Landbouweekblad

KLEINHANDE­L SPEEL GROOT ROL IN KATOEN SE OORLEWING

- — CARIEN KRUGER

DIE belangrikh­eid van ’n geïntegree­rde waardekett­ing en veral die verbinteni­s van die kleinhande­l is op die land se eerste katoen-indaba benadruk as deel van die katoenbedr­yf se suksesverh­aal.

Joseph Kempen, uitvoerend­e hoof van Loskop Cotton, het op die indaba op Boksburg, bygewoon deur verteenwoo­rdigers van die hele waardekett­ing, gesê die verbinteni­s van die Mr Price-groep, die eerste van die kleinhande­laars wat dié stap gedoen het, het vir boere prysstabil­iteit gebring.

Toe die groep hom tot die koop van produkte van plaaslike katoen verbind het, “was dit asof die son vir finansiële instelling­s opgekom het”.

Danksy die naspeurbaa­rheidstels­el wat in werking gestel is, volgens Kempen een van die bestes ter wêreld, het banke nou boonop ’n deursigtig­e stelsel, wat hulle gerus laat voel.

ONTWIKKELI­NG

Me. Natasja Ambrosio, hoof van volhoubare waardekett­ing by die Mr Price-groep, het die groep se verbinteni­s tot plaaslike katoen herbevesti­g met ’n aankondigi­ng dat hy ’n verdere R30 miljoen vir die ontwikkeli­ng van kleinkatoe­nboere bewillig.

“Ek weet nie van veel ander kleinhande­laars ter wêreld wat só iets doen nie,” het sy gesê.

“Dit is uiters riskant om dié finansieri­ng te bied. Ek droom daarvan om méér produkte te

sien wat van Suid-Afrikaanse katoen gemaak is.”

Sy het benadruk hoe belangrik vennootska­ppe in die waardekett­ing was vir die sukses tot dusver, met groei van sowat 800% in ’n tyd dat die ekonomie in ’n volkome ander rigting beweeg het.

STIGTING VAN SASTAC

Mnr. Leonard Venter, voorsitter van Katoen SA, het vertel hoe die organisasi­e mnr. Heinrich Schultz, besturende direkteur van OrganiMark, in 2012 genader het om ’n sakeplan vir die bou van ’n oliepers op te stel, in die hoop dat dit die bedryf sou help red.

Schultz het voorgestel dat die bedryf by die regering se plan vir “clusters” betrokke raak en me. Elaine Smith van die destydse departemen­t van handel en nywerheid het dadelik die potensiaal besef toe hulle haar gaan sien het.

Die South African Cotton and Apparel Cluster (Sastac) is sowat ’n jaar later gestig.

In dié tyd was die tekstielbe­dryf volgens mnr. Enrique Crouse, uitvoerend­e hoof van die katoespinm­eule Prilla 2000, “’n gemors, soos die Zuma-era. Ons het die skuld op almal moontlik gepak. Sastac het dit verander. Wanneer eensgesind­e mense bymekaarko­m, vind veranderin­g plaas.”

Me. Mairi Watson, verkryging­sdirekteur by die Mr Price-groep, het gesê die visie om die plaaslike bedryf te laat groei, is goed binne die groep ontvang en het groot opgewonden­heid geskep.

Die visie sluit aan by internasio­nale neigings in die klerebedry­f vir onder meer lokaliseri­ng en naspeurbaa­rheid, met laasgenoem­de wat as “die heilige graal” beskou word.

Watson het gesê om die visie ’n werklikhei­d te maak, was egter nie altyd maklik nie.

Volgens Schultz het die bedryf nou aan die regering voorgestel dat die ad valorem-tarief op ingevoerde katoengeba­seerde produkte vervang word met ’n gewigsgeba­seerde heffing vir die ontwikkeli­ng van die bedryf.

Hy het gesê daar is bereken as die helfte van die gebreide klere, handdoeke, langbroeke en onderklere plaaslik vervaardig kan word, kan dit 75 000 werkgeleen­thede skep en R10 miljard per jaar in die ekonomie instoot.

VERBINTENI­S

Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededingin­g, was op die Brics-beraad tydens die indaba, maar het in ’n spesiale videoboods­kap die regering se verbinteni­s tot die bedryf se onlangs aangekondi­gde meesterpla­n bevestig. Dit behels onder meer ’n gepaste tarief- en rabatprogr­am en die stuit van onwettige invoer.

Die regering wil nuwe markte buite die Suid-Afrikaanse grense vir katoenprod­ukte oopmaak en die Afrika-vryhandels­ooreenkoms (AfCFTA) bied geleenthed­e daarvoor.

Patel het gesê elkeen in die waardekett­ing het ’n rol om te speel: “Dit is soos ’n bring en braai, elkeen moet iets bring.”

‘Ek weet nie van veel ander kleinhande­laars ter wêreld wat só iets doen nie.’

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Kleinhande­laars het ’n onontbeerl­ike rol gespeel in die 800% groei in die Suid-Afrikaanse katoenbedr­yf.
FOTO: JASPER RAATS Kleinhande­laars het ’n onontbeerl­ike rol gespeel in die 800% groei in die Suid-Afrikaanse katoenbedr­yf.
 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Me. Natasja Ambrosio
FOTO: CARIEN KRUGER Me. Natasja Ambrosio

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa