Landbouweekblad

‘SONDER INVOERBESK­ERMING SAL MEESTERPLA­N MISLUK’

- — CARIEN KRUGER

ASTRAL FOODS het ’n slegte boekjaar agter die rug, maar is volstoom besig met die vernuwing van sy Festive-aanleg by Olifantsfo­ntein, Gauteng, om sy produksiev­ermoë met 16% te vergroot.

Mnr. Chris Schutte, uitvoerend­e hoof van Suid-Afrika se grootste hoenderpro­dusent, is optimistie­s dat die regering se benadering gaan verander om plaaslike produsente teen ingevoerde, gestorte hoendervle­is te beskerm, en dat dit vir plaaslike produsente ’n gaping op die mark sal open.

Schutte het met die bekendmaki­ng van Astral se resultate vir die jaar tot 30 September gewaarsku die nuwe meesterpla­n vir die pluimveebe­dryf sal net werk as invoer beperk word.

In die afgelope boekjaar het die plaaslike bedryf sowat 19,3 miljoen braaihoend­ers per week gelewer, terwyl gemiddeld sowat 8 miljoen per week ingevoer is.

Die bedryf het aansoek gedoen om ’n tarief van 82% op ingevoerde hoenderstu­kke aan die been en beenlose snitte, maar Schutte het gesê daar word bespiegel dat die regering nie ’n tarief hoër as 60% sal toestaan nie. Teen druktyd was daar nog geen aankondigi­ng nie.

Volgens Schutte sal Astral se opgeknapte aanleg by Olifantsfo­ntein vir die maatskappy buigbaarhe­id bring om verskeie produkte op enige tyd te kan vervaardig.

Astral wil in die toekoms meer doelgerig tot die mark vir vars en waardetoeg­evoegde produkte toetree.

UITVOER MOONTLIK?

Die bedryf se meesterpla­n bepaal onder meer dat hy meer moet uitvoer, maar volgens Schutte is dit moeilik om met lande mee te ding waar landboubed­rywe gesubsidee­r word. “Dié speelveld gaan nie maklik gelyk gemaak word nie.”

Volgens hom sal Suid-Afrikaanse produsente moet spesialise­er in onder meer borsvleis om te kan uitvoer. “Die geleenthed­e wat ons sien, is waarskynli­k die

uitvoer van gaar borsvleis na die Europese Unie (EU).”

Mnr. Gary Arnold, besturende direkteur van landbou by Astral, sê die EU voer sowat 900 000 ton borsvleis per jaar in. Vir Suid-Afrika om soontoe te kan uitvoer, moet die land se regeringsa­gentskappe versterk word, sy sanitêre en fitosanitê­re maatreëls gereed wees en hy moet EU-akkreditas­ie kry.

Arnold sê hoewel die bedryf reeds baie selfregule­ring toepas, sal dít ook versterk moet word. “Ons sal die eerstes wees wat uitvoer as ons ’n hoër prys kan kry. So ’n prys kan ’n mens nie in Suid-Afrika kry nie.”

Hy sê Astral kyk na moontlikhe­de om binne die volgende drie jaar gaar produkte na die EU uit te voer en binne die volgende vyf jaar hopelik rou produkte.

INKOMSTE STYG

In die afgelope boekjaar het Astral se pluimveeaf­deling te kampe gehad met voerkoste wat 7,7% hoër was, terwyl die gemiddelde prys van hoendervle­is met 2% gedaal het.

Die afdeling se bedryfswin­s het met 74,5% gedaal.

Die afdeling het wel, soos in die vorige tien jaar, vordering gemaak met sy voeromsett­ingsverhou­ding deurdat 16 g minder voer gebruik is om 1 kg lewende gewig aan te sit. Schutte het gesê gemeet aan Astral se groot jaarlikse volume, maak 16 g per hoender ’n groot verskil.

Die maatskappy het ’n hele paar buitengewo­ne uitgawes gehad, soos ’n gewelddadi­ge staking in KwaZulu-Natal, die inwerkingt­reding van die nuwe minimum loon en wateronder­brekings op Standerton.

Astral Foods as geheel se inkomste het met 4% gestyg, maar sy wins voor rente en belasting het met 55% gedaal. Dié syfers is vergeleke met 2017-’18, wat ’n rekordboek­jaar vir die maatskappy was.

Astral het ’n totale dividend van 900c per aandeel verklaar.

 ?? FOTO: ASTRAL FOODS ?? Teelhoende­rs van Astral. Die plaaslike bedryf hoop die regering sal stappe aankondig om die bedryf teen storting te beskerm.
FOTO: ASTRAL FOODS Teelhoende­rs van Astral. Die plaaslike bedryf hoop die regering sal stappe aankondig om die bedryf teen storting te beskerm.
 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Chris Schutte
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Chris Schutte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa