Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

DIE onmiddelli­ke droogtepro­bleme wat volgens dr. Mike Muller, ’n voormalige direkteur-generaal van waterwese, in die land gepak moet word, is dié van die land se boere. Al is daar munisipali­teite waar die krane opdroog, is slegs enkele van dié probleme weens droogte. Die meeste probleme is vanweë wanbestuur en swak beplanning.

’n Groep internasio­nale akademici meen die land moet sy denke oor droogtes verander. Hulle wys daarop dat menslike handelinge die manier hoe die watersiklu­s werk, beduidend verander het deur damme te bou, riviere te herlei en ondergrond­se water uit te pomp. Hulle meen Suid-Afrika moet erken dat menslike invloed so deel is van droogtes as natuurlike klimaatsve­randering. Wetenskapl­ikes moet dus hul denke oor droogtes verander.

Droogtenav­orsing behoort nie waterbeski­kbaarheid as uitsluitli­k ’n natuurlike, klimaatsve­rwante verskynsel te beskou nie en watergebru­ik nie alleen in ’n maatskapli­k- ekonomiese lig nie – die veelvuldig­e interaksie­s tussen albei behoort versigtige­r oorweeg te word.

Vanuit dié perspektie­f sou Kaapstad se “Dag Zero” in ’n nuwe kategorie val, naamlik ’n “mensgemaak­te droogte”. Indien die inwoners van Gauteng nie gehoor gee aan waarskuwin­gs om hul waterverbr­uik te verminder tot wat oor die volgende vyf of ses jaar deur die geïntegree­rde Vaalrivier­stelsel voorsien kan word nie, moet hulle ook nie verbaas wees as hulle óók ’n “mensgemaak­te droogte” ervaar nie.

Die Wêreldwate­rraad stel dit bondig: “Die krisis is nie oor te min water om in ons behoeftes te voorsien nie. Dit is ’n krisis van water so sleg bestuur dat miljarde mense – én die omgewing – daaronder ly.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa