Landbouweekblad

Risikobest­uur vir die nuwe seisoen

Dit is belangrik om die kaf van die koring te skei as jy oor verskansin­g moet besluit. Oorweeg eers dié uiters belangrike faktore voor jy oorhaastig besluit.

- Www.bvg.net

Die afgelope klompie seisoene het die graanmark ongeloofli­k wisselvall­ige tye beleef waartydens die graanpryse wipplank gery het en groot prysbewegi­ngs aan die orde van die dag was. Die wisselvall­igheid in die markprys het uiteraard ’n groot impak op die winsmarges van produsente en verskansin­g het ’n uiters belangrike rol in die winsgewend­heid van graanprodu­sente begin speel.

Graanpryse word deur verskeie faktore beinvloed, party op mikro- en ander op makrovlak. Graanmakel­aars het die verantwoor­delikheid om kliënte na die beste van hul vermoë in te lig oor die impak van die gebeure wat op albei dié vlakke ’n invloed het om die kliënt te help om ingeligte besluite te kan neem na gelang van die beskikbare inligting.

Die eerste stap in graanversk­ansing is natuurlik ’n behoorlike behoeftebe­paling. Dit is ’n broodnodig­e stap om vas te stel of dit winsgewend gaan wees om teen die huidige pryse te plant en ook wát om te plant. Dit is redelik sinloos om iets te verskans as die gelykspeel­waarde vir die kommoditei­t nie bekend is nie.

RAAIWERK UITGESKAKE­L

Verskansin­gstrategie­ë moet deurlopend aangepas word om in te pas by die gebeure van die seisoen. BVG Commoditie­s het ’n aanlyn sagtewarep­akket ontwikkel wat die proses vergemakli­k deur voorsienin­g te maak vir die bepaling van die gelykspeel­punt van elke gewas. Dit gee ook die kliënt die kans om sy verskansin­gsplan risikovry te toets.

Die pakket maak ook voorsienin­g vir vooruitkon­trakte, met premies en vervoerdif­ferensiale. Dit haal baie van die raaiwerk uit oor die impak van ’n voorgestel­de verskansin­gstrategie op die kliënt se risikoprof­iel en die boer se winsgewend­heid.

Namate die seisoen vorder, kan die kliënt ook die opbrengswa­ardes aanpas om tred te hou met die impak van die weer op sy oes. Die sagteware maak ook besluitnem­ing deursigtig indien daar verskeie besluitnem­ers is wat die strategie moet aanvaar.

INVLOED VAN DIE WISSELKOER­S

Makelaarfi­rmas is verantwoor­delik om hul handelaars en kliënte toe te rus met die beste besluitnem­ingsonders­teuningste­lsels en toepaslike inligting. Die grootste makro-aanspoorde­r van graanpryse is beslis die impak van die klimaat op die grootte van die Suid-Afrikaanse oes. Dit beïnvloed die aanbod-en-aanvraagve­rhouding, een van die groot prysaanspo­orders.

Die naasgroots­te aanspoorde­r van graanpryse op die JSE is natuurlik die wisselkoer­s. Een van die redes hoekom die wisselkoer­s die graanpryse beïnvloed, is die invloed op die invoer- en uitvoerpry­s van graan.

Indien die rand verswak, word dit duurder om graan in te voer en dus styg die prys van graan. Internasio­nale graanpryse, veral die Chicago Mercentile Exchange (CME), word gebruik as maatstaf vir die verhandeli­ng van graan. Dit beteken dat iets wat op ’n ander vasteland gebeur, die plaaslike pryse erg kan beïnvloed.

’n Voorbeeld daarvan is wanneer Amerika ’n groot oes het en baie graan op die uitvoermar­k moet stort, wat dan die internasio­nale graanpryse nadelig beïnvloed.

Dié faktore dwing produsente en verbruiker­s om deurlopend hul vinger op die pols te hou van wêreldgebe­ure, want dinge kan vinnig verander en ’n groot impak op die verskansin­gstrategie hê.

LEES, LEES EN LEES

Ons is vandag bevoorreg om die wêreld binne bereik te hê met die internet wat ons intyds inligting van reg oor die wêreld bied, maar dit kan ook soms oorweldige­nd raak met die ooraanbod van inligting en data.

Alle inligting is ook nie noodwendig betroubaar of bruikbaar nie. Die aanhoudend­e soeke na inligting kan baie ure uit ’n mens se dag in beslag neem. Dit is dus sinvol om ’n goeie verhouding met jou makelaar te hê en waardevoll­e inligting van jou makelaar te ontvang op grond waarvan julle saam besluite kan neem.

STEUNSTELS­ELS VIR BESLUITNEM­ING

Stelsels word deesdae ál meer ontwikkel om inligting wetenskapl­ik te verifieer en menings of inkonsekwe­nte inligting te probeer uitskakel. Inligting spoor prysbewegi­ng aan en korttermyn­wisselvall­igheid van die prys word baie aangedryf deur die onsekerhei­d oor die inligting wat beskikbaar is.

Menings oor sake wat die prys kan beïnvloed, moet natuurlik ook gelees word in die konteks van die skrywer se finansiële betrokkenh­eid by die mark, want hulle sal selde iets kwytraak wat nie met hul mark

posisie strook nie.

Gedurende kritieke tye in die groeityd word gereeld stories vertel van die toestand van graan in Suid-Afrika, maar die omvang daarvan word soms heeltemal uit verband geruk en die implikasie daarvan is natuurlik onnodige wisselvall­igheid in die prys.

BVG het besluit om eerder ’n meer gematigde en wetenskapl­ike benadering te volg deur weerstasie­s op strategies­e plekke in die somergraan­gebied op te rig om die weersituas­ie intyds te kan monitor.

Om die weer te monitor en verslag te lewer is maar net een deel van die diens, maar nie die einddoel nie. Weerinligt­ing kan sekerlik op baie plekke gekry word; wat uiteindeli­k daarmee gedoen word, kan vinnig die weerdata in uiters waardevoll­e inligting omskep.

Suid-Afrika het ’n baie wye planttyd vir somergewas­se as gevolg van die wisselende klimaat tussen die ooste en die weste van die somergraan­gebied. Dit het verskeie gevolge vir die risikotydp­erke vir graan gedurende die seisoen: Wat ’n krisistydp­erk vir die ooste is, is glad nie ’n krisis vir die weste nie, en dit kan vinnig wanindrukk­e op die mark wek.

Gelukkig leef ons in ’n tyd waar daar voldoende stelsels en inligting beskikbaar is om elke distrik se graanontwi­kkelingsfa­ses te kan naboots en ook die opbrengsri­siko na te boots.

Die resultate kan dan vinnig aan die mark bekend gemaak word en dit haal gou die angel uit baie stories deur dit bloot behoorlik in konteks te plaas.

MARGEBESTU­UR

Verskansin­gstrategie­ë moet deurlopend hersien word om aan te pas by die veranderen­de omstandigh­ede deur die seisoen. Die een deel van verskansin­g wat ’n groot invloed het op die strukture of strategieë wat gebruik word, is natuurlik die marges.

Vir diegene wat nie vertroud is met verhandeli­ng nie: Marges is die geld wat benodig word om ’n daadwerkli­ke posisie op die JSE in te neem. Die koste daarvan wissel deur die seisoen.

Ná elke dag se verhandeli­ng word die wins of verlies van die dag by die marge getel en die kliënt moet verseker dat die totale marge binne 24 uur aangevul word indien daar verliese is. Dit is die handelaar se verantwoor­delikheid om die marge-implikasie­s van die gekose verskansin­gstrategie aan die kliënt te verduideli­k sodat genoeg vir die seisoen begroot kan word.

Sekere strukture of strategieë kan baie groot kontantvlo­eiimplikas­ies hê, wat, indien dit nie verantwoor­delik bestuur word nie, tot groot verliese kan lei. Die hoofdoel van verskansin­g bly steeds nie een van spekulasie nie, maar ’n goed beplande besluit om die prys van die fisieke graan wat ná oestyd verkoop moet word, te verseker op die mees kostedoelt­reffende manier wat strook met die kliënt se behoeftes en begroting.

BVG se aanlyn stelsel asook die selfoontoe­passing hou kliënte intyds op hoogte van hul posisies om te verseker dat hulle vinnig en intyds besluite kan maak.

INGELIGTE BESLUITNEM­ING

Verskansin­g het ’n integrale deel geword van die graanbedry­f in Suid-Afrika en ná meer as 20 jaar se verhandeli­ng het die bedryf nou ’n vlak van volwassenh­eid bereik waarin die JSE nie meer gesien word as ’n vreemde en onbekende wêreld nie, en kliënte ál gemakliker raak om middele te gebruik wat geskep is om hulle te help.

Boere is ook deesdae goed ingelig oor afgeleide instrument­e en die gebruik daarvan, en dit is ’n gesonde teken van ’n volwasse mark.

Dit bly altyd van die uiterste belang om die beskikbare finansiële instrument­e slegs te gebruik ná konsultasi­e met en in oorlegpleg­ing met ’n geregistre­erde handelaar.

Mnr. Hans Smit is ’n risiko-ontleder by BVG Commoditie­s. Besoek

vir nog inligting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa