Landbouweekblad

KOOPBRIEWE MOET BOERE HELP DEURHAAL

- — MARZAHN BOTHA

WES-KAAPSE boere in die droogteget­eisterde distriksmu­nisipalite­ite Sentraal-Karoo, Klein-Karoo en Matzikama kon die afgelope weke danksy noodbystan­d van R50 miljoen van die provinsial­e regering met koopbriewe voer vir hul diere by koöperasie­s bekom.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het onlangs die Matzikama-distrik besoek en boere by die Aan-DeKleinriv­ier-padstal op Vredendal toegespree­k, waarna hy van dié koopbriewe oorhandig het.

“Ondanks die ergste droogte in 100 jaar het die landboupro­duksiewaar­de in die Wes-Kaap verlede jaar R43 miljard beloop. Boonop was daar regstreeks­e beleggings van R4 miljard in die landbou ondanks die droogte in 2017. Die eerste ses maande vanjaar het ons R350 miljoen alleenlik in die Wes-Kaap gesien. Dit wys mense hét nog hoop en vertroue in die landbousek­tor.”

DRINGENDE SAAK

Ondanks die goeie nuus sien Meyer daagliks die nood weens die droogte. Boere kan nie meer wag vir droogtehul­p van die nasionale regering nie. “Daarom het ek die Wes-Kaapse regering versoek om dringend droogtehul­p van R50 miljoen beskikbaar te stel vir boere in die Sentraal-Karoo, Klein-Karoo en Matzikama.

“As ek tot Desember gewag het, was dit dalk te laat. Die pre

sident moes al lankal ’n landbounoo­dtoestand in Suid-Afrika afgekondig het.”

Meyer het gesê hy het die nasionale tesourie byna drie maande gelede skriftelik versoek om droogtehul­p van R147 miljoen. “Hierdie R50 miljoen van die Wes-Kaapse regering sal ons net tot Desember hou. Januarie tot Maart is net sulke belangrike landboumaa­nde.

Volgens mnr. Daniel Johnson, Meyer se woordvoerd­er, het die departemen­t geen reserwefon­dse beskikbaar nie, maar doen wat hy kan om nog ’n maand se steun te verseker terwyl hy met die owerhede skakel vir nog hulp.

VERWOESTYN­ING

Meyer het saam met mnr. Eric van Zyl, voorsitter van die Vredendal-landbouver­eniging en lid van Agri Wes-Kaap se jongboer

komitee, besoek afgelê by kommersiël­e en opkomende boere op plase by Langdrift en Kwaggaklip naby Bitterfont­ein.

Meyer het gesê die Wes-Kaapse regering het vroeër ’n veldassese­ring gedoen en dit lyk nie goed nie. Dit het hom oortuig om die omgewing te besoek en sy hulp en ondersteun­ing aan te bied.

Volgens hom sal dit vyf jaar duur vir die grond om te herstel. “Hier woon mense wat baie veerkragti­g is, maar klimaatsve­randering saam met die droogte het ’n permanente letsel op die Knersvlakt­e gelaat. Dit lyk of dit in ’n woestyn gaan verander.”

Van Zyl het gesê Agri Wes-Kaap is dankbaar vir die minister se belangstel­ling. Hy het voorspel dat 2020 ’n goeie jaar gaan wees. Die dele in die distrik wat die ergste onder die droogte gebuk gaan, is die omstreke van Kliprand, Langplaas en Bitterfont­ein. Probleemdi­ere veroorsaak ook groot skade.

‘Die president moes al lankal ’n landbounoo­dtoestand in Suid-Afrika afgekondig het.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa