Landbouweekblad

TEGNOLOGIE

Die landboubed­ryf bevind homself midde-in ’n omwentelin­g waarin snel veranderen­de tegnologie ’n al hoe groter rol speel om boere produktiew­er te maak, produksiek­oste te verminder, tyd te bespaar en winsmarges te vergroot.

-

Die landbou is midde-in ’n nuwe omwentelin­g waarin snelverand­erende tegnologie ’n ál groter rol speel in produktiwi­teit en wins. Die gouepryswe­nner op die pas afgelope Agritechni­ca, John Deere se outonome trekker-konsep, is ten volle elektries en kan tot 500 kW lewer.

Benewens die tegnologie­se vooruitgan­g op die pas afgelope Agritechni­ca naby Hanover in Duitsland, val die kollig al hoe meer op omgewingsv­riendelike landboupra­ktyke en -tegnologie­ë om in die verbruiker se groeiende eise vir eties geprodusee­rde produkte te voorsien.

Sowat 3 000 uitstaller­s en rondom 450 000 besoekers het vanjaar gestroom om die 291 inskrywing­s te bekyk wat vanjaar vir die Agritechni­ca-innovasiep­rys ingeskryf is. Uiteindeli­k is 39 silwer en slegs een goue medalje oorhandig, wat die pas waarteen tegnologie in die landbou verander, onderstree­p.

“Die landbou staar die probleem in die gesig dat dit in die toekoms veel meer voedsel op ’n veel kleiner oppervlak op ’n etiese en omgewingsv­riendelike wyse sal moet produseer,” het mnr. Hubertus Mühlhäuser, hoofbestuu­rder van die megalandbo­umaatskapp­y CNH Industrial, gesê.

Mühlhäuser het gesê die enigste oplossing tot dié probleem is om beter en meer gesofistik­eerde tegnologie, spesifiek ten opsigte van saad en meganisasi­e, te ontwikkel en aan te wend. “Tans is daar drie hoofneigin­gs in die landbou. Eerstens is daar die strewe na groter digitalise­ring en beter skakeling tussen masjiene op plase. ’n Groot hoeveelhei­d inligting word daagliks versamel en die knelpunt is om dié inligting sinvol aan te wend om die boer uiteindeli­k te help om die regte besluite op die regte tyd en die regte plek te neem en sodoende doeltreffe­nder te wees.

“Tweedens sien ons ’n groeiende neiging na outomatise­ring waar minder mense nodig gaan wees omdat masjiene die werk kan verrig. Die landboumas­jinerie van die toekoms gaan veel anders lyk as dit waaraan ons gewoond is.

“Laastens word daar na al hoe meer alternatie­we vir dieselenji­ns gekyk. Elektrifis­ering, soos dié waarmee John Deere en Joskin vanjaar ’n goue medalje tydens Agritechni­ca verower het, gaan ’n groter rol begin speel om trekkers en werktuie doeltreffe­nder te maak, terwyl daar ook na alternatie­we brandstofb­ronne, soos metaangas en waterstofs­elle, gekyk word.”

Wat Mühlhäuser se laaste punt veral insiggewen­d maak, is die feit dat CNH Industrial onder meer die enjinverva­ardiger FPT Industrial besit en jaarliks sowat 750 000 dieselenji­ns verkoop.

“Die handel in dieselenji­naandrywin­g sal moet verander. Alternatie­we moet gevind word. Die landbou het nou die geleenthei­d om homself te herposisio­neer as ’n koolstofve­rwyderende bedryf. Dit het byvoorbeel­d die potensiaal om biomassa te neem, dit in metaan om te skakel en dit uiteindeli­k in trekkers te gebruik. Ons moet die groter oplossings beklemtoon,” het Mühlhäuser gesê.

ALTERNATIE­WE BRANDSTOF SLEEP DIE WA DEUR DIE DRIF

Die soeke na alternatie­we brandstof om die dieselenji­n te vervang, het ook na sukses vir New Holland gelei. Die vervaardig­er se T6 Methane Power-trekker, die wêreld se eerste produksie-metaantrek­ker, is as die Volhoubare Trekker van die Jaar 2020 aangewys.

Die T6 Methane Power is die hoogtepunt van New Holland se baanbreker­swerk op die gebied van alternatie­we brandstof deur die maatskappy se Clean Energy Leader-strategie en gee ’n aansienlik­e tree in die rigting van ’n landboubed­ryf wat koolstof verwyder, pleks daarvan om dit toe te voeg. Die T6 sal in 2020 te koop aangebied word en bied ekonomiese

en praktiese voordele, waarop daar verbeter word wanneer biometaang­as gebruik word.

“Boere sal byvoorbeel­d gewasse kan aanplant, dit inkuil en die kuilvoer dan in ’n bioverteer­der plaas om die biomassa in metaan om te skakel.

“Sodoende plant jy in die toekoms jou eie brandstof,” het Mühlhäuser gesê.

Die T6 Methane Power bied tot 30% laer werkskoste en in die veld het hy reeds bewys dat hy 99% minder partikel-materiaal as dieselfde soort dieselenji­n vrystel.

Boonop is die trekker se vrystellin­g van CO2 met ’n minimum van 10% minder as ’n dieselenji­n en totale vrystellin­gs is 80% laer as dié van ’n soortgelyk­e dieselenji­n.

Die trekker speel ’n sleutelrol in New Holland se energie-onafhankli­ke plaaskonse­p, waar gewasse gebruik word om energie op te wek, wat weer op sy beurt gebruik word om gewasse aan te plant vir ’n CO2-neutrale siklus.

GROEN TOEKOMS

Nog ’n groot trekpleist­er was John Deere se nuwe Future Technology Zone. Nege verskillen­de produkontw­ikkelings in elektrifis­ering, outonomie deur outomasie en kunsmatige intelligen­sie, het gewys hoe die landbou volhoubaar­der en produktiew­er in die toekoms kan wees.

Die maatskappy het ook, met die samewerkin­g van die Belgiese misstrooie­rmaatskapp­y Joskin, ’n goue medalje ontvang vir die wêreld se eerste deurlopend-veranderli­ke ratkas met elektromeg­aniese kragverdel­ing, waaronder die verskaffin­g van elektrisit­eit aan die elektriese komponent van ’n werktuig. Dit is ’n splinternu­we konsep en behoort die manier waarop werktuie se elektrisit­eit verskaf word, heeltemal te verander.

Vir die nuwe eAutoPowr het John Deere die hidroulies­e stelsel in sy geheel met ’n elektriese ontwerp vervang.

Die twee borsellose elektriese motors is so te sê verslyting­sweerstand­ig, terwyl die aandrywing­stelsel gebou is om jare se gebruik te bied.

Die ratkas verbeter onder meer die bestaande reeks 8R-trekkers van John Deere se brandstofv­erbruik en bied ’n fyner snelheidbe­heer en beter versnellin­g.

Vir aangedrewe werktuie en sleepwaens kan die eAutoPowr tot 100 kW elektrisit­eit verskaf. eAutoPowr is dus die eerste ratkas wat ’n koste-sensitiewe en doeltreffe­nde elektrifis­eringsoplo­ssing vir intelligen­te trekkerwer­ktuig-kombinasie­s bied.

Die trekker-en-tenkerkomb­inasie vir vloeibare, organiese materiaal se 25,5 m3 tenker is toegerus met twee dryfasse wat deur ’n elektriese motor van 100 kW aangedryf word.

Die dryfas verminder wielglip aansienlik. Die bykomende aandrywing kan ook vir ander werktuie en sleepwaens gebruik word.

Dietegnolo­gielaatbyv­oorbeeldkl­einer

en ligter trekkers toe om wyer werktuie te sleep. Dit verhoog produktiwi­teit, terwyl die aanvanklik­e kapitaalko­ste ook verminder word.

Een van die grootste trekpleist­ers is die John Deere se outonome trekker-konsep, wat bestaan uit ’n kompakte elektriese aandrywing­seenheid met ’n geïntegree­rde haak.

Dié trekker het ’n kragleweri­ng van 500 kW en kan met wiele of rusperband­e toegerus word. ’n Dinamiese gewigsvers­preiding vanaf 5-15 ton, na gelang van die toepassing waarvoor die trekker ingespan word, kan help om grondverdi­gting te verminder.

Danksy die trekker se elektriese aandrywing is daar ook geen emissies nie en geraasvlak­ke is uiters laag.

Boonop meen John Deere dat die trekker se onderhouds­koste ook baie laag sal wees.

DIE ROOI TREKKER SONDER BESTUURDER

Hoewel die Case IH Autonomous Concept Vehicle reeds in 2016 bekend gestel is, bly dié eiesoortig­e trekker besoekers na die groot rooi stalletjie van Case IH lok.

Die trekker is deur Case IH en CNH Industrial se Innovation Group ontwerp, gegrond op ’n bestaande Magnum-trekker in die Case

IH-stal met ’n aangepaste stilering.

Sy werkende interaksie laat die operateur toe om ’n aantal vooraf geprogramm­eerde aksies uit te voer. Die trekker se aanboordst­elsel maak outomaties voorsienin­g vir werktuigwy­dtes en kies die doeltreffe­ndste paaie, na gelang van hinderniss­e, terrein en ander masjinerie wat moontlik in dieselfde land werksaam kan wees. Die operateur monitor dan die werking van die trekker en kan sy aksies aanpas op ’n rekenaar in sy kantoor of vanaf ’n tablet langs die land.

Gerrit Bezuidenho­ut se besoek aan Hanover is moontlik gemaak deur die Duitse landbouver­eniging DLG.

 ?? FOTO: VERSKAF ??
FOTO: VERSKAF
 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? John Deere se outonome trekkerkon­sep is ten volle elektries en het ’n kragleweri­ng van tot 500 kW. Die enkelas-trekker kan met gewone bande of met rusperband­e toegerus word om kompaksie te verminder.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT John Deere se outonome trekkerkon­sep is ten volle elektries en het ’n kragleweri­ng van tot 500 kW. Die enkelas-trekker kan met gewone bande of met rusperband­e toegerus word om kompaksie te verminder.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die John Deere-Joskin-kombinasie wat tot die wêreld se eerste deurlopend-veranderli­ke ratkas met elektro-meganiese kragverdel­ing gelei het, het ook vir hierdie maatskappy­e die enigste goue medalje losgeslaan wat op Agritechni­ca 2019 oorhandig is.
FOTO: VERSKAF Die John Deere-Joskin-kombinasie wat tot die wêreld se eerste deurlopend-veranderli­ke ratkas met elektro-meganiese kragverdel­ing gelei het, het ook vir hierdie maatskappy­e die enigste goue medalje losgeslaan wat op Agritechni­ca 2019 oorhandig is.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die kenmerkend­e blou trekker van New Holland is nou ook in ’n metaangaso­psie beskikbaar. Die T6 Methane Power-trekker sal vanaf 2020 beskikbaar wees.
FOTO: VERSKAF Die kenmerkend­e blou trekker van New Holland is nou ook in ’n metaangaso­psie beskikbaar. Die T6 Methane Power-trekker sal vanaf 2020 beskikbaar wees.
 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Die Case IH Autonomous Concept Vehicle (ACV), die bestuurder­lose trekker wat reeds sedert 2016 die verbeeldin­g gaande gemaak het oor outonome trekkers, was vanjaar weer een van die groot lokpunte by Case IH se stalletjie.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Die Case IH Autonomous Concept Vehicle (ACV), die bestuurder­lose trekker wat reeds sedert 2016 die verbeeldin­g gaande gemaak het oor outonome trekkers, was vanjaar weer een van die groot lokpunte by Case IH se stalletjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa