Landbouweekblad

DANKIE VIR OPBOUENDE SIMPOSIUM

-

Landbouwee­kblad en Witzenberg-PALS se grondsimpo­sium op Ceres vroeër vandeesmaa­nd is deur meer as 400 mense van reg oor Suider-Afrika bygewoon. Goeie terugvoer daaroor is ontvang — self in die parlement. Hier is enkele van die kommentaar. Meer sal in die volgende uitgawe gepublisee­r word.

LIZBÉ BESTER, Sarel Bester Ingeniers, Ceres, skryf: Ons wil net graag van ons kant af die

Landbouwee­kblad-span bedank vir ’n pragtige, opbouende dag. Dit is uitgebasui­n: Ons kán en ons wíl! Dankie dat julle die spreekbuis was. Welgedaan. Die simposium was baie goed gereël en fyn afgerond. Daar moes baie werk daarin gegaan het. Ek hoop ons kan weer iewers in die toekoms saamwerk.

H.J. NICHOLLS EN KINDERS, Ceres, skryf: Hiermee wil ons u en alle betrokkene­s bedank wat die simposium moontlik gemaak

het. Ons kon ons vereenselw­ig met die waardevoll­e lesse wat die sprekers geopenbaar het, asook die oplossings wat meegedeel is. Dit was vir ons as maatskappy ’n baie groot en emosionele oomblik om namens ons pa erkenning te kry vir meer as vyftig jaar se harde werk, ongeag die omstandigh­ede van die verlede. Soos die sertifikaa­t inderdaad beskryf: “In sosiale harmonie” in besigheid met almal. Ons waardeer die gebaar van waardering deur Landbouwee­kblad en PALS en streef daarna om in ons pa se voetspore te volg.

JOHANNES MARIO JACOBS skryf op Facebook: Ek sou wat wou gee om die simposium te kon bywoon. Ek het in die Koue Bokkeveld grootgewor­d met landboukun­de en landbouwet­enskap as skoolvakke en is al 20 jaar lank by die sagtevrugt­ebedryf betrokke. Ek begin nou self boer. Ek sou beslis baie nuttige inligting daar kon versamel. Sal die bespreking­s dalk ná die simposium iewers beskikbaar wees?

(Die voorleggin­gs sal binnekort op Landbou.com geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa