Landbouweekblad

SPINNEKOPP­E VAN DIE KAROO BEKYK

- — ROBIN LYLE

Navorsers wat betrokke is by die Karoo BioGap-projek het ’n besonderse groep spinnekopp­e in die oog: die streek se valdeur- en bobbejaans­pinnekoppe. In die proses het hulle reeds voorheen onbeskryfd­e genera en spesies gevind.

Me. Shannon Mitchell, ’n dierkundes­tudent aan die Universite­it van Pretoria (UP), het nege tot 12 nuwe spesies kurkdeksel-spinnekopp­e van die genus Stasimopus ontdek.

Die skuilplekk­e van hierdie gespesiali­seerde spinnekopp­e word met ’n dik valdeurdek­sel bedek. Die spinnekopp­e hou dit danksy stekels op hul bene toe. Die geslote deksel is gewoonlik goed verdoesel en dus baie moeilik om te vind.

Op sy beurt het dr. Duniesky RíosTamayo ook ’n aantal nuwe genera en spesies valdeurspi­nnekoppe gevind. Hy is tans besig om hulle te beskryf. Ríos-Tamayo is van die Argentynse navorsings­instituut Consejo Nacional de Investigac­iones Científica­s y Técnicas en is tans ’n nádoktoral­e genoot by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR).

Hul werk is deel van die Karoo BioGap-projek, ’n nasionale inisiatief tussen ’n klomp instelling­s waardeur inligting ingesamel word oor watter plante, diere en ander organismes in die Karoo voorkom.

Kennis oor die plante, diere en ander organismes van die Karoo is beperk. Daarom is ’n nasionale navorsings­program, soos Karoo BioGap, van groot belang.

’n Toename in landboubed­rywighede en die moontlike ontginning van skaliegas deur hidrobreki­ng stel die Karoo se delikate ekostelsel in gevaar. Dis daarom belangrik om te weet watter verskeiden­heid diere en plante tans in die Karoo voorkom sodat bepaal kan word watter invloed hierdie veranderin­ge kan hê.

Me. Robin Lyle, groepleier vir spinnekopt­aksonomie by die Karoo BioGap-projek, sê dat basisinlig­ting noodsaakli­k is om te bepaal watter risiko’s kwesbare organismes raak.

Veranderin­ge aan hul natuurlike omgewing kan hul voortbesta­an beïnvloed. Deur die navorsings­projek word gehoop om genoeg wetenskapl­ike inligting in te samel waarmee beleidmake­rs ingeligte besluite oor omgewingsb­estuur kan neem.

Navorsers weet reeds van tien families, 28 genera en 281 spesies van valdeur- en bobbejaans­pinnekoppe in Suid-Afrika. Die nasionale versamelin­g van aragnida (NVA) by die LNR-Plantbeske­rming huisves ’n groot getal spesies van dié diverse groep, maar volgens alle aanduiding­s is daar heelwat spesies wat nog beskryf moet word.

As deel van die Karoo BioGap-projek werk navorsers van die LNR, UP en die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversi­teitsinsti­tuut saam om die gapings in hul kennis aan te vul.

Valdeurspi­nnekoppe leef in tonnels wat met sy uitgevoer is en wat in die grond ingegrawe word. Die wyfie bring gewoonlik haar hele lewe in haar nes deur en verlaat dit net om prooi te jag.

Mannetjies wat gereed is om te paar, sal ook hul tuiste verlaat om ’n wyfie te soek.

Die klein spinnekopp­ies wat uitbroei, verlaat die wyfie se nes sodra hulle oud genoeg is. Hulle sal dan ’n paar meter verder hul eie tonnels grawe.

Besoek https://tinyurl.com/y2xrfeqh vir nog inligting oor die Karoo BioGap-projek.

 ?? FOTO:ROBIN LYLE ?? Oop en toe valdeure van die genus Stasimopus.
FOTO:ROBIN LYLE Oop en toe valdeure van die genus Stasimopus.
 ?? FOTO: IAN ENGELBRECH­T ?? LINKS en HEEL LINKS: Só lyk valdeurspi­nnekoppe van die genus Stasimopus.
FOTO: IAN ENGELBRECH­T LINKS en HEEL LINKS: Só lyk valdeurspi­nnekoppe van die genus Stasimopus.
 ??  ?? Me. Robin Lyle
Me. Robin Lyle
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa