Landbouweekblad

PIONEER FOODS | Hoër mielieprys knou steeds winste

-

Stygende mielieprys­e het die afgelope boekjaar Pioneer Foods se wins geknou. Dít blyk uit die voedselgro­ep, met handelsmer­ke soos White Star, Sasko, Liqui Fruit en Bokomo, se jongste jaarresult­ate. Die totale dividend wat hy aan aandeelhou­ers uitbetaal, het in die boekjaar tot einde September met 11% tot 324c per aandeel gedaal.

Inkomste is 11% hoër op R22,7 miljard, maar die wesensverd­ienste per aandeel het met 6% tot 511c teruggesak.

“Die mieliewaar­deketting het die druk van ernstige kosteverho­gings en die laer gehalte van die mielie-oes gevoel,” sê die maatskappy in sy verklaring oor die jaarresult­ate.

Pioneer Foods se voedselafd­eling, wat onder meer koring en mielies maal en verwerk, lewer die grootste bydrae tot sy inkomste. Danksy vernuwings aan sy bakkerye en verspreidi­ngsketting het broodvolum­es gegroei. Sy White Star-mieliemeel is steeds ’n topverkope­r, maar stygende insetkoste en ’n mielie-oes waarvan die gehalte laer was, het ’n ongunstige impak op sy wins gehad.

Dit lyk of Suid-Afrikaanse papverbrui­kers ook soggens al hoe haastiger word. Die verkope van White Star-kitspap het sterk gegroei in die afgelope boekjaar. Die maatskappy meld dat sy verkope van graanvlokk­ies baie winsgewend­er lyk.

Wat sy pastaprodu­kte betref, is Pioneer Foods bekommerd oor die risiko wat die stygende hoeveelhei­d goedkoop, ingevoerde pasta op die plaaslike mark skep.

Die verkoopsvo­lume van die afdeling vir langlewevr­ugtesap het met 7% gegroei en teken sterk bedryfswin­s aan.

Pioneer Foods se Wellington­s-handelsnaa­m, wat onder meer blatjang insluit, toon tekens van verbeterin­g, hoewel dit steeds van ’n lae grondslag af geskied.

Uitvoervol­umes na die res van Afrika het gedaal weens wisselkoer­se wat bokspring en verbruiker­s op die res van die vasteland wat, soos in Suid-Afrika, onder groot druk is. Dis veral die uitvoer van droëvrugte wat nadelig geraak is.

Daar word verwag dat marktoesta­nde steeds moeilik sal wees, maar met klein verbeterin­gs hier en daar. “Ons voorsien steeds ’n swak vraag en voorsien nie dat die ekonomie oornag beter gaan presteer nie,” sê mnr. Tertius Carstens, uitvoerend­e hoof van Pioneer Foods.

Dit is waarskynli­k die laaste stel jaarresult­ate wat Pioneer uitreik, aangesien die maatskappy se aandeelhou­ers ingestem het dat hy gedenoteer en teen nagenoeg R23 miljard aan PepsiCo verkoop word. Dit kom neer op ’n aanbod van R110 per Pioneer-aandeel.

As die oorname die groen lig

van die mededingin­gsowerhede kry, sal die transaksie teen Februarie 2020 voltooi wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa