Landbouweekblad

VERANDER BELEGGINGS­METODES OM AFRIKA TE LAAT GROEI

- — JOYLENE VAN WYK

GEBREKE in die finansieri­ngsmetodes vir die landbou in Afrika is op die onlangse landboubel­eggingsind­aba uitgewys as ’n groot belemmerin­g vir landbou-ontwikkeli­ng op die vasteland.

Me. Anne GithukuSho­ngwe, verteenwoo­rdiger van die Verenigde Nasies (VN) se vrouekanto­or in Suid-Afrika, het op die beraad gesê dit is moeilik vir klein ondernemin­gs om toegang tot finansieri­ng in Suid-Afrika te kry. Volgens haar is dit omdat die land nog op ’n ou manier van finansieri­ng, soos banke, staatmaak. “Dit is ietwat makliker in ander lande.”

In Ethiopië word gekyk na effekte en in ’n land soos Rwanda word selfs psigometri­ese toetse pleks van kollateraa­l gebruik om finansieri­ng te bied.

Luidens die jongste publikasie van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasi­e, Agripreneu­rship across Africa, is ’n tekort aan finansieri­ng – aanvangska­pitaal en beleggings in infrastruk­tuur en toerusting – van die groot struikelbl­okke vir landbou-entreprene­urs. Dit is ondanks hul belangrike rol in die ontwikkeli­ng van voedselste­lsels.

TEKORTE

Luidens die verslag ondervind landbou-ondernemin­gs op die vasteland ’n finansieri­ngstekort van $11 miljard (R163 miljard) om landbou-uitsette uit te brei. Groot tekorte in finansieri­ng vir bedrywighe­de soos landbouver­werking, logistiek en handel is ook algemeen.

Die tekort aan toegang tot finansieri­ng beperk nuwe sakegeleen­thede, vernuwing en moontlikhe­de vir opgraderin­g.

Mnr. Ben Leyka, uitvoerend­e hoof van die landbouraa­d vir Afrika, het gesê om die ekonomie van Afrika suid van die Sahara te kan transforme­er, het die landbousek­tor agt keer meer kunsmis, ses keer meer verbeterde saad, beleggings van minstens $8 miljard (R119 miljard) in basiese opbergings­geriewe en $65 miljard (R965 miljard) vir besproeiin­g nodig.

Verdere beleggings is ook nodig vir basiese infrastruk­tuur, soos paaie, hawens, energie en verbeterde streekshan­del.

Na verwagting sal kosinvoer in die komende jare verdriedub­bel.

 ?? FOTO: JOYLENE VAN WYK ?? Me. Anne GithukuSho­ngwe
FOTO: JOYLENE VAN WYK Me. Anne GithukuSho­ngwe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa