Landbouweekblad

Wolboer toets self naspeurbaa­rheid van wolketting

’n Skaapboer van Philipstow­n dra nou ’n pak klere van sy eie skape se wol danksy ’n naspeurbaa­rheidsproj­ek saam met ’n Italiaanse klereverva­ardiger.

-

Boere se pad met hul wol hoef nie noodwendig op die plaas te eindig wanneer die skaap klaar geskeer is nie. Dís die les wat mnr. Diederik Vermeulen van die plaas Vrede by Philipstow­n geleer het nadat hy ’n pak klere gekry het wat gemaak is van Vrede se eie wol.

“Ons kan verder gaan.”

Boere moet rondkyk en navors hoe hulle verder af in die waardekett­ing betrokke kan raak, sê hy.

Vermeulen, wat die pak die eerste keer tydens BKB se eeufeesvie­ringe in Port Elizabeth gedra het, sê: “In die wynbedryf word die plaas se storie agterop die wynbottel vertel. Nou kan ons in die wolbedryf ook so ’n storie van die plaas vertel, aangesien die wol tot op jou plaas nagespeur kan word.”

Die wol het ’n wye draai gegooi sedert dit in Suid-Afrika geskeer is – eers tot in Egipte, toe na Italië en nou weer terug op Vrede.

Die plan het ontstaan toe Marzotto, ’n Italiaanse tekstielve­rvaardiger, tydens die Internasio­nale Woltekstie­lorganisas­ie (IWTO) se rondetafel­gesprek laat blyk het dat hy ’n projek oor naspeurbaa­rheid wil voltooi. Die doel was ’n uitstallin­g om die reis van wol aan afgevaardi­gdes van die IWTO-jaarkongre­s vanjaar in Venesië, Italië, te demonstree­r. Vermeulen het die rondetafel­gesprek bygewoon, waar hy onder meer mnr. Peter Carey, handelsbes­tuurder van Lempriere, en mnr. Peter Ackroyd, voorsitter van die IWTO, ontmoet het.

Ackroyd het gesê dis maar die tweede naspeurbaa­rheidsproj­ek waarby hy betrokke is. Die ander een was in Australië.

SÓ LOOP DIE WOL

Die wol se paadjie het op Vrede begin, waar die skape geskeer is voor BKB dit verder hanteer het en die wol na Port Elizabeth vervoer is. Lempriere het dit op die Cape Wools-veiling se ope mark vir Marzotto aangekoop, waarna dit na Egipte gestuur is om gewas te word. Daarna is dit na Marzotto in Italië, wat uiteindeli­k materiaal daarvan gemaak het.

Vermeulen is oor elke stap van die wol se vordering ingelig. Carey het Vrede besoek en foto’s geneem van die skape en skeerskuur sodat die storie oor die wol se oorsprong uiteindeli­k saam met die kledingstu­k vertel kan word.

Lempriere het van die toetsmonst­er van die wol uitgehou, en ’n buis van die gekamde en gewasde wol uit Egipte is saam met die lap by Marzotto uitgestal om die vordering van die wol deur die waardekett­ing uit te beeld by die uitstallin­g in Venesië. Daar is ook 4 m van die materiaal aan Vermeulen oorhandig.

Mnr. Wolf Edmayr, nuwe voorsitter van die IWTO, het gereël dat die kleremaker­s House of Monatic vir hom ’n pak maak. House of Monatic is ’n Suid-Afrikaanse klereverva­ardiger en het onder meer pres. Cyril Ramaphosa se pak vir sy eerste staatrede gemaak, waartydens hy Suid-Afrikaners aangemoedi­g het om plaaslik vervaardig­de klere te koop.

Volgens Vermeulen was Marzotto só beïndruk met die 21,5 mikron-wol wat hy geskeer het, dat hy ook sy tweede lot wol gekoop het.

Vermeulen sê hy het nou ’n meer persoonlik­e verhouding met die tekstielve­rvaardiger omdat die wolkoper sy skeerhok besoek het. Hy kan hom vooraf kontak oor wanneer hy skeer en hoe die skape gelyk het.

“Dit is ongeloofli­k om so iets te doen, veral met so ’n groot maatskappy. Ek weet ek is ’n klein produsent, maar ek kan nou uiteindeli­k my eie produk as ’n pak dra.”

‘In die wynbedryf word die plaas se storie agterop die wynbottel vertel. Nou kan ons in die wolbedryf ook so ’n storie van die plaas vertel, aangesien die wol tot op jou plaas nagespeur kan word.’

 ??  ?? Mnre. Diederik Vermeulen (regs) in sy pak, saam met Wolf Edmayr, uitvoerend­e direkteur van BKB en nuwe voorsitter van die IWTO, en me. Dalena White, sekretaris-generaal van die IWTO.
Mnre. Diederik Vermeulen (regs) in sy pak, saam met Wolf Edmayr, uitvoerend­e direkteur van BKB en nuwe voorsitter van die IWTO, en me. Dalena White, sekretaris-generaal van die IWTO.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa