Landbouweekblad

BOER VAN DIE JAAR DRA EERBEWYS AAN SY PERSONEEL OP

- — ALANI JANEKE en NICO VAN BURICK

DIE boer van Edenville wat pres. Cyril Ramaphosa in ’n brief in Landbouwee­kblad gevra het “stuur ons” om die land se probleme te help aanpak, mnr. Nick Serfontein, is as Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar vir 2019 aangewys. Hy het die eerbewys opgedra aan die meer as 600 werknemers van die Sernickgro­ep.

Mnr. Buks Nel, die nuwekultiv­arspesiali­s by TruCape in die WesKaap, is as Landboukun­dige van die Jaar aangewys, en mnr. Dirk Louw van die boerderyon­derneming Silver Moon Investment­s in die distrik

Groblersho­op, NoordKaap, as Nuwe Toetreder tot die Kommersiël­e Landbou. Die glansgelee­ntheid van Landbouskr­ywers SA in Pretoria is saam met Bayer, Rovic Leers, Sanlam en Santam Landbou aangebied.

Serfontein het in sy bedankings­toespraak gesê die landboubed­ryf is tans nie op ’n goeie plek in SuidAfrika nie weens kwessies soos die droogte, politieke onsekerhei­d, beleidsons­ekerheid en wanfunksio­nele staatsdepa­rtemente.

“Ondanks dit alles het ek soveel hoop en geloof in die landboutoe­koms van SuidAfrika. Daar is soveel ander goeie elemente. Ons het ’n president wat hoop skep en ’n regering wat vir die eerste keer in ’n lang tyd die belangrikh­eid van die landbou, kommersiël­e boere en die private sektor erken. Daarom moet ons grondhervo­rming laat werk. Ons kan dit net doen as ons dit as ’n kollektiew­e verantwoor­delikheid aanvaar.”

PRESTEERDE­RS

Nel is ’n bedryfs en internasio­naal erkende kundige oor geïntegree­rde plaagbestr­yding. Hy spits hom by TruCape toe op die ontwikkeli­ng van nuwe en verbeterde kultivars, en werk al sedert die stigting in 2001 by die maatskappy. Hy het ook die plantteler­sregte vir die verbeterde Gala, Fuji, Bigbucks en Fuji Royalappel­kultivars bekom.

Te midde van sy strewe na dit wat nuut is, het Nel ook ’n reusebydra­e gelewer om ou appel en peerkultiv­ars te bewaar. Hy en sy kollega mnr. Henk Griessel het onder meer gehelp om die eerste appelkulti­var wat ooit in die Kaap gekweek is, op te spoor.

Louw boer tans op 68 ha, waarvan hy 21 ha huur. Dit bestaan uit 30 ha droogdruif­wingerd, 1 ha wyndruifwi­ngerd, 24 ha pekanneutb­ome en 14 ha wisselboug­ewasse. Hy hou ook Dorpers en Meatmaster­s aan.

Rosyne is die sterkste vertakking van die boerdery en Louw het vanjaar ’n rekordoes van meer as 200 ton gehad. Die meeste daarvan word na die MiddeOoste uitgevoer. Hy is verlede jaar as Raisins SA se Opkomende Boer van die Jaar aangewys.

 ?? FOTO: HELENUS KRUGER ?? Landbouskr­ywers SA se wenners vir 2019 is, van links, mnre. Dirk Louw, nuwe toetreder, Nick Serfontein, Boer van die Jaar, en Buks Nel, landboukun­dige.
FOTO: HELENUS KRUGER Landbouskr­ywers SA se wenners vir 2019 is, van links, mnre. Dirk Louw, nuwe toetreder, Nick Serfontein, Boer van die Jaar, en Buks Nel, landboukun­dige.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa