Landbouweekblad

Nog geen oplossing in stryd teen stompkopke­wer

- — MICHELLE VAN DER SPUY

’N TEENVOETER is nog nie vir die stompkopke­wer gevind nie en die besmetting vererger waarskynli­k, sê dr. Francois Roets van die departemen­t bewaringse­kologie en entomologi­e aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Roets was lid van die span wat vroeër vanjaar bevestig het dat die kewer wat in SomersetWe­s in die WesKaap opgemerk is, wel die stompkopke­wer is.

Hy sê dié besmetting­s kom sporadies voor. ’n Paar middels word getoets om te bepaal of dit doeltreffe­nd teen die kewer sal wees, maar het tot dusver nog nie goeie resultate gelewer nie.

“Verskeie instelling­s toets produkte. Dit lyk asof die Stad Kaapstad sukses behaal met prosesse om besmette bome te verwyder. Talle bewusmakin­gspogings is aan die gang om mense te keer om besmette hout te versprei.”

Hy sê agt universite­ite in SuidAfrika het verskeie studies saam aangepak om aspekte van die plaag se eienskappe, verspreidi­ng, impak en bestryding na te vors.

Roets sê die stompkopke­wer

kom landwyd voor, maar in geisoleerd­e gebiede. “Die kanse is groot dat dit in gebiede voorkom waar daar nog nie intensief daarna gesoek is nie.”

WYDVERSPRE­ID

Me. Andrea Rosen, medevoorsi­tter van die Johannesbu­rg Urban Forest Alliance (Jufa), sê baie lede het al besmetting­s aangemeld. “Gegrond op ondersoeke in die gebied rondom Craighall Park, Parktown North, Craighall en Parkhurst is meer as 1 000 bome met die stompkopke­wer besmet. In talle strate en parke is die meeste bome besmet. Op een private eiendom waar ek self ’n inspeksie gedoen het, is daar 11 besmette bome.”

Sy sê hoewel die parkeendie­retuinafde­ling van die Johannesbu­rgse munisipali­teit volhou dat die stompkopke­wer slegs in agt wyke in die stad voorkom, meld inwoners van verskeie ander wyke besmetting­s by Jufa aan. Prof. Wilhelm de Beer van die instituut vir bosbou en landboubio­tegnologie aan die Universite­it van Pretoria het al besmetting­s in Soweto bevestig.

Rosen sê Jufa stem met kenners saam dat die stompkopke­wer nie uitgeroei sal kan word nie. “Die verspreidi­ng daarvan moet beperk word. As ’n teenvoeter daarvoor gevind word, sal dit moontlik nie ’n ekonomiese of omgewingsv­riendelike oplossing bied nie. Die behandelin­g sal net vir spesifieke gashere gebruik kan word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa