Landbouweekblad

Boeke: In Japan, ja!

-

Die reisskrywe­r Erns Grundling se boek Sushi en Shosholoza het kort voor die begin van die Wêreldbeke­r-rugbytoern­ooi verskyn. Dis soos ’n gids tot Japan vir Suid-Afrikaners wat tans daar toer om die Bokke te ondersteun of vir diegene wat nuuskierig is oor dié besondere land.

VERTEL ’N BIETJIE VAN DIE RUGBYKULTU­UR IN JAPAN?

Die Japannese is nie rugbymal soos ons dit ken nie. Sumo is die nasionale sport en bofbal en sokker is gewilder as rugby. Maar rugby het ’n lang geskiedeni­s in Japan: Die eerste wedstryd is so ver terug as 1866 in Yokohama gespeel. Japan het sover in ál die Wêreldbeke­r-rugbytoern­ooie gespeel en sy bekende oorwinning oor die Springbokk­e in 2015 het miljoene Japannese vir die eerste keer van rugby laat kennis neem. Ek skryf in Sushi en Shosholoza veral oor rugbyreise in Japan.

WAAROM, DINK JY, WAS JAPAN ’N GOEIE KEUSE AS GASHEERLAN­D VIR DIE WÊRELDBEKE­RTOERNOOI?

Dit is goed en noodsaakli­k vir die ontwikkeli­ng van rugby dat die toernooi vir die eerste keer in Asië plaasvind. Iets wat ek so dikwels hoor wanneer ek met buitelande­rs – veral Suid-Afrikaners – in Japan praat, is die frase “alles werk”. Dit voel werklik so. Japan se infrastruk­tuur en veral openbare vervoer is wêreldklas en buitengewo­on stiptelik, wat dit baie maklik maak vir ondersteun­ers om na die stadion en tussen die onderskeie stede te reis. Japan is ook ’n baie veilige land. Jy kan in die nag op straat rondstap sonder om een keer oor jou skouer te kyk. En as jy jou slimfoon, beursie of enigiets anders op ’n trein of bus vergeet, is jy byna gewaarborg om dit terug te kry.

WAT HET JOU DIE MEESTE VERRAS VAN DIE LAND EN SY MENSE?

Japan het byna 127 miljoen inwoners, maar twee derdes van die land se oppervlak te is woud- en bergagtig. Dit verras my keer op keer hoe ordelik, stiptelik en netjies die Japannese is, en hul respek en hoflikheid, ook teenoor toeriste. Dit is wel ’n baie geslote kultuur. Ek dink ’n Westerling sal hier altyd soos ’n buitestaan­der voel, maar ek vind die Japannese in die algemeen baie vriendelik en behulpsaam. En ook geduldig wanneer ek etiketreël­s oortree.

VRYF DIE JAPANNESE STEEDS DÁÁRDIE BRIGHTON-WEDSTRYD ONDER SUIDAFRIKA­NERS SE NEUSE?

Ek dink die Japannese is heeltemal te hoflik om enigiets onder iemand se neuse te vryf! Maar ja, wanneer hulle hoor jy is van Suid-Afrika, word daardie wedstryd dikwels bespreek, met ’n verbaasde laggie, asof hulle steeds nie kan glo dit het gebeur nie. Maar nouda tJ apan teen Ierland gewen het in ’n onlangse groepwedst­ryd is dit dalk ’n ander span met groen truie se beurt om te bloos!

WAT SAL JY VIR SUID-AFRIKANERS WAT JAPAN BESOEK, AANBEVEEL OM TE DOEN OF TE SIEN, BUITEN NATUURLIK OM DIE BOKKE TE ONDERSTEUN?

Daar is só baie om in Japan te beleef. As jy hou van adrenalien-aktiwiteit­e, kan ek die Fuji-Q Highland-pretpark by Fujiyoshid­a se rollercoas­ters aanbeveel – op ’n mooi dag sien jy selfs berg Fuji terwyl jy deur die lug tuimel. As jy hou van stap, is die Nakasendo-pelgrimsto­g tussen Kyoto en Tokio ’n wonderlike uitstappie en ’n geleenthei­d om twee tot drie dae in die natuur deur te bring. En as jy al die pad na Japan reis, moet jy eenvoudig stede soos Osaka, Kioto en Hirosjima besoek!

WIE SAL JY GRAAG IN DIE EINDSTRYD WIL SIEN SPEEL?

Die grootste tweestryd in wêreldrugb­y is sonder twyfel die Springbokk­e teen die All Blacks.

 ??  ??
 ??  ?? O: Erns Grundling tydens sy rste besoek aan Japan, waardens hy stories versamel het r sy boek en ’n TV-reeks.
INKS: Die omslag van Sushi n Shosholoza.
O: Erns Grundling tydens sy rste besoek aan Japan, waardens hy stories versamel het r sy boek en ’n TV-reeks. INKS: Die omslag van Sushi n Shosholoza.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa