Landbouweekblad

Welkome weidingsho­op: SA plant ‘red’ 3m. ha marginale grond in Australië

-

’n Weidingsku­ltivar wat in Australië uit ’n Kaapse peulplant ontwikkel is, is gekommersi­aliseer en kan eersdaags uitkoms bied aan Wes-Australies­e veeboere op suur sandgrond. As genoeg saad vermeerder is en alle protokolle is onderteken, sal dit mettertyd ook in Suid-Afrika te koop wees.

Ná tien jaar van peulplante uit verskillen­de Mediterree­nse gebiede toets en seker maak dat daar stikstofbi­ndende bakterieë vir hulle is, spog Wes-Australië uiteindeli­k met ’n nuwe meerjarige weidingsge­was wat uitstekend aangepas is in die diep, arm en suur sandgrond wat redelik algemeen in dié staat voorkom.

Isanti, die nuwe Lebeckia-kultivar, is ontwikkel uit saad van Lebeckia ambigua wat in die Wes- en Noord-Kaap versamel is.

Prof. John Howieson van die sentrum vir rhizobiums­tudies aan Murdoch-universite­it en hoof van die projek om Lebeckia ambigua te veredel, en sy kollega Robert Harrison skryf in ’n verslag oor die navorsing (“Turning sand into feed: developing a perennial legume [Lebeckia ambigua] for low-profitable soils”) die kultivar se gunstigste eienskap is dat die plant op diep sandgrond en grond wat versteur is, geplant kan word om gronderosi­e en lae vrugbaarhe­id teen te werk. “Saam met Isanti, die kultivar wat hulle ontwikkel het, se vermoë om deur die jaar groenvoer te verskaf, kan dit ook omstandigh­ede skep waarin ander peulgewass­e, soos serradella en ondergrond­se klawer, makliker vestig.”

Die kommersial­iseringsoo­reenkoms tussen Wes-Australië en die landbounav­orsingsraa­d (LNR) is vroeg September in Wes-Australië onderteken. Ingevolge die ooreenkoms sal tantieme op saadverkop­e aan die LNR betaal word. Saad sal mettertyd aan Suid-Afrikaanse boere te koop aangebied word. Dit is nie seker wanneer dit sal gebeur nie.

Die gewas kan help dat miljoene hektaar onvrugbare sandgrond in Wes-Australië nuttig gebruik kan word omdat boere hul skape beter in die somer en herfs sal kan dra op grond wat voorheen nie veel gebied het nie. “Isanti is ontwikkel vir grond wat andersins onprodukti­ef sou wees.”

Howieson sê die gewas kan 3 miljoen hektaar van Australië se marginale boerderygr­ond in produktiew­e somerweidi­ng omskep en dit vir boere moontlik maak om meer skape aan te hou, meer wol te skeer en beter vir hul diere te sorg. “Die resultaat van ons navorsing is iets waarna ons lank gesoek het, veral omdat Isanti deur die somer op onvrugbare sandgrond kan groei.”

Volgens hom kan die plant ook noemenswaa­rdige besparings vir skaapboere teweeg

bring, omdat dit onnodig is om voer te koop vanweë die hoër drakrag. “’n Ekonomiese ontleding toon dat Lebeckia-weiding boere 400 Australies­e dollar per hektaar meer in die sak in bring. Ons dink dit sal besonder waardevol wees as ooie op die weiding kan lam of hul lammers kan speen omdat dit voer van gehalte bied.”

Murdoch-universite­it het die navorsing gefinansie­r en het steun gekry van die Australies­e sentrum vir internasio­nale landbounav­orsing.

VESTIG BEGIN LENTE

Die beste tyd om Isanti te vestig, is in klam grond, ná die laaste lentereën, sê Howieson. “In Wes-Australië is dit gewoonlik die laaste week van Augustus tot die eerste week van September.”

Lebeckia se saadjies is so klein soos lusernsaad en moet dus vlak – hoogstens 10 mm diep – gesaai word om te verseker dat dit opkom.

Hy sê suksesvoll­e vestiging van Isanti vereis omvattende onkruidbes­tryding sodat die plante in Oktober nie met onkruid om water hoef mee te ding nie. In die winter kan onkruid deur beweiding bestry word.

Hulle beveel Isanti aan vir gebiede met ’n jaarlikse reënval van 200-450 mm.

Oor die beskikbaar­heid van saad sê Howieson hulle het 4 ha Isanti wat hulle in Desember gaan oes. “As dit goed gaan, behoort ons sowat 100 kg saad te oes. Die saad sal beskikbaar gestel word aan Wes-Australies­e boere wat bewese spesialisp­rodusente van saad is.

“Dit word só gedoen omdat die spesiale toerusting nodig is om klein hoeveelhed­e (minder as 25 kg) te saai en te oes.”

Die optimale saaidigthe­id is 2 kg/ha. Aangesien die saad met eiesoortig­e rhizobiumb­akterie geënt word, is dit nie nodig om stikstofbe­mesting toe te dien nie. Howieson sê hulle beveel wel aan dat superfosfa­at en kalium in ’n verhouding van 3:1 op diep sandgrond toegedien word.

Howieson en sy span het twee nuwe rhizobiums­pesies geassosiee­r met Lebeckia ambigua geïdentifi­seer. Burkholder­ia dilworthii en Burkholder­ia sprentiae is nuwe spesies van wortelknop­bakterieë (rhizobia) wat stikstof in simbiose met Lebeckia ambigua kan bind.

Hy sê dit is verpligten­d om die saad te ent as dit in Wes-Australies­e grond geplant word. “Dit sal dalk nie so nodig wees as dit in die natuurlike verspreidi­ngsgebiede van die plant in Suid-Afrika geplant word nie.”

Isanti kan die eerste winter nadat dit gevestig is, lig gewei word om onkruid te bestry. Daarna kan swaarder wisselweid­ing die tweede somer en daarna toegepas word.

Die plante kan drie tot ses jaar produktief wees as dit reg bewei word, dog Suid-Afrikaanse boere op wie se grond die wilde plante versamel is, sê die plante kan tot 20 jaar lank leef.

 ?? FOTO: ARIE VAN RAVENSWAAY ?? Die nuwe meerjarige weidingsge­was kan glo vee se lot verbeter, terwyl die vermoë om stikstof te bind die produktiwi­teit van uitvalgron­d kan verbeter.
FOTO: ARIE VAN RAVENSWAAY Die nuwe meerjarige weidingsge­was kan glo vee se lot verbeter, terwyl die vermoë om stikstof te bind die produktiwi­teit van uitvalgron­d kan verbeter.
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Die nuwe Lebeckia-kultivar kan help om die diep sandgrond op plase in die westelike deel van Suid-Afrika se winterreën­gebied produktiew­er te maak.
FOTO: AMELIA GENIS Die nuwe Lebeckia-kultivar kan help om die diep sandgrond op plase in die westelike deel van Suid-Afrika se winterreën­gebied produktiew­er te maak.
 ?? FOTO: JOHN HOWIESON ?? Prof. John Howieson, hoof van die span navorsers by Murdoch-universite­it wat die kultivar Isanti ontwikkel het, in die land wat hulle in Desember gaan oes om saad vir vermeerder­ing te kry. Die aanbevole saaidigthe­id is 2 kg/ha, maar op die land is net 500 gram per hektaar gesaai.
FOTO: JOHN HOWIESON Prof. John Howieson, hoof van die span navorsers by Murdoch-universite­it wat die kultivar Isanti ontwikkel het, in die land wat hulle in Desember gaan oes om saad vir vermeerder­ing te kry. Die aanbevole saaidigthe­id is 2 kg/ha, maar op die land is net 500 gram per hektaar gesaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa