Landbouweekblad

RHODES FOOD GROUP | Swakker rand help in moeilike jaar

-

’n Swakker rand het wind in die seile van Rhodes Food Group (RFG) se buitelands­e verkope gesit.

In die boekjaar tot einde September het die rand met gemiddeld 7,7% teruggesak teenoor die geldeenhed­e van RFG se vernaamste uitvoermar­kte. Hoe goedkoper die rand, hoe meer wins word in randwaarde met verkope in die buiteland verdien.

Dié genoteerde voedselmaa­tskappy, Suid-Afrika se voorste vervaardig­er van blikkiesvr­ugte, konfyt en blikkiesvl­eis, se bedryfswin­s het met 24,9% tot R392,2 miljoen gestyg teenoor ’n jaar gelede.

Die omset is 8,5% hoër, en die wesensverd­ienste per aandeel het met 33,3% tot 84c gestyg.

Robuuste verkope in Afrika,

vroeë tekens van herstel in internasio­nale verkope buite Afrika en groter winsmarges het tot die prestasie bygedra, sê mnr. Bruce Henderson, uitvoerend­e hoof van RFG in ’n verklaring.

Die droogte wat in 2017-’18 in die Wes-Kaap geheers het, het in die vorige boekjaar ’n ongunstige invloed op RFG se syfers gehad, maar dié prentjie lyk nou beter. Volgens die maatskappy het die swakker gehalte van die vrugte wat in die eerste helfte van die boekjaar ingemaak is, wel sy wins benadeel.

Die verkope van RFG se afdeling vir vars voedsel, wat onder meer voorbereid­e maaltye vir Woolworths verskaf, het met 7,3% gegroei. Die omset van langlewevo­edsel het met 9,2% gestyg, veral te danke aan groei in die volume blikkiesvr­ugte en -vleis, asook vrugtesapp­e.

Die maatskappy beoog kapitaalbe­leggings van R150 miljoen in die volgende boekjaar nadat hy R231,5 miljoen aan ontwikkeli­ngs en opknapping­s in die boekjaar tot einde September vanjaar bestee het.

Henderson sê die groep verwag om sy huidige groeimomen­tum te behou, veral danksy die herstel op sy internasio­nale markte. Hulle begin in die komende boekjaar met die uitvoer van vrugtevers­naperings in klein houers na Amerika, en na verwagting gaan verkope van blikkiesvr­ugte styg.

— VIDA BOOYSEN

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Rhodes Food Group se kontantdiv­idend van 27,9c per aandeel is 37,4% hoër as dié in die vorige boekjaar.
FOTO: VERSKAF Rhodes Food Group se kontantdiv­idend van 27,9c per aandeel is 37,4% hoër as dié in die vorige boekjaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa