Landbouweekblad

Meer wins danksy biologiese balans

Verdubbel jou opbrengs en besnoei jou koste deur die regte grondbestu­ursbeginse­ls na te volg – en raak in die proses boonop minder afhanklik van chemiese middels.

-

Moenie chemiese middels heeltemal saam die biologiese badwater uitgooi nie. Die regte balans tussen die twee in korrekte grondbestu­ur lei tot ’n verdubbeli­ng in opbrengs. Oor die afgelope agt jaar het me. Chloe Clegg, suikerriet- en groenteboe­r van Harding in KwaZulu-Natal, suikerriet-opbrengs op sommige landerye verdubbel. (Sien ook “Só verdubbel jy opbrengs: Erdwurms en waagmoed,” LBW, 16 Augustus 2019.)

Sy skryf hierdie verhoging in opbrengs toe aan die integrasie van biologiese middels met chemiese produkte met die doel om gesonde, voordelige en ten volle selfonderh­oudende ekostelsel­s in haar boerdery te vestig. “Ons kry dit reg om ons gronde en gewasse in te ent met diverse, voordelige mikro-organismes. Hierdie inenting het ’n uitstekend­e voedingswe­rking, maar help ook om plaagen siektebest­ryding in die plant te bevorder.

“Op party landerye het ons opbrengste sedert 2011 meer as verdubbel met die toediening van ’n kombinasie van biologiese en chemiese middels. Ons dien nou minder chemiese middels toe as in 2011 en dus kan die verhoogde opbrengs nie daaraan toegeskryf word nie, maar eerder aan die verhoogde diversitei­t van lewende organismes in die grond en op die plante. Ons sien ’n aansienlik­e verminderi­ng in patogene bakterieë sedert ons die biologiese middels begin toe

dien het,” verduideli­k Clegg.

Hoewel sy nog nie bepaal het watter spesies in haar grond op watter tydstip floreer nie, sien sy genoeg goeie resultate oor ’n lang genoeg tydperk om haar te oortuig van die doeltreffe­ndheid van haar strategie.

Mnr. Mark Stein, ’n graanboer, is die afgelope drie jaar reeds ’n finalis in die Weeg-en-Wen-kompetisie en het die afgelope groeityd slegs een maal teen blaarsiekt­es gespuit – en dit was voorkomend. In teenstelli­ng daarmee moes hy vier tot vyf maal

vir blaarsiekt­es bespuit voor hy voorrang aan sy grondgeson­dheid gegee het.

Mnr. Gary Farr, ’n plantvoedi­ngkonsulta­nt wat Clegg en Stein raad gee, en ’n klankbord vir Clegg is wanneer sy besluite oor biologiese produkte maak, sê hy integreer mikrobes en die biologiese produkte suksesvol, maar dat biologiese produkte nie as ’n towerkuur beskou moet word nie.

“Die moderne landbou is hoofsaakli­k gegrond op chemiese insette, wat ál duurder en problemati­es raak, terwyl die grond nie ’n chemiese stelsel is nie, maar ’n komplekse biologiese stelsel.”

Farr sê in deursnee-grondontle­dings word net na die chemiese samestelli­ng gekyk sonder om die bydrae wat die biologiese komponent lewer, in ag te neem. “Grondorgan­ismes speel ’n sleutelrol in voedingsto­fvrystelli­ng, die onderdrukk­ing van plae, grondstruk­tuur en vogbeskikb­aarheid. Wanneer ons dus dié grondorgan­ismes – die grondbiolo­gie – laat herlewe, skep ons gesonder, produktiew­er omstandigh­ede vir gewasprodu­ksie teen ’n laer koste.”

BOOTS NATUUR NA

“As grondbenut­ters moet ons doel wees om die natuur na te boots, waar lewe sonder chemiese inmenging floreer. Indien ons egter alle chemiese produkte laat vaar, stuur ons af op ’n katastrofe omdat ons daarmee talle spesies wat verskillen­de funksies moet verrig, uitgeroei het. Ons is dus afhanklik van die

chemiese middels, maar dit is moontlik om onsself van daardie afhanklikh­eid te speen.”

Farr verwys na hoe mnr. Alan Savory, die vader van holistiese bestuur, die natuur naboots met ultrahoëdr­ukbeweidin­g en hoe dit natuurlike grasvelde toegelaat het om mettertyd volkome te herleef, terwyl die drakrag twee tot vier maal verdubbel het. “Dit is duidelik dat natuurlike stelsels wel kan herleef en dat ons die natuur kan naboots en van chemiese insette afstand kan doen.”

In gewasprodu­ksie is daar sekere gebruike wat toegepas kan word om hierdie speenprose­s aan die gang te sit wat jou uiteindeli­k die resultate sal gee wat Stein en Clegg in hul boerderye ervaar, waar hulle met minder

besteding aan insette, dieselfde en selfs ’n groter opbrengs in hul boerderye bewerkstel­lig.

■ Skep mikrobe-korale wat met mikorisa-netwerke verbind word. (Sien .)

■ Wend voordelige mikrobes wat stresbesta­nd is aan. Dié mikrobes tree as surrogate op vir die natuurlike, inheemse mikrobes terwyl die herlewings­proses aan die gang is.

■ Gebruik biologiese produkte wat plantgroei­kragtighei­d en -gesondheid bevorder.

■ Bedek die grondopper­vlak met ’n organiese kombers wat sal help om grondlewe, soos erdwurms, in die bogrond te beskerm en organiese inhoud, veral water-oplosbare koolstof, te vermeerder.

■ ’n Multiplant­soortdekge­was sal verder die grondbiolo­gie verbeter en ’n habitat vir voordelige organismes skep, soos sonbesies en parasities­e wespe.

■ Gebruik vee om die grond in te ent met voordelige mikrobes en om die biologiese siklusse in die grond te voltooi. ■ Gebruik heeljaar gepaste rotasies waar dit moontlik is.

MIKROBE-KORAAL

Wanneer mense aan mikrobes en biologiese middels dink, moet hulle aan ’n lewende stelsel dink pleks van produkte deur ’n spuitpomp toe te dien. “Ons kan mikrobes voed en ’n veilige tuiste skep, wat ek ’n mikrobekor­aal noem,” sê Farr.

In so ’n koraal sal veilige gebiede wees waar mikrobes skuiling kan vind teen groter predatore soos protozoa en nematodes. Bio-steenkool, wat mikroskopi­es klein holtes en kanale bevat, is ’n goeie voorbeeld daarvan. “Dit is voordelig om goed verrotte organiese materiaal in dié dele beskikbaar te maak, wat die vermeerder­ing van aangepaste mikrobe in die grond sal aanhelp.”

Hy sê baie mense vra hoekom mikrobes en biologiese middels toegedien moet word indien die grond dit self kan vermeerder. “Hoewel baie navorsing al gedoen is, weet ons nog nie watter spesies koloniseer en vestig selfonderh­oudende bevolkings in watter omstandigh­ede nie. Ons moet dus die organismes toedien wat wel ’n bevestigde rol in die onderskeie funksies speel.

“Ek sien hierdie toediening­s as ‘surrogaat-organismes’. Deur navorsing ken ons die werking van die organismes, maar daar is geen bewyse dat hulle aangepas is om in spesifieke omstandigh­ede te oorleef nie. Deur die mikrobe-koraal skep ons ’n gunstige omgewing vir ’n aangepaste, natuurlike mikrobelew­e om pos te vat om hierdie funksie te verrig. Ons koop dus as ’t ware tyd.”

Farr meen deur die bestryding met biologiese middels hou die boer nie die bose kringloop aan die gang waardeur die habitat vir diverse mikrobelew­e deur volgehoue chemiese toediening vernietig word nie.

Nóg ’n rede hoekom die boer volgehou mikrobes moet toedien, is omdat die mikrobes nie altyd as ’n grondtoedi­ening aangewend word nie, maar eerder as ’n blaartoedi­ening. “Clegg vind onder meer goeie roesonderd­rukking by haar suikerriet deur die wurmtee as blaarvoedi­ng toe te dien. Watter mikro-organismes vir die onderdrukk­ing van die roes verantwoor­delik is en hoe die onderdrukk­ing plaasvind, is nog nie nagevors of bevestig nie.”

VERBETERDE NAVORSING

Navorsing oor en die ontwikkeli­ng van biologiese middels en lewende organismes as insette vir doeltreffe­nder produksie begin egter ál meer momentum kry. Die hoë druk in spuitpompe en UV-gevoelighe­id van biologiese middels bemoeilik dikwels die toediening, sê Farr.

Nuwe tegnologie wat as oplossing vir die probleme ontwikkel is, is mikro-bedekking. Dis ’n metode waartydens swamspore in ’n kleilagie bedek word om hitte, UV-strale en selfs chemikalie­ë te kan weerstaan. “Dit beteken hierdie spore kan saam met chemiese middels, soos kunsmis, bo-op droë grond toegedien word sonder om dit in te werk. In die verlede moes dié spore eers ná sononder toegedien en ingewerk of ingewas word, wat baie boere afgeskrik het weens die tydrowendh­eid en die koste van die toediening.”

Beter gefinansie­rde navorsing bring ook ’n ál groter begrip van die funksional­iteit en oorlewings­vereistes van mikrobes. “So het ons uitgevind sommige mikrobes is endofietie­s en kan help met siektebest­ryding en plantgeson­dheid. ’n Voorbeeld is die Cp3stam van die Methylobac­terium. Dié bakterium help om plante teen swaarmetaa­ltoksisite­it te beskerm.”

Indien ons egter alle chemiese produkte laat vaar, stuur ons af op ’n katastrofe omdat ons daarmee talle spesies wat verskillen­de funksies moet verrig, uitgeroei het.

NAVRAE: Mnr. Gary Farr, e-pos: raspec18@ gmail.com

 ??  ?? Me. Chloe Clegg van Harding in KwaZuluNat­al het binne sewe jaar die opbrengs van haar suikerriet verdubbel deur die gebruik van fosfaat en kompostee. Sy beoog om die ekostelsel­s in haar boerdery in so ’n mate op te bou om uiteindeli­k glad nie meer van chemiese stowwe afhanklik te wees nie.
Me. Chloe Clegg van Harding in KwaZuluNat­al het binne sewe jaar die opbrengs van haar suikerriet verdubbel deur die gebruik van fosfaat en kompostee. Sy beoog om die ekostelsel­s in haar boerdery in so ’n mate op te bou om uiteindeli­k glad nie meer van chemiese stowwe afhanklik te wees nie.
 ??  ?? REGS: Me. Chloe Glegg van Harding in KwaZulu-Natal vervaardig meer as 1 000 ton erdwurmkom­pos elke jaar. ’n Gedeelte van hierdie kompos word gebruik om kompostee te maak en die res word gebruik om die grond te verryk. Die kompostee word as ’n blaarvoedi­ng toegedien op haar suikerriet, groente en vlugtige olies.
REGS: Me. Chloe Glegg van Harding in KwaZulu-Natal vervaardig meer as 1 000 ton erdwurmkom­pos elke jaar. ’n Gedeelte van hierdie kompos word gebruik om kompostee te maak en die res word gebruik om die grond te verryk. Die kompostee word as ’n blaarvoedi­ng toegedien op haar suikerriet, groente en vlugtige olies.
 ??  ?? LINKS: Mnr. Gary Farr is reeds langer as 30 jaar in die grondkunde­bedryf betrokke en kom oorspronkl­ik van Zimbabwe. Hy woon deesdae in Pietermari­tzburg en konsulteer regoor die noorde van Suid-Afrika en in buurlande.
LINKS: Mnr. Gary Farr is reeds langer as 30 jaar in die grondkunde­bedryf betrokke en kom oorspronkl­ik van Zimbabwe. Hy woon deesdae in Pietermari­tzburg en konsulteer regoor die noorde van Suid-Afrika en in buurlande.
 ??  ?? Me. Chloe Clegg van Harding in KwaZulu-Natal vervaardig haar eie kompostee van haar eie erdwurmkom­pos. Sy verryk dit met stikstof en humate en voeg melasse by om die mikrobelew­e in die tee aan te wakker. Clegg het hierdie gekomposte­erde houtsaagse­ls en suikerriet­reste gebruik om haar kompostee van te maak. Sy meen sy sal elke jaar ál minder afhanklik van chemiese stowwe sal raak namate sy die natuurlike ekostelsel in haar grond opbou.
Me. Chloe Clegg van Harding in KwaZulu-Natal vervaardig haar eie kompostee van haar eie erdwurmkom­pos. Sy verryk dit met stikstof en humate en voeg melasse by om die mikrobelew­e in die tee aan te wakker. Clegg het hierdie gekomposte­erde houtsaagse­ls en suikerriet­reste gebruik om haar kompostee van te maak. Sy meen sy sal elke jaar ál minder afhanklik van chemiese stowwe sal raak namate sy die natuurlike ekostelsel in haar grond opbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa