Landbouweekblad

DIE PROBLEEM MET GOEIE DADE

- — CHRIS BURGESS

Jimmy Mould was ’n stereotipi­ese Engelse sakeman van Johannesbu­rg. Sy dun snorretjie het herinner aan ’n Britse stafsersan­t, sy voorliefde vir ou sportmotor­s aan dié van James Bond, en sy stoute sin van humor het hom soos ’n boytjie van die Oosrand laat klink. Hy was ook een van die beste base vir wie ek al gewerk het.

Sy sakevernuf is op die harde manier aangeleer, en vir hom was sentiment iets wat jy vir jou kleinkinde­rs bêre. Hy het graag vir ons gesê: “No good deed will go unpunished.”

Oor die jare is Jimmy gereeld reg bewys.

Inus Oosthuizen en Johnny Karolus, vrugteboer­e van die Koue Bokkeveld,wasop Landbouwee­kblad en Witzenberg-PALS se grondsimpo­sium maar net twee van verskeie inspireren­de stories oor gewone Suid-Afrikaners wat mekaar kon vind, vennootska­ppe aangegaan het en saam die ekonomie kon laat groei tot voordeel van almal. Hierdie benadering is in teenstelli­ng met die alewige herverdeli­ng van bestaande welvaart waarvoor die aanhangers van swart ekonomiese bemagtigin­g so lief is. Die vreugde dat dít wat oënskynlik onmoontlik is, toe wel moontlik was, kan nogal aansteekli­k wees.

Op die tweede dag van die simposium is ’n paar vrugteplas­e besoek, onder meer Eyethu Ntaba, die boerdery van Johnny en Lien Visagie se span wat in vennootska­p met Inus se Donkerbos-boerdery sake doen.

Met die aankoms van simposiumg­angers en lede van die media op die plaas sê Inus hulle is eintlik taamlik ongemaklik met al die aandag. “Ons wil maar net boer.”

In die loop van die gesprek sê Inus Johnny is seker een van die beste boere wat hy ken. “Hy is net so goed, indien nie beter nie, as baie van die kommersiël­e plaasbestu­urders in die vallei.”

Inus noem ook hoe Johnny gereeld uit sy eie sak na die werkers omsien, seker omdat hy self voorheen ’n plaaswerke­r was.

Die volgende dag berig ’n TV-kanaal dat Inus gesê het Johnny is ’n beter boer as enige van sy kommersiël­e bure. Dit help nie veel dat Inus net drie bure het nie!

“Dit was die slegste dag van my boerderylo­opbaan,” bieg Inus. “Die Saterdagaa­nd (van die uitsending) het ek min geslaap. Die Sondagogge­nd het ek gewonder of ek moes kerk toe gaan!”

Gelukkig het die TV-kanaal ingestem om ’n regstellin­g uit te saai en die meeste van die skade is ongedaan gemaak, maar Jimmy Mould sou sekerlik iets vir Inus en Johnny te sê gehad het.

Saam met Gerrit van Vuuren, ’n prokureur van Ceres wat baie van die PALS-strukture uitgedink het, sou Jimmy graag ’n paar biere wou gaan drink. Gerrit sou nooit kon dink dat hy ’n teiken van aktiviste sou raak oor iets wat so ooglopend in die beste belang van die distrik en Suid-Afrika is nie.

Vir ’n paar afbrekende linkse elemente is die PALS-inisiatief, ironies genoeg, niks minder as ’n bedreiging nie. Dit keer die ou, geykte narratief van kommersiël­e boere wat werkers uitbuit en nie ’n maatskapli­ke bydrae tot die land wil lewer nie op sy kop. PALS se suksesse staan in skrille kontras tot staatsgesu­bsidieerde mislukking­s. Met die staat se geldkraant­jies wat nou al hoe stywer toegedraai word, raak die linkse elemente paniekerig, want hulle raak ál meer irrelevant. Nou wil hulle terugbakle­i, en hulle is bereid om vuil te speel.

Sulke gedrag sou Jimmy Mould nie verbaas het nie, en as oudjoernal­is sou hy daarop aangedring het dat daaroor geskryf word. Ons is natuurlik van plan om presies dít te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa