Landbouweekblad

Gholf: Troosprys as jy nie op die baan kan kom nie

Gholf het hierlangs al voor die Anglo-Boereoorlo­g begin en daarna soos ’n veldbrand versprei. ’n Nuwe boek kyk na die interessan­te geskiedeni­s van die spel in Suid-Afrika.

-

Die gholf-historikus en versamelaa­r Peter Sauerman se nuutse boek, The History of Golf in South Africa, kos wel dieselfde as ’n rondte op ’n top-baan, maar dit verskaf ewe veel plesier. Die boek se 300 bladsye is propvol inligting en bekoorlike foto’s wat dateer van die 1890’s toe die spel hierlangs begin vlamvat het. Dis ideaal vir reëndae wanneer jy nie op die baan kan uitkom nie, maar na die spel hunker.

Die boek vertel merkwaardi­ge verhale, soos dié van Bobby Locke se Amerikaans­e seges en Sewsunker Papwa Sewgolum, die briljante Indiese beroepspel­er van Durban met sy onderstebo greep.

Locke is ná sy verstommen­de vertonings in Amerika op omstrede wyse verbied om verder daar te speel. Hy het van 1947 tot 1949 net te gereeld met Amerika se top-spelers afgereken en te veel geld gewen. Van die 49 toernooie wat hy destyds in Amerika gespeel het, het hy 13 gewen, 10 keer tweede gekom en 7 keer was hy derde. Só iets het nooit weer gebeur nie.

Sewgolum het goed gevaar in Europa, maar was veral in die Suid-Afrikaanse reeks dikwels onder die voorlopers. In 1963 het hy die eerste speler van kleur geword wat ’n toernooi (die Natal Ope) in Suid-Afrika kon wen. Maar hy moes die trofee en tjek buite in die reën ontvang omdat hy nie in die klubhuis (of op die stoep) toegelaat was nie.

ROWWE BEGIN

Die eerste verwysing na gholf was in die 1870’s toe ’n klompie manne ’n klub by Kroonstad wou stig. Hierdie eerste bane, selfs in die Kaap, was net stukke openbare grond, dikwels gedeel met rugbyspele­rs, perderuite­rs en ander verbruiker­s. Dit was vol hinderniss­e – van klippe en rommel tot waterpoele. Jy moes die bal speel waar dit lê of ’n strafhou neem – iets wat selfs op die “skoonvelde” nodig was.

Setperke het uit losgemaakt­e grond of sand bestaan. Geen wonder dat ’n voorgee van selfs 60 tot 1887 toegelaat is nie. Op een van Durban se eerste bane was die kroegman selfs daarvoor verantwoor­delik om spelers te help om die baie bosluise van hulle af te trek!

Die eerste SA kampioensk­ap is in 1892 op Kimberley gespeel toe Denholm Walker die baanrekord van 100 met ’n 92 gebreek het. Daarna het Douglas Proudfoot, ’n wolkoper van Graaff-Reinet, agt keer agtermekaa­r gewen.

Dit was nog met die ou Gutty-bal, wat vroeg in die 1900’s met ’n nuut-gepatentee­rde Haskell-bal vervang is. Lang slaners kon selfs 250 m daarmee haal. Teen 1913 het van die groter klubs al gespog met grassetper­ke en bowwe, gesny met Ransomes-snyers.

*Bestel The History of Golf in SA by Select Books teen R600, posgeld uitgesluit. Adres: Langstraat 232, Kaapstad 8000; e-pos: shop@ selectbook­s.co.za of 021 424 6955.

Op een van Durban se eerste bane was die kroegman selfs daarvoor verantwoor­delik om spelers te help om die baie bosluise van hulle af te trek!

 ??  ?? Die boek kos ’n paar rand, maar dit gaan ure se gholfplesi­er verskaf.
Die boek kos ’n paar rand, maar dit gaan ure se gholfplesi­er verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa