Landbouweekblad

GEMMERBOER­E KYK TERUG OP MOEILIKE JAAR

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die gemmerbedr­yf lek ’n aantal wonde ná ’n moeilike seisoen. Volgens mnr. Steyl Willemse, gemmerboer van die Bateleur-boerdery naby Hazyview, was verkope beslis stadiger as vorige jare.

“Daar is wel minder gemmerboer­e as in die verlede, maar die boere wat oor is, plant al hoe meer gemmer. Die kleinhande­laars soek egter deurlopend voorraad. Hulle kan dit met relatief goedkoop invoer maklik regkry.”

Die plaaslike boereprys is tot 20% laer as verlede jaar.

Volgens mnr. Jurgens Lubbe, ook van Hazyview, was dit ’n baie moeilike jaar. “Daar is talle boere wat gemmer aanplant as ’n maklike kontantins­puiting. Hulle is net gerig op die drie of vier weke in die jaar wanneer gemmer R80/kg behaal. Ons gaan egter gelukkig wees as ons gemiddelde R20/kg behaal – laer as ons produksiek­oste,” sê Lubbe.

Die invoer en opportunis­tiese produksie is egter net ’n klein deel van die bedryf se probleme. Die afgelope seisoen het die gevreesde bakteriese verwelk voorgekom. “Dit is dié siekte wat die ganse Australies­e bedryf twee jaar lank tot stilstand gedwing het. Ons kan dit nie bekostig nie, want anders as die Australiër­s, het ons nie ’n ondersteun­ende regering wat ons subsidieer terwyl ons die gemmersaad skoonmaak nie. Ons kan dus ’n groot verlies in die komende jaar in die plaaslike bedryf sien.”

Die bakteriese verwelk het veroorsaak dat boere vinniger as gewoonlik hul gemmer bemark omdat die gemmer begin vrot. In die komende seisoen kan nóg meer druk op die prys geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa