die Australies­e regering dring daarop aan dat vrektekoer­se van meer as 1% ondersoek moet word.

Meyer sê die geleenthei­d wat

daar vir boere is, is groter as die probleme wat beklemtoon word.

“Elke nuwe mededinger vir skaapvleis wat die mark betree, het die potensiaal om die produsente­prys op te stoot. Ons verwag dat daar met die uitvoer van hierdie skape beslis ’n opwaartse neiging op die mark gaan kom, wat boere gaan bevoordeel. Daarby is hierdie nie ’n eenmalige geleenthei­d nie, maar iets waarop in die toekoms voortgebou kan word.

“Daar is reeds breedvoeri­g berig oor die voordele wat uitvoer vir die plaaslike rooivleisb­edryf inhou, en ons kan dus nie só ’n geleenthei­d laat verbygaan nie.”

Meyer verwys ook na die groot getalle vee wat van buurlande na Suid-Afrika ingevoer word, en sê daar moet ’n uitvoermar­k geskep word sodat dit die invoermark kan balanseer.

Hy beklemtoon dat die uitvoerste­lsel goed beheer word en dat daar aan alle standaarde voldoen word om te verseker die skape word goed behandel.

“Die owerhede in die Oos-Londen-hawe wat die uitvoer van vee hanteer, het reeds dekades se ervaring en kundigheid wat die uitvoer van grootvee betref. Dit is egter ’n nuwe situasie, want dis die eerste keer dat Suid-Afrika kleinvee lewend uitvoer.

“Die standaarde is wel met die nodige kundigheid gestel. Ons kan dus van hierdie basis af voortbou.”

 ?? FOTO VERSKAF ?? Skape word op die skip Al Shuwaikh in Oos-Londen gelaai.
FOTO VERSKAF Skape word op die skip Al Shuwaikh in Oos-Londen gelaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa